Hoekom lees jy romanses?

Vanaf  Volksblad se boekeblog:

Spreuke 30:18 en 19 lui: Daar is drie dinge, nee, vier wat bo my begrip is, wat ek nie verstaan nie: Hoe ‘n aasvoël in die lug bly, hoe ‘n slang teen ‘n rots opseil, hoe ‘n skip op die diepsee vaar en hoe die liefde tussen ‘n man en ‘n meisie werk. Dis die woorde wat ‘n wysgeer, dalk koning Salomo, duisende jare gelede geskryf het.

En steeds is dit daardie liefde tussen ‘n man en ‘n meisie ons nie verstaan nie. Miskien is dit ons soeke na die ware betekenis van die liefde wat boeke, flieks en liedjies oor die liefde so gewild maak.

Liefdesverhale is pure ontvlugting en laat jou ontspan. Dit voer ons weg uit die saai bestaan van die alledaagse, die helde en heldinne is altyd mooi en die einde gelukkig.

Daar was wel die dosent wat ons op universiteit probeer leer het dat die ware romantiese liefde daardie soort is wat nie beantwoord word nie, waar die held en heldin vir ewig vrugteloos probeer om by mekaar uit te kom. Die Romeo en Juliet-soort liefde, die Anna Karenina en prins Vassily-soort waar intense liefde die helde en heldinne na die dood dryf. Dis die pyn-in-die-hart-liefde, ewig bemind, maar ewig afwesig.

Ek bly maar ’n sucker vir ’n gelukkige einde. Daar is darem niks lekkerder nie as daardie einde wat jou behaaglik laat sug: “Aaaaah, dis soooo mooi!”

Die meeste van ons vorder deur kinderboeke na die Tryna du Toits, Mills & Boon en ander liefdesverhaalskrywers en so lei die liefde ons totdat ons gesofistikeerde lesers word wat ‘n wye verskeidenheid lees.

My gunstelinge is die geskiedkundige en familiesageromans met ‘n goeie skeut liefde en heel bo aan die lys is Gone with the wind van Margaret Mitchell. As jy nog nie die sage van Scarlett O’Hara en Rhett Butler beleef het nie, het jy nog nie ‘n ordentlike liefdesverhaal gelees nie. Dan is daar Captain Corelli’s Mandolin van Louis de Bernière, die verhaal van Natasha en prins Andreij in War and Peace van Tolstoy. En wat van The Unbearable Lightness of Being van Milan Kundera? In Afrikaans is Irma Joubert se Tussen stasies en Anderkant Pontenilo beslis die moeite werd.

Intens, dramaties en tone-krul-lekker. Dis liefdesverhale.

Het jy geweet?

  • Wanneer jy ‘n romanse lees, veroorsaak dit ‘n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel.
  • Dit verlig stres op ‘n natuurlike manier.
  • Jy ervaar ‘n gevoel van emosionele versorging omdat die held die heldin se diepste behoeftes verstaan.
  • Lesers voel dat dit hulle insig in hulle eie verhoudingsprobleme gee.
  • Dit dra by tot vroue se bemagtigingsproses omdat die heldin ‘n vrou in eie reg is.
  • Die jongste lesers is tieners en die oudstes is in hul 90’s.
  • Die romanseleser is die mees belese leser in die wereld. Hulle is sterk, intelligente en kreatiewe vroue wat presies weet wat hulle wil he.
  • Sielkundiges stem saam dat die romanseleser warm, vriendelik en sensueel is.

9 thoughts on “Hoekom lees jy romanses?

  1. Bets Smith says:

    As jy moet vra, het jy nog nooit ‘n liefdesverhaal gelees nie! Soos al bogenoemdes vertel: daar is skaars iets lekkerders meer ontspannend, meer roerend as ‘n lekker romanse wat goed aanmekaargesit en vaardig verwoord is. Min dinge vat sagter aan jou hart as juis dit.

  2. Marile Cloete says:

    Om soms ‘n bietjie te ontsnap van die werklikheid? Om ‘n slag lekker te ontspan? Omdat jy in die liefde glo?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s