Joléne de Koningh

Lien_037

Joléne de Koningh het hierdie jaar na ’n aftree-pophuisie getrek. Die “aftree” is net figuurlik – sy en haar man is nog hard aan die werk voor die rekenaars en is van plan om dit nog vir baie jare te doen. Haar man is ook haar klankbord (hulle het ure se plesier om stout rympies uit te dink!) en haar kinders haar eerlike kritici. As ’n storie in ’n drif vasval, kerf sy dinge uit hout – eende, visse, skilpaaie, uile, olifante, slange, krokodille en etniese beeldjies, maar dit kom deesdae sleg tweede. Die druk om keerdatums te haal het oorgeneem. Sy hou van tuinmaak, maar met al die winters agter die rug, is dit ook beperk. Buiten skryf, is sy ’n kompulsiewe leser van al wat ’n storie is. Sy skryf ook spanningsverhale, kortverhale, kinderverhale en historiese romans.

Vorige titels deur Joléne de Koningh:

  • Liefste kollega
  • Kortpad na haar hart
  • Perfek vir haar
  • Kaalvoet ballerina
  • Eenkantman
  • Haar nuwe buurman
  • Onweersman
  • Liefde kan sien
  • Bosveldsigeuner
  • Onwillige verloofde
  • Aandeel in my hart
  • Die professor en die krulkop
  • Katrien van Kammaberg

13 thoughts on “Joléne de Koningh

  1. Annatjie Warricker says:

    Kan jy asb vir my laat weet waar kan ek die boeke Eenkantman en bosveld sigeuner in die hande kry

  2. Ronelle says:

    Jolene
    Ek het die wonderlike voorreg gehad om Fred se storie te lees. Dit was anders, maar tog so mooi. Dit het regtig my hart geraak. Ek wou eers nie die boek uitneem by die biblioteek nie, gedink dis nog ‘n vreeslike ernstige letterkundige werk, maar die omslagbeskrywing het my dadelik getref. Toe ek begin lees, kon ek die boek net nie neersit nie!
    Jy is regtige ‘n baie talentvolle en veelsydige skrywer.
    Baie dankie!

  3. Miemie York says:

    Hallo tannnie. Ek wil nie Jolene se nie, want ek is 13. Ek is Miemie se kleindogter, Aliche. Ek het al hordes romanzas gelees en ek is n regte boekwurm. Ek het 2 van tannie se boeke gelees. Die profesor en die krulkop en dan ook Katrien van kammaberg. Ek het dit vreeslik geniet. Ek is mal daaroor dat dit nie van die begin af n romanse is nie ( want almal begin dieselfde raak) Die professor en die krulkop was vir my baie mooi ,maar katrien van kammaberg was vir my uitstekend. Om die rede dat dit eers begin met n avontuur en n mistery. (jammer oor die engels) Later eers het die hartstogtelike dele gekom. Ek hou ook van skryf, maar raak baie vinnig moeg vir die stories en dan hou ek op skryf. Maar tannie moet asseblief aanhou skryf.

    Liefde en bewondering Aliche

    • Jolene de Koning says:

      Liewe Miemie, Ek kry tot in my tone lekker dat jy vir Katrien geniet het. Ek hou self van ‘n storie met ‘n misterie, dis dié dat ek nou ‘n spanningsverhaal probeer het. Ek is veral bly dat jy een van die goue tieners is wat LEES!!!!

  4. Lien de Jager says:

    Madelie, Naomi, Anngert en Souretha – baie dankie vir julle opmerkings! Lekker om te weet die SKRYWERS lees ook mens se stories. Ek doen my bes om voor te bly tussen die kuiers en geleenthede deur., werk op die oomblik (bloed, sweet en trane) aan ‘n spanningsverhaal. Maar die volgende romanse is ook al in die agterkop. Augustus is pure verjaardae en dan neem die social weer bietjie oor. Ek en twee van my kleindogters verjaar in Augustus en my ander kleindogter verjaar vandag (26 Julie). Daar lê dus baie vierings voor!

    • Lien de Jager says:

      Haai genade, Ouma se kleinkind, ek kom so min op die blog dat ek nou eers sien jy het my geskryf! Lief jou ook oor ‘n honderd!!

  5. anngert says:

    Ek het ONWEERSMAN en HAAR NUWE BUURMAN baie geniet. Moet tog nie dat die sosiale lewe jou skryfwerk kaap nie.

  6. Naomi Eloff says:

    Jolene, ek lag steeds uit my maag uit as ek aan die storie dink oor hoe jy na ‘n goeie haarkapper gesoek het toe jul, jul net in Mafikang bevind het nie. Ja, en toe kry jy ‘n uitsonderlike goeie een! Jy moet dit in een van jou stories vertel. Dankie vir ‘n goeie lesing by die skryfskool.

    • Jolene de Koning says:

      Ja, Naomi, Hier in Maf(h)ikeng gebeur daar elke week ‘n sonderlinge ding en alles geniet ek. Dis die beste ding wat in my lewe kon gebeur, hierdie nuwe dorp met sy nuwe (en dierbare) Tswanamense het my haret en my kop oopgemaak vir menswees.

  7. Madelie Human says:

    Jolene, ek en my ma (76) en my dogter (31) het almal jou “Eenkantman” ewe veel geniet. Dit wys jou! Die liefde vind ewe veel byval by alle ouderdomme en jy kán mos die verliefraakproses so raak beskryf!

    • Jolene de Koning says:

      Oe lekker! Laat my sommer lus kry en skuif die moeilike spanningverhaal eenkanttoe en Romanzeer!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s