Anzel Gerber

Anzel se eerste kortverhaal, FEES VAN DIE PAMPOENPITTE verskyn in die Landbouweekblad van 12 Maart 2010.

Ek is gebore en het groot geword in Port Elizabeth, maar het vroeg 2009 na die besige stad van Johannesburg getrek.  Al was dit oorspronklik agter die werk aan, het die towerliggies van die stad my gou oorrompel. Ek werk nou al twee jaar by die soetse maatskappy in die Wêreld, Nestlé, en geniet myself gate uit. Al fokus ek hoofsaaklik op menslike hulpbronne, trek my hart met ‘n punt na my skryfwerk. Skryf is my lewe. Dit is soos my asem. Daar gaan nie ‘n dag verby wat ek nie skryf nie. Dit is wie ek is.

Ek het as tiener reeds begin skryf aan kortverhale en het eers vroeg 2009 die geleentheid gekry om klas te loop in die skryfkuns. Ek het die Skryfskool in Pretoria klaar gemaak, toe aangesluit by die skrywerskring wat maandeliks gehou word. Die ATKV Lente Skryfskool in 2009 was ook vir my ‘n groot hoogtepunt.  Ek beoog ook om nog twee skryfskole hierdie jaar te voltooi. Hoe meer ek kan leer, hoe beter.

Sedertdien het ek nog glad nie terug gekyk nie. Ek skryf omdat ek nie anders kan nie. Dis in my bloed. Deel van my asem. Ek verorber enige leesstof wat ek in die hande kan kry, sit dan ook my verbeelde werklikheid op papier. Ek is wie ek is. Ek is ‘n skrywer. My eerste kortverhaal verskyn ook eersdaags in een van ons tydskrifte. Al het ek nog nie gepubliseer by Lapa nie, wag ek reeds in spanning. My eerste manuskrip is reeds ingestuur vir oorweging, nou moet ek maar net wag. Al is dit nie een van my sterkpunte nie…

Dit is ten minste ‘n begin. Ek kla nie. Aanhouer wen!

Hou hierdie spasie dop vir meer inligting.

9 thoughts on “Anzel Gerber

  1. Anzel Gerber says:

    Hallo, Almal
    Nog van my kortverhale is deur Leon van Nierop aanvaar vir Publikasie in die Vrouekeur in 2011. Kyk uit vir die volgende uitgawes:12 April 2011, 16 April 2011, 8 Mei 2011 en 9 Julie 2011.
    Laat weet my gerus wat julle daarvan dink.
    Groete

  2. Dina Botha says:

    Hi Anzel.
    Jammer ek kom nou eers by jou uit. Ons Telkom lyne is gesteel en ons weet nie of Telkom dit nog hierdie jaar gaan vervang nie. So, geen foon of internet nie.
    Dankie vir die kompliment en kritiek is altyd welkom. Hoe anders leer ‘n ou. ‘n Man op sig was eintlik my heel eerste onsuksesvolle manuskrip wat ek oorgeskryf het. Dit was net makliker om baie van die dele, veral die held se gedagtes, net so te los. ‘n Bietjie lui van my. Ek glo darem ek het in my latere boeke dit reg gekry om net uit die heldin se perspektief te skryf. Laat gerus weer van jou hoor. Groete en jy moet self lekker skryf. Dina

    • Anzel Gerber says:

      Hi, Rika. Ek stem nogal… Ek sien uit na die volgende klompie jare. Skryf het vir my n soort ontvlugting geword. Ek skryf omdat ek nie anders kan nie. En ek geniet dit. Dit is beslis die belangrikste.

  3. Anzel Gerber says:

    Dankie vir jou verwelkoming, Chanette.
    Ek is vreeslik opgewonde oor my kortverhaal wat in die LBW verskyn die 12 Maart 2010. Dis my eerste een en al reeds vir my n groot prestasie.

    As ek kon kies, sou ek bitter graag Joernalistiek of Kreatiewe Skryfkuns wou gaan swot, maar weens baie ander invloede, het ek eerder in die besigheidsrigting besluit. Ek geniet my werk by Nestle baie. Partykeer voel dit egter asof ek my skryfwerk meer geniet. Dit gebeur soms dat ek my manuskrip of kortverhaal op my flashdisc sit en by die werk sit en skryf, veral as ek n tydjie kan afknyp. My vriendin lag al vir my, want sy sê dis asof ek my eie span verbeeldingsmaaitjies saam met my ronddra. Sy vra my al wat ek nou met my storie gaan aanvang, en wanneer ek lekker lag vir wat hulle doen, dan skud sy net haar kop. My karakters word vir my soos regte mense. Ek kan nie anders as om nie te skryf nie. Dit is in my bloed. Ek moet hierdie karakters se storie skryf.

    Ek is baie jonk nog, amper 23, en moet self nog baie lewenservaring optel. Niks keer my egter om te skryf waaroor ek nou van weet nie. Ja, ek is nog jonk, ja, miskien het ek nog nie al die lewenservaring nie, maar ek het die passie in my om te skryf. Dis wat baie mense nie wil verstaan nie. Daar was n punt in 2009 wat ek wou opgee. Ek was letterlik op moedverlore se vlaktes, maar ek het weer opgestaan. Dis wat ek wil doen. Skryf. Al vat dit my vir ewig om gepubliseer te word.

    Soos jy sê, die beste medisyne vir wag is om met die volgende een aan te gaan. Ek het reeds🙂 En ek het nog een in my kop.

    Ek sal julle hier op die blog laat weet wanneer ek iets van my manuskrip hoor. Ek glo egter dat die eerste een sommer dadelik aanvaar sal word… Dis wat ek noem positiewe denke🙂 Gesels weer met jou…

    • Marile Cloete says:

      Ek wens darem self ek het nie so baie jare laat verlore gaan nie! Aan die ander kant het ek in daardie jare baie lewensondervinding en mensekennis opgedoen. En gelukkig het ek nooit ophou lees nie. In daardie opsigte was dit dan seker nie heeltemal verlore jare nie.

      • Anzel Gerber says:

        Nee, nie verlore jare nie. Dink ek. Elke stukkie lewenservaring help om net meer diepte en karakter aan jou stories te gee. Ek het al baie van jou boeke gelees, Marile, en ek sê vir jou, mens weet dat jy lewenservaring het. Jy skryf goed. Dis hoekom dit so moeilik is vir jonger skrywers. Ek dink oor tien jaar sal ek terug kyk en lekker lag oor my poginkies van nou. Teen daai tyd behoort ek ook bietjie meer lewenservaring te hê…
        In tussen tyd, skryf ek maar so veel ek kan, ek lees en probeer ook bietjie uit my selfgemaakte boks klim. Om elke naweek in die huis te sit met n boek of n storie wat ek skryf, gaan nou nie veel help met my lewenservaring nie, né?

        • Marile Cloete says:

          Ja, ek is maar gedurig aan die soek na daardie balans tussen myself afsonder en skryf, en uitgaan en die lewe ervaar! Ek dink dis veral moeilik vir ons “effens meer senior” dames, want daar is nie meer so ‘n oorweldigende massa verpligtinge wat jou geen keuse laat as om lewensondervinding op te doen teen ‘n geweldige tempo nie. Die gevaar bestaan beslis dat ‘n mens te veel kan terugtrek en die lewe by jou kan laat verbyvloei. Die stoeltjie voor die rekenaar kan ook maar ‘n lekker gemaksone raak – al kan dit ook ‘n baie warm sitplek raak! Ek probeer my inner child gereeld op uitstappies neem. En sy reageer nogal baie goed daarop! Lewensondervinding is natuurlik nie altyd positief van aard nie – inteendeel, maar lekker ervarings is weer so stimulerend vir die gees.

  4. Chanette Paul says:

    Baie welkom, Anzel!
    Geluk met die kortverhaal en ek hou styf duimvas vir jou eersteling.

    Die gedrewenheid om te skryf is nogal iets wat my boei. Ek het al so baie gewonder waar dit vandaan kom en hoekom net sommige mense met hierdie amperse waansin gebore is.

    Ek het myself vir amper twintig jaar lank probeer oortuig ek kan my kreatiwiteit op ander maniere uitleef omdat ek nie vertroue in my skryfvermoë gehad het nie. As ek net dink aan al die boeke wat ek in daardie twintig jaar kon geskryf het! Maar ek troos my daaraan dat ek eers ‘n bietjie moes leef om my stories te kan skryf.

    Sterkte met die wag. Die enigste medisyne daarvoor is om intussen met die volgende manuskrip te begin.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s