Nuut van Dina Botha!

Diagnose Verlief

Die drie Jordaan-broers in Maribelle se lewe is byna prinse. En al kom sy as mediese dokter terug na haar tuisdorp, het sy aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword.

 

 

Advertisements

Nuut van Ida Bester!

Teken van liefdeIn die woestyn verloor Ezanne vir die eerste keer haar hart op ’n man saam met wie sy navorsing doen. Maar terwyl hy ylend van koors is, sê hy ’n ander vrou se naam …

 

 

 

Nuut van Bets Smith!

Engel sonder vlerke

Minette se laaste studiejaar ontaard in ’n  nagmerrie toe sy self moet sorg vir elke sent wat sy benodig. Sy waardeer beslis nie die enigmatiese dokter Hugo Storm se ongevraagde inmenging in haar lewe – of haar hart – nie.

Proestukkie: Miljoenêr in ‘n teekoppie

Miljoenêr in ’n teekoppie’n Proestukkie:

“Ek het vyfuur ’n afspraak, maar daar is nog genoeg tyd vir ’n lekker koppie tee. Sal jy solank vir ons gaan maak? Ek wil net my baadjie gaan haal.”

Abigail staan dadelik op. In die kombuis skakel sy die ketel aan en haal die blik teesakkies uit die kas. Haar oog val op die blikkie langsaan. Impulsief druk sy die houer in haar hand terug in die kas en haal die blik met teeblare uit. Sy kry ’n potjie en toe haar ouma die kombuis binnestap, trek die tee al ’n rukkie.

Abigail dra die skinkbord terug sitkamer toe en skink vir hulle.

“En as jy die teeblare uithaal?” vra ouma Moekie toe sy die tee deur ’n siffie gooi.

Abigail trek haar skouers op. “Ek het gehoop ouma Moekie kan my teekoppie lees.”

Ouma Moekie lag. “Abby, jy weet dit werk nie so nie. ’n Teekoppielesing gaan nie jou lewe vir jou makliker maak nie.”

“Maar ek moet weet wat my toekoms inhou, Ouma! En my ma is reg. Ek weet nie waarheen my lewe gaan nie. Ek het alles wat enige meisie maar kan begeer. Enigiets wat ek nog wil hê, kan ek vir myself koop, maar daar is hierdie groot leemte en ek weet doodeenvoudig nie hoe om dit te vul nie.” Abigail skep asem. “Wil Ouma nie net maar loer nie. Dalk sien Ouma iets.”

Ouma Moekie se wyse oë kyk haar ’n rukkie stil aan. “Nou goed, kom ons kyk, maar jy moet my belowe as ek niks sien nie, gaan jy jou nie wend tot ’n waarsegster of so iemand nie. Ons Skepper het nie bedoel dat ons weet wat in ons toekoms vir ons lê en wag nie.”

“Natuurlik sal ek nie so dom wees nie, maar ek soek net ’n bietjie raad.”

“Hoekom vertrou jy nie eerder jou instinkte nie, Abby? Dit gewoonlik onfeilbaar. En die antwoorde wat jy soek,  dit lê in jouself opgesluit.”

“Nie hierdie keer nie, Ouma. My intuïsie en elke ander ingeboude Continue reading

Heila Theron vertel meer oor Tussenspel

Dirigent handeMy dogter het viool gespeel in die Nasionale jeugsimfonieorkes, Universiteitsorkes en ook in ‘n meer kontemporêre orkes. Toe wonder ek hoe ‘n guitige musikant te werk sal gaan om die aantreklikste nerd op universiteit se aandag te trek. Maar om die weddenskap met haar vriendin te wen, moet sy hom ook sover kry om haar uit te vra.

Lusmakertjie: Tussenspel

TussenspelToe Francisca aangetrek soos ‘n Goot en onder ‘n vals naam by ‘n aantreklike ou se ouers beland, moes sy probleme verwag het.

Toe hulle op die stoep kom, gee een van die neefs ‘n wolwefluit. Dit word weer eens doodstil en alle oë is op haar.

“Kyk haar tattoo, Ma.” Marieta trek haar aan die arm en draai haar om. “Kan ek nie vir my ook net so een hier bo my boudjies laat maak nie?” smeek sy. “Kyk net hoe mooi lyk dit. Ag, asseblief tog, Ma?”

“Oor my Continue reading