Cynthia Robertson

Cynthia RobertsonMense het altyd gevra of my pa ‘n diplomaat was omdat ons so baie rondgetrek het en dan moes ek antwoord: “Nee, ‘n boer!” Ek was in vier lande in 11 skole gewees, en dus ‘n redelike eensame kind – totdat ek boeke ontdek het. Die lewe sonder liefde beteken niks, en daarom skryf ek, want tussen al die hartseer en moeilikheid wat almal beleef is daar soveel mooi dinge, as jy net begin kyk daarvoor.

Cynthia Robertson is in Tanzanië gebore en het as kind in verskeie lande grootgeword. Sy het vroeg die wonder van boeke ontdek, en wou skryf. Sy het vier jaar gelede weer haar eerste liefde raakgeloop, en woon die afgelope paar jaar saam met hom in Ierland. Sy verlang haar dood na haar kinders, Suid-Afrika en sonskyn, maar gebruik humor en haar skryfwerk om die lewe ligter te maak.

Cynthia se boeke:

  • Maskers
  • Uitsonderlike liefde
  • Meer as vriende
  • Altyd daar

maskers high resUitsonderlike liefdeAltyd daar

16 thoughts on “Cynthia Robertson

  1. Cynthia Robertson says:

    Ag baie dankie Rika! Moet sê ek het hom ook geniet….🙂
    Mens moet kan lag, maak nie saak wat die omstandighede is nie

    Baie groete

    Cindy

  2. Rika Du Plessis says:

    Cynthia, ek het vandag jou Meer as vriende gelees, en wil graag vir jou sê dat dit vir my ‘n aangename verrassing was, iets anders as die gewone, en hier praat ek nie nét vandie held en heldin se verloop van hulle eie omstandighede nie, maar ook van jou by-karakter wat telkens ‘n vonkel in die oog bring.

  3. Erna Erasmus says:

    Hi Cynthia, ek is seker jy kan my nie onthou nie, maar ek was saam met jou op die 2009 lenteskool. Ek het vanoggend twintig oor vier opgestaan om jou boek betyds klaar te kan lees voor werk en dit was die moeite werd.
    Ek jou boek baie geniet en sien uit na die volgende een. Hopenlik is dit nie te lank voor hy op die rakke verskyn nie.
    Lekker Skryf!

    Erna

  4. Alma Carstens says:

    Cynthia, ek het gister my pakkie ontvang en heel eerste jou boek gelees. Dis baie oulik geskryf en het my tot die einde geboei. Wel gedaan!

  5. Anzel Gerber says:

    Ek het ook nou n profiel op die blog!🙂 Yeah! Watch this space! Een van die dae sien jy my boek ook hier…

  6. Cindy Robertson says:

    Weet jy wat is fantasties? Dit is so opwindend om te lees en te gesels met die ander gesoute skrywers, dis inspirasie uit ‘n heel ander oord! Almal is so gaaf, en gretig om mekaar te help en inspireer. Dit lyk my ons is regtig ‘n familie by Lapa!

  7. Anzel says:

    Ek het Liana ook na die blok toe genooi. Sy sal seker self vir jou ook n briefie skryf… Het haar vertel jy is hier, so dit werk soos n bom. Ek geniet nogal hierdie blog. Veral omdat dit die skrywers, aspirant skrywers en lesers bymekaar uitbring. Dit is regtig cool…

  8. Cindy Robertson says:

    Wow! Ek is baie bly vir jou, en sal DEFINITIEF die LBW koop en jou storie lees. Groete vir Liana

  9. Anzel says:

    Die skryfskool was beslis n fees! Ek wil baie graag weer gaan, nou wag ek maar. My eerste kortverhaal is aanvaar en word in die Landbouweekblad aanvaar – 12 Maart 2010 uitgawe. Ek het ook my eerste manuskrip vir Lapa ingestuur en wag nou vir terugvoering. Een van die dae sit ek ook hier by julle as n skrywer :-)!! Ek is baie opgewonde!

    Ek gaan nou n skryfskool saam met Alda Geers doen. Sy is ook n skrywer by Lapa Romanza, en gaan ons leer van die grond af hoe om n romanza te skryf. Dit gaan nogal interessant wees, aangesien sy al n paar keer gepubliseer het.

    Sterkte met jou tweede boek. Glo dit sal sommer gou gepubliseer word.

  10. Cindy Robertson says:

    Hi Anzel

    Ek onthou jou goed! Het al ‘n paar keer met Liana gepraat. Baie dankie vir jou mooi wense, maar wat ek wil weet is hoe vorder julle twee met die skrywery? Kannie wag om julle goed ook te lees nie! Ek dink baie aan die Lenteskool, was dit nie ‘n fees nie?

  11. Anzel says:

    Baie geluk, Cynthia! Ek en Liana was saam met jou op die Lente Skryfskool in September 2009, en ek is regtig trots op jou. Mooi gedoen!

  12. Cynthia Robertson says:

    Hi Naomi en Madelie

    Baie dankie vir julle positiewe terugvoer, ek voel regtig bietjie bewerig om te hoor wat mense dink, maar is nogtans opgewonde daaroor. Ek wag op terugvoer vir die tweede een, so ons sal maar sien…🙂

  13. Madelie Human says:

    Het “Altyd daar” vandag gelees. Ek was aangenaam verras. Net iemand wat al gelééf het, kan sulke emosie weergee. Ek voorspel groot dinge vir jou, Cyndi!

  14. Naomi Eloff says:

    Hi Cynthia, ek onthou jou nog van die skryfskool af. Baie geluk met jou eerste boek! Ek het ‘Altyd daar’ in die pos gekry en kan nie wag om dit te lees nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s