Lené de Waal

Lené de Waal woon saam met haar gesin in die Vrystaat. Sy het haar man aan die dood afgestaan en haar eerste prioriteit is hulle kinders. Dis juis hulle humorsin en dié van ’n paar goeie vriende en familie wat haar aan die lag hou. Sy het ’n voltydse professionele beroep en heelwat ander ysters in die vuur. Sy wens sy kon voltyds tyd en aandag aan skryf gee en doen dit op haar skootrekenaar in die bed, gewoonlik met ’n hond op haar skouer wat af en toe help tik.

    Vuur en Ys:

Dinge loop lelik skeef toe Chanté ouma Jan se as in Switserland moet uitstrooi. En dis Misha se skuld. Misha de Jäeger, Formule een-  wêreldkampioen en die laaste mens met sy vereenselwig wil word. Sy het genoeg van sporthelde gehad. Indien die media die storie beetkry, sal sy weer die vernedering ondervind wat  Markus en sy dood haar op die hals  gehaal het. Vasgekeer in die sneeu veg sy verbete teen Misha se aantrekkingskrag.

Ninja in satyn:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jade is deel van die polisie-taakmag. Terwyl hulle op Sodwana is vir ’n duikoefensessie, daag die nuwe bevelvoerder op en sy weet instinktief dat hy ’n rol in haar lewe gaan speel.

12 thoughts on “Lené de Waal

  1. Elsabe van Wyk says:

    Lene, ek was gaande oor Ninja in satyn, heeltemal iets anders as wat gewoonlik geskryf word. Sal wonderlik wees as jy nog sulke polisie stories kan optower.

    • lendewaal says:

      Dankie, Elsabe! Jy maak my dag!
      Ek skryf weer iets in die lyn, maar die trant is meer ernstig as in Ninja in satyn. Die polisie en regslui speel ‘n rol. Ongelukkig vorder ek te stadig na my sin, maar ek knyp elke beskikbare oomblik daarvoor af.

  2. lendewaal says:

    Dankie, Madelie! Ninja is ‘n storie na aan my hart. Ek is in die wolke as iemand dit geniet het. Die biesies bewe soos wat ek aan die volgende een werk. Hou asseblief duime daarvoor vas. Myne is vol pleisters…

  3. lendewaal says:

    Miemie, baie groot askies dat ek nou eers reply. Ek kan duisend verskonings aanbied, maar geen een gaan opmaak vir die tydsverloop nie – of die feit dat ek aaklig daaroor voel nie.
    Ek is sooo bly dat jy dit ingestuur het. Dit is hoe ons almal begin het. Moet byvoeg dat ek nogal gewonder het of jy dit al gedoen het. Nou is dit net die lang wag vir ‘n antwoord. Ek sal gebedjies opstuur dat dit goed met joune sal gaan. EN, dit is fantasties dat jy met die tweede een besig is. Ons is nogal heelwat skrywers wat voltyds werk en dan kan mens nie anders as om in die nag te skryf nie. Jy is dus nie alleen nie. As jy so laat nog sit en skryf, weet maar, ons is ‘n paar wat dieselfde tyd sit en skryf.
    Bitter baie dankie dat jy laat weet het en jy moet my asseblief laat weet wat die uitslag is. Bietjie raad – as sou dit gebeur dat hulle dit terugstuur en wysigings aanbeveel, MOET NIE IN SAK EN AS daaroor gaan sit nie. Leer daaruit, want dis waardevolle advies wat daarop gemik is om jou manuskrip te verbeter en jou as skrywer. Lekker skryf!

  4. Miemie York says:

    Hi Lené, Ek het jou ontmoet by die boekbekendstelling van Exclusive Books en LAPA Uitgewers in Bloemfontein. Ek het toe uiteindelik twee weke gelede die voltooide manuskrip in gestuur na LAPA Uitgewers en het gister ontvangs erkenning ontvang. Ek het so begin twyfel of ek dit moet in handig vir evaluering, dat my man en my dogter gedreig het dat hulle dit sou instuur! Ek het reeds met my volgende manuskrip begin en reeds twee hoofstukke voltooi. Ongelukkig kom ons kleinkinders nou kuier en my man het my laat belowe dat ek eers weer in Januarie sal voortgaan. Ek weet nie hoe ek dit gaan regkry nie, sal maar in die nag skryf as almal slaap. Hou asseblief vir my duim vas! Miemie York, Brandfort

  5. Lendewaal says:

    Danie dis wonderlik dat `n man my boek gelees en geniet het. Ek het dit net so geniet om die boek te skryf. Die volgende een lê tussen die letters van my sleutelbord.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s