Trudy Reinhardt

trudy-reinhardt_foto_april-2016

Trudy Reinhardt sê hoe langer sy leef, hoe meer waardering het sy vir die liefde.

Sy woon op Nigel waar sy vertaalwerk doen, en kortverhale en Romanzas skryf waarin die mooiste van alle menslike emosies seëvier.

Sy het onlangs vir ’n klompie maande op die Gozo-eiland in die Middellandse See gewoon en werk, en van daar ’n kort reis deur Spanje geneem. Dié opwinding het gelei tot die voorneme om in 2016 vir een week van elke maand iewers in Suid-Afrika te gaan vakansie hou. Sy glo reis voorkom verveling, maar wanneer dit nie vir haar beskore is nie, laat sit sy pienk, pers, groen of blou strepe in haar hare om te verhoed dat die lewe saai raak.

 

Vorige titels deur Trudy Reinhardt:

  • Dans met ’n stiervegter
  • Onwaarskynlike ridder
  • Dokter in die Caprivi
  • Nie ’n trouman nie
  • Die regte een
  • Hoog bo die wolke