Alda Geers

 Ek het my kinderjare op ‘n mielieplaas in die destydse Wes-Transvaal deurgebring. Daar, aan die  oewer van die Taaibosspruit, in die afsondering van populiere en wilgers, het ek ‘n rustige  skuilplek vir bepeinsing gevind en die karakters waaroor ek deesdae skryf, ontmoet. Hulle het  hulle in die laatmiddagplaasgeluide aangemeld – in die geklingel van melkemmers, implimente wat  gebêre word, die roep van tarentale wat vir die nag gereedmaak. Karakters wat my steeds dring,  ná die grootmaak van ses kinders en ‘n lang reis deur verskillende studies – musiek, onderwys,  argitektuur en van alle dinge ook publieke administrasie – om hulle uit my lyf geskryf te kry.

Ek en my gesin woon tans in Pretoria, met drie kinders nog in die huis. Hier is nie wilgers en  populiere in my agterplaas nie, maar hier’s ‘n reuse kanferboom met ‘n breë sambreelkroon. En  hier’s ‘n skootrekenaar.

Romanza Voorblad-BloubaardmanSomme van die hart (Hoëres)Brug van harte Vlerke vir JakomienDroomvangerSonder afspraak

ALDA se boeke:

  • Bloubaardman
  • Somme van die hart
  • Brug van harte
  • Vlerke vir Jakomien
  • Droomvanger
  • Sonder afspraak

7 thoughts on “Alda Geers

  1. Madelie Human says:

    Alda, ‘Vlerke vir Jakomien’ was briljant!! Ek kon dit nie neersit nie. Weet jy hoeveel keer het ek gedink ek wens ek het eerste daaraan gedink om een van die unieke tonele in jou boek presies so te doen in een van my skryfsels! Dis oorspronklik en tonekrul-lekker romanties. Moenie ophou skryf nie!! Ek het die fout gemaak om dit vir my ma (78) te leen voordat ek dit gelees het en ek moes maar net mooitjies wag tot sy dit TWEE keer deurgelees het voordat ek my beurt kon kry.

  2. Anzel says:

    Hallo

    Ek sien nogal uit na jou skryfskool wat jy volgende week gaan aanbied. Ek glo ek sal baie by jou kan leer. Ek het myself belowe om oopkop te gaan, sonder enige vooropgestelde idees en plotte… En ek het al my boks prentjies. Ek is vreeslik opgewonde…

    Sien jou dan.

  3. Alda Geers says:

    Dankie vir jou mooi woorde en kommentaar op Droomvanger, Madelie. Ons as skrywers weet mos dis ons kos dié – die kommentaar en terugvoer op ons poginkies. Dit hoef nie altyd so positief te wees nie, enige kritiek is immers ‘n leerskool. As ons lesers dit ook maar wil besef, nè?

  4. Madelie Human says:

    Droomvanger het my aandag vasgevang en gehou. Die heldin se buitengewone beroep van marionettemeester was vir my besonders. Hoop jy het nog baie waar die een vandaan kom, Alda!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s