Madelein Stoltz

Madelein Stoltz foto

Madelein Stoltz is van baie kleins af lief vir boeke en lees. Sy is in Despatch gebore en het in Port Elizabeth gebly voor haar gesin na Pretoria verhuis het, waar hulle nou al tien jaar woon. Sy het twee seuns en ʼn pragtige skoondogter vir wie sy baie lief is. Haar eerste kleinkind, Mia, is in Julie 2015 gebore. Madelein is lief vir die see, om die soutreuk in te asem en in die vlak branders te loop. Haar man van dertig jaar bederf haar soms met ʼn kaggelvuur op ʼn koue wintersaand en ʼn koppie tee wanneer sy hard genoeg skimp.

Titels deur Madelein Stoltz:

  • Verlief op die baas
  • Troukoors