Ontsnap van die werklikheid saam met Susan

Wat inspireer jou om te skryf?

Dis vir my ’n vorm van ontvlugting en ’n heerlike manier

om my kreatiwiteit uit te leef. Ek het ’n besige lewe met ’n

voltydse werk, gesin en ’n huis, wat alles en almal aandag

vereis. Ek moet tyd vir myself maak, en dan is dit lekker

om in ’n wêreld te ontsnap waar alles uitwerk, en waar ek

die gebeure en uitkoms kan bepaal. Ek geniet dit ook om

deel van iemand anders se liefdesverhaal te wees.

Gismo is sy naam.

Ek het ’n haas as ’n troeteldier. Gismo is sy naam en hy is

mal oor Woollies-wortels en blaarslaai. Hy hou daarvan

as ek hom in die tuin rondjaag en dan hardloop hy die

heeltyd sirkels om my.

My ideale held …

… moet die heldin aanvaar soos sy is. Sy lewe moet om

haar draai en hy moet alles in sy vermoë doen om die

lewe vir haar ’n lekkerder plek te maak. Maar hy moet ook

’n sterk persoonlikheid hê, sodat hy ook beheer kan neem

wanneer nodig. En hy moet darem ook mooi wees om na

te kyk.

Wat lees jy op die oomblik? Noem jou gunstelingskrywers.

Ek is versot op lees. Ek loop nooit verby ’n boekwinkel

sonder om in te loer nie. My gunstelingskrywers is: Deon

Meyer, Sandra Brown, Diana Gabaldon en Elizabeth

George, as ek ’n paar moet uitsonder. Ek het ál hulle boeke

gelees en soos julle kan aflei, hou ek van romanses en

misdaadverhale.

Ek lees nooit een boek op ’n keer nie. Op die oomblik het

ek die volgende boeke op my bedkassie:

Vier begrafnisse en ’n troue deur Pat Stamatelos

Anderkant Pontenilo deur Irma Joubert

Rainwater deur Sandra Brown

Susan Olivierhet grootgeword op Boksburg. Volgens haar het sy die ideale kinderjare gehad, want sy kon onophoudelik lees. As tiener het sy gedroom oor die boeke wat sy wil skryf. Sy het gaan studeer, getrou en kinders gehad: haar liefdesverhaal gelewe. Noudat sy tyd het om te skryf, leef sy haar droom.

Vorige titels deur Susan Olivier:

Bod op ’n biljoenêr

Vir altyd joune

Aptyt vir liefde

Liefdesles vir Lynelle

“Verloor ’n mens ooit die gevoel van opwinding en afwagting? Dis wat skryf ook so lekker maak. Elke nuwe boek voel soos my eerste.” – Susan Olivier

2 thoughts on “Ontsnap van die werklikheid saam met Susan

Leave a comment