Rosita Oberholster

rosita-oberholster_2016

Rosita Oberholster het onlangs haar geliefde Calvinia vir die pragtige Moorreesburg in die hart van die Swartland verruil. Geleentheid vir skryf is steeds min, maar sy maak tyd daarvoor. Sy is ook baie lief vir skilder. Haar man en twee dogters hou haar voete stewig op die aarde en verskaf haar eindelose plesier. Solank sy kan wegraak in haar wêreld van woorde en kuns is sy op haar gelukkigste.

 

 

Vorige titels deur Rosita Oberholster:

  • Blou diamant vir ’n ysprinses
  • Troue in ’n towerbos
  • Verkeerdom sprokie
  • Sy fosforvrou