Ria Richards

Ria Richards is ’n doodgewone, plat op die aarde tuisteskepper. Sy is al sedert 1975 getroud met Jerry. Sy het twee dogters en drie seuns, en is ouma van ’n klompie pragtige kleinkinders vir wie sy almal ewe lief is. Soms leef sy haarself so in by die storie wat sy skryf, dat haar familie haar skeef aankyk wanneer sy hardop voor die rekenaar sit en lag. Sy is gek na lees, hou van tuinmaak, doen graag naaldwerk of enige iets wat skeppend is. Alles behalwe kosmaak.

Vorige titels deur Ria Richards:

  • My hart se keuse
  • Vier magiese woorde
  • Liefde met permissie
  • ’n Knippie liefde
  • Liefdesvrug uit die paradys