Jacolet vertel meer!

Diamant uit AfrikaEk het die idee gekry om ’n ontvoering deel van Diamant uit Afrika te maak nadat ek by ’n onderhoud van Nic en Lorna Greyling was. Nic was sportkameraman en is in Nigerië saam met ander buitelanders ontvoer. Liefde, konflikdiamante en aksie het ’n interessante kinkel aan die verloop van die storie gegee.

Advertisements

Rika vertel meer oor Kasteelbruid

KasteelbruidklKasteelbruid het sy ontstaan as gevolg van ’n ou kasteel wat ons eens besoek het. Die baie torinkies, yslike sale, kristalkandelare, en amper koninklike meubels het my klaar gekielie. Hy het wel nie ’n grag om hom gehad nie, maar dit het ek bygevoeg omdat ek wel by ’n ander kasteel so ’n grag gesien het.  Toe ek boonop met een van die meisies kennis maak wat daar werk en sy vertel my sy is besig met haar kennismaand daar, want sy gaan trou met ’n man van Holland wat sy op die internet ontmoet het, het my gedagtes allerhande sirkels gemaak en die storie geplooi soos ek dit sou wou gehad het.

Proestukkie: Diagnose verlief

Diagnose Verlief GEPLAAS “Jy is gevoelloos, Adriaan,” beskuldig sy in ’n dik stem. “Jy verstaan nie hoe ek voel nie. Ek en Michael het vanaand ’n bietjie van die spontaniteit wat nog altyd tussen ons was, verloor. Dit sal nooit weer dieselfde tussen ons kan wees nie.”

“Verdomp! Huil jy, Maribelle?”

Sy skud haar kop, maar hy kan dit waarskynlik nie sien nie. Toe trek sy haar asem in. Want Adriaan trek haar nader en of sy dit nou wil hê of nie, haar kop vind ’n plekkie iewers onder sy ken. Dis heerlik warm en koesterend  en die gedagte Continue reading

Lusmakertjie: Teken van sy liefde

Teken van liefdeSy wip toe haar sitvlak baie onsag met die harde grond kennis maak. Agter haar gaan iemand onbedaarlik aan die lag. Daardie diep stem en daardie lag het sy al gehoor. Onlangs nog.

   Die warboel gewaarwordinge wat deur haar hele lyf maal steel haar laaste greintjie energie. Al probeer sy, sy kan nie krag bymekaar skraap om op te kom nie. Terwyl sy opgewonde wonder hoe Renier hier gekom het, hoe hy haar opgespoor het en hoe hy die slang gesien het voor sy behoorlik die gevaar besef het, bly sy Continue reading

Proestukkie: Engel sonder vlerke

Engel sonder vlerke“Jy is reeds net vel en been. As jy nie swanger is nie, wat gaan aan?” Die warm hand op haar elmboog ontwapen haar sekondes lank.

“Wat traak dit jou?” herhaal sy, maar die opstand is weg uit haar stem.

“Dit raak my, want dit maak my woedend as studente hul gesondheid weggooi ter wille van ’n modegier of erger, en dit terwyl julle voedsame kos kan bekostig.” Sy staar verbysterd na die spiertjie wat in sy wang spring en sy mondhoek laat skeeftrek. Weg is die warmte uit sy stem. “Jy misgun jou honger lyf die gesonde kos wat jy broodnodig het, en as die Continue reading

Ida vertel meer oor Teken van sy liefde

Ida BesterMy ma het vertel dat een van my eerste woorde “appelskoel” was (my weergawe van skoenlapper).

En die fladderende wonders het hul bekoring vir my behou tot ek al mooi groot was. Ek het met skoenlapperversameling begin en aan die Lepidopterist Society behoort, waar hulle ons geleer het hoe om skoenlappers te identifiseer en behoorlik te etiketteer. Ek het later my versameling vir die Nasionale Museum in Pretoria gegee.

My heldin in Teken van sy liefde werk by hierdie einste museum. Sy gaan neem deel aan ‘n skoenlappersensus in Namibië waar die stil, sterk hoof van Natuurbewaring haar voete onder haar uitslaan. En hier kom ‘n tweede groot geboeidheid van my ter sprake, naamlik my liefde vir hierdie fassinerende buurland van ons.

Ek het hierdie romanse beplan tydens die voltooiing van Jeanette Ferreira se aanlynskryfkursus en die beplanning asook die eerste hoofstuk onder haar leiding verfyn. Die kursus het vir my oneindig baie geleer van styl en karakterisering, fokalisering en vele ander aspekte van die skryfkuns.  As ek tog net alles kan onthou terwyl ek skryf …