Felicia Snyman

Felicia Snyman

Felicia Snyman is ’n prokureur en voltydse dosent, wat haar skryfvermoë behoorlik geoefen het deur ’n meestersgraad in Handelsreg te voltooi. Wanneer sy nie besig is om in die regswêreld van reëls en sperdatums te werk nie, bestee sy graag tyd saam met haar viervoetkind, familie en vriende. Sy is versot op skryf en vind haar inspirasie in die lewensroetes van haar hartsmense. Die skoonheid van die natuur, flieks, ou plate en goeie wyn is net sommige van haar gunstelingbelangstellings. Die boeke wat sy met genoeë verslind, is vlerke waarmee sy die betonmure van die stad agterlaat. Sy is ook gaande oor sing, jag, lekker braaivleis, rugby en ’n heerlike koppie tee.

Titels deur Felicia Snyman: 

  • Meer as ooit 
  • ’n Duisend keer ja