Kristel Loots

kristel-loots-2-november-2014

Foxtrot van die liefde is Kristel Loots se sewende liefdesroman. Met Aspoesterskoene het sy die leefwêreld betree van gewone vroue van verskillende ouderdomme, en figure wat die wonder van die liefde opnuut ontdek.

Sjokoladesoene en Lemoenseisoen, wat sy met die tong stewig in die kies skryf, volg die suksesvolle tweeluik Eendagmooi en Die ander vrou. Daarin word die verhaal vertel van twee vroue en hul gesinne weerskante van die spektrum wanneer ’n huwelik op die rotse beland. ’n ATKV-woordveertjie in die liefdesromanafdeling word aan Eendagmooi toegeken en Die ander vrou is ’n finalis in die- selfde kategorie. Die lag-met-’n-traan-aanslag word voort- gesit in Katerina se mojo en nou ook in Foxtrot van die liefde. Haar lesers verlekker hulle in Loots se humoristiese skryfstyl wat aan die tragikomedie raak.

Kristel Loots skryf ook verhale en artikels vir verskeie vrouetydskrifte. Meer as veertig romans van haar het al onderskeidelik by LAPA, Tafelberg en Carpe Diem verskyn.

 

Advertisements

62 thoughts on “Kristel Loots

    • AninaFouche says:

      Ek is ook opsoek na een, as jy regkom laat weet my ook asb. Hy is ooral uit druk uit, ek het al begin soek of ek nie ‘n tweedehandse een kan kry nie 😦

  1. kristelloots says:

    Haai Ronelle, altyd lekker om van jou te hoor.
    Nou nog meer as eers, vandat ek jou ‘ken’.
    Dankie dat jy Eendagmooi gelees het. Ek het myself ook soms daar in trane in geskryf en is bly om te hoor dit het jou ook geráák.
    `n Hap van die appel groei nog aan die boom, maar die titel het nie verander nie. Hoop om dit later in die jaar op die rak te sien.
    Mooi wense vir jou ook.

  2. Ronelle says:

    Hi Kristel, hoop dit gaan goed. Ek het Eendagmooi klaar gelees en dit verskriklik geniet. Natuurlik omtrent niks anders gedoen as net die een woord na die ander opgeslurp nie! Baie dankie! Soos gewoonlik kon ek soms nie my lag hou nie en wou my man nuuskierig weet waaroor lag ek. Dankie ook vir die paar trane wat ek gestort het. Dit was sommer oor ‘n paar ander dinge ook. Soos gewoonlik het jy my nie teluergestel nie en het my heldin haar ware helekry, al is dit ook baie jare na die tyd. Jou boek bewys maar net weer dat liefde altyd op die ou einde seëvier! Ek het ook uiteindelik Muurblom in die hande gekry en dit gelees. Wanneer kan ons vir ‘n Hap van die Appel, (of het die naam al intussen verander) onder oë kry?

  3. Kristel Loots says:

    Hallo Anina (vroegoggend op Kersfees!) Hoop jy gaan `n wonderlike dag hê. Bly om te hoor jy lees my boeke. Ek dink Aspoesterskoene kan nog van Kalahari.com af bestel word. Of by Lapa self? By 012 401 0700. Laat weet my as jy nie regkom nie. Ek het nogal `n spesiale sagte plekkie vir Aspoesterskoene.

    • AninaFouche says:

      Hallo Kristel, dis al amper weer ‘n jaar later en ek kon nogsteeds nie Aspoesterskoene in die hande kry nie. Dis baie hartseer 😦 . Ek het nou al intussen jou ander boeke gelees. Eendagmooi was baie goed en ek het onlangs Emma is gn Engel en Muurblom gelees. Ek is mal mal oor jou boeke. Ag as jy weet van iemand wat hulle Aspoesterskoene wil verkoop of weet waar ek ‘n kopie kan kry. Groete Anina

  4. AninaFouche says:

    Hi Kristel. Ek het al byna al jou boeke gelees. Was mal oor Lipstiek lewe, Lemoenseisoen en Sjokoladesoene!! Ek wil so so graag Aspoesterskoene in die hande kry maar oral waar ek kom in boekwinkels sê hulle dis is uit druk uit. Waar kan ek ‘n kopie kry of wanneer druk hulle weer?? Dringend op soek na Aspoesterskoene! 🙂

  5. kristelloots says:

    Kan ek jou `n geheimpie vertel? Ek is self nog nie e-boek vaardig (of baie lus) nie. Bel vir Carpe Diem by 016 982 3617 as jy wil en vra of hulle dalk nog eksemplare het. Dalk is daar tog nog, of dalk, wie weet, herdruk hulle dit???
    Toemaar, daar is beslis n verband tussen troukoek en vetkoek en ek het dit nie eens agtergekom nie.

  6. Ronelle says:

    Hi Kristel
    Waar kan ek MUURBLOM die boek , nie e-boek, kry? Is dit al herdruk? Ek het Emma se storie, dink dis die regte titel, ek is so sleg met titels, het glad in my vorige skrywe aan jou van Vetkoek i.p.v. Troukoek gepraat. Dis maar seker die plaas wat daar deurslaan.

    Ek wil bitter graag die boek hê, is regtig nog nie geletterd om ‘n e-boek te lees nie!

  7. kristelloots says:

    Jy is `n skrywer se droom – `n leser wat haar so inleef in `n storie dat sy (amper) haar vriendin wil stuur om na `n fiktiewe plek te gaan soek! Dankie Ronelle. Jy vrolik my dag op. Moenie ophou lees nie, hoor.

  8. Ronelle says:

    Hi Kristel

    Jou boeke lees asof dit werklik bestaan! Ek het Vetkoek maak nie vet nie, Vrydag uit die pos gehaal. Ek kon net nie die boek vir ‘n spesiale geleentheid hou nie! Saterdag het ek begin lees en ounag Sondag klaar gemaak. Die beste van alles is dat my vriendin gister in die Kaap was en gebel het oor ‘n plekkie in Langstraat. Dit was op die punt van my tong om vir haar te sê sy moet gaan kyk hoe lyk Bliss and Beautiful! Die storie van Dixie was weereens uit die boonste rakke. Dit is duidelik ‘n page turner, want ek het my elke keer belowe ek gaan nog net een bladsy lees en eers die boek neersit, maar so het dit altyd nog ‘n bladsy en nog ‘n bladsy geword!

    Baie dankie, ek het dit baie geniet!

  9. Ronelle says:

    Baie geluk met die bekendstelling van Troukoek maak nie vet nie, het op fb gesien. dis sou ‘n eer gewees het om dit te kon bywoon, dalk ‘n volgende keer, dan doen ek moeite om Kaap toe te kom. Was die dag by Meetsnoer se bekendstelling van Chanette en het jou daar gesien.
    Lekker skryf aan die volgende ene.

  10. Ronelle says:

    Kristel, het uiteindelik ‘n Lipstieklewe klaar gelees en lekker saam met Roxy al haar wedervarings belewe. Dalk gaan ek ook nog eendag bungy! Gaan nou dadelik jou nuutste op die net bestel.
    Lekker skryf!
    xx

  11. Ronelle says:

    Ja, ek bly tussen Heidelberg en Swellendam op ‘n plaas, kom gereeld in die Kaap, my jongste swot op Wellington. Ek het in Parow groot geword. Het al gelees jy bly in Goodwood.

    • Juane Venter says:

      Liewe Kristel
      My ma dood oor jou boeke en die hopeless romantic wat ek is het, VREK oor jou boeke.
      My gunsteling een is van n meisie wat vir n skrywer moet gaan werk wat sy arm gebreek het. Dit is my all time favourite maar hys weg en ek wil graag n nuwe een koop. As jy kan onthou watse een dit was kan jy asb vir my die titel gee. Ek is 60% jy is die skrywer en dit verbaas my nie want jou boeke is defnitief my favourites.
      Groete, Juane x

  12. kristelloots says:

    Ek is so bly dat jy dit geniet het. Ek het regtig so lekker sjokolade geëet terwyl ek aan die boek geskryf het dat ek daarna dringend moes briek aandraai. Ja, ek sal self betáál om weer die lyf van dertig jaar gelede te hê. Maar laat ons maar ‘werk’ met wat ons het, wat! Nou is ek net nuuskierig om te weet watter ander boek was ook daar. Maak nie saak nie, ek hoop jy lees weer eens lekker daaraan.

  13. Ronelle says:

    Hi Kristel
    Ek was Vrydag omtrent uit my vel toe ek by die bib kom en op die rak waar die nuwe boeke is, sommer twee van jou boeke te sien! Elke lid mag net een nuwe boek kry, maar ek het dit so bewimpel dat ek altwee kon kry!
    Sjokoladesoene was gister my metgesel!
    Wat ‘n lekker loslit tema!
    Kon myself met Jessie vereenselwig, want die lyf lyk nie meer soos 30 jaar gelede nie!
    Baie, baie dankie!

  14. Ronelle says:

    Kristel
    Ek het Lemoenseisoen gekoop en gehou vir ‘n baie spesiale geleentheid waar ek werklik kon ontspan en jou boek geniet. Dit was regtig nie aldag maklik nie …! Op Waenhuiskrans saam met goeie vriende, het ek menigmale kliphard uit gebars van die lag en dan wou my vriendin dadelik weet wat nou weer gebeur het. Ek het haar net so hier en daar ietsie vertel, sodat sy later nie kon wag dat ek moes klaar lees nie!
    Baie dankie! Jy is regtig ‘n meester!

  15. Kobie van Aswegen says:

    Dankie vir “Lemoenseisoen” dit was ‘n heerlike leeservaring (nie dat ek enigiets anders verwag het nie).

  16. kristelloots says:

    Sjokoladesoene vertel die storie van `n vrou wat net so lief was vir sjokolade soos ek!
    In Lemoenseisoen, die boek wat vanjaar verskyn, word daar eerder aan lemoene gesmul!

  17. kristelloots says:

    Dankie Madelane, dis altyd lekker om van iemand te hoor wat my boeke gelees en geniet het. En `n boek word darem mos nie sommer oud nie. Ek kom sélf dikwels eers maande na die tyd so ver om `n nuwe publikasie te lees. Na Aspoesterskoene het Sjokoladesoene verskyn. En ons hoop om binnekort, in Mei of Junie, nog `n boek op die rak te sien. Ek hoop jy lees – en geniet – die ander twee boeke ook. Lekker lees!

    • Madelane says:

      Ek gaan sommer nou hoor watter vriendin het Sjokoladesoene…kan nie wag om dit te lees. Mag ek weet wat die titel van jou nuwe boek is wat in Mei/Junie vrygestel word?

  18. Madelane says:

    Kristel, ek droom van die luukse om elke nuwe Afrikaanse boek vir myself te kon koop en ek kan myself op die sypaadjie voor die boekwinkel sien oorslaap om eerste te wees as daar ‘n nuwe boek op die rak verskyn, maar soos ek sê…drome. Ek sit maar geduldig en wag tot my vriendinne hulle nuwe boeke opgelees het en dan kom ek aan die beurt. Met ander woorde, ek is so effens laat met my lofprysinge aan jou oor hierdie boek, so verskoon asb. Ek was in die bevoorregte posisie om Aspoesterskoene te kon lees die afgelope naweek en toe ek begin kon ek dit nie neersit nie. Baie geluk met ‘n puik boek!

  19. kristelloots says:

    Dankie Elizabeth, ek is bly dat jy dit geniet het. Ek is net so bly dat die arme Jessie toe darem geholpe geraak het en ek stem met jou saam dat die verhale oor ‘ouer’ vroue wat die liefde nog net so intens beleef, geskryf – en gelees – moet word.

  20. Elizabeth says:

    Kristel, ‘Sjokoladesoene en Aspoesterskoene’ van die beste este wat ek nog gelees het. Baie dankie. Mens voel so saam met hierdie vroue wat al oor die 40 is dit gee iets aan die boek. Ek was dol oor Jessie in Sjokoladesoen sy was so onskuldig naief.

  21. Madelie Human says:

    Kristel, ek stem saam met Magdaleen. Ek het ‘Sjokoladesoene’ en ‘Lipstieklewe’ albei baie gulsig gelees. Jou sin vir humor bly bobaas! My man het ook albei gelees en net soveel soos ek geniet. Hou net aan skryf, seblief!

  22. Magdaleen Walters says:

    Kristel, ek het jou Lipstiek-storie in ‘n Mall in Pta op die rak gesien, sommer-so van ‘n afstand en toe loop ek onmiddellik daai boek storm om te kyk wat dit is wat so ‘n oulike buiteblad het. Toe ek sien dis joune, toe koop ek hom net daar en toe gaan lees ek hom daar in die bosse waar niemand my kan pla nie. Ek het dit ONTSETTEND geniet. Baie geluk, hoor? (lekker gehik soos ek lag oor die *** groot blom met sy vrugbare binnekant oor die rand van die afgrond). Die boek toer tans tussen my dogters en daarna sal hy na my skoonsussies aangegee word.

    • kristelloots says:

      Ek verdwaal so dat ek nie so gereeld hier uitkom soos wat ek wil nie, maar baie dankie. So bly as mense my boeke geniet. En dan nogal van alle ouderdomme as jy sê jou dogters lees dit ook.

  23. Suzie Combrinck says:

    Dankie vir ‘n pragtige versmeling boeke, ek sien op die jongste blad van Tafelberg, daar is ‘n nuwe boek van jou, ‘n Lipstiek-lewe. Dit is nog nie in die Leserskring katalogus nie, sal dit in Oktober in die katalogus wees? Ek het jou “Agterstevoorliefde” werklik baie geniet, en dan geniet ek ook die boeke wat jy in die eerste persoon geskryf het, waarvan ek vyf het, ek sal so graag daardie bitterbek wil ontmoet, het amper die kans gehad op die 30ste Junie, maar dinge het anders verloop as wat ek dit wou gehad het. Ek het darem gehoor jy het in Pretoria kom kuier. Sou jou graag persoonlik wou ontmoet, en ek het by LAPA aangehou om jou in Pretoria te kry om jou twee Enkelboeke wat jy vir hulle geskryf het, te kom bekend stel. Maar dit is nou ook geskiedenis, hoop jy sal gou meer van daardie soort boeke vir ons skryf. Groete uit ‘n pragtige Pretoria,
    Suzie Combrinck

    • kristelloots says:

      Suzie, Magdaleen en Madelie, ek vra om verskoning omdat ek nou eers op julle ‘posts’ antwoord. Ek het dit nou eers gelees. Jammer dat ek jou in Pretoria gemis het, Suzie. Dit was ‘n heerlike kuiertjie. Dankie vir die mooi woorde oor ‘n Sjokoladesoene en ‘n Lipstieklewe. ‘n Skrywer het aanmoediging baie nodig en ek waardeer elke soete woordjie.

  24. Rika Du Plessis says:

    Dankie. Ek stuur die link vir jou sodra alles op die webwerf klaar gelaai is. Ek is op die hond se stert met die einde daarvan – behoort teen Donderdag op die laatste Vrydag te werk. Mag ek ook ietsie uit jou bio vat om daarby te skryf? Daar is nie so baie plek vir ‘n lang stuk nie, so as ek mag, sal ek net ietsie daaruit trek.

    • kristel says:

      Dis reg, ja en jy kan gerus die foto plaas waar jy dit wil plaas. As jy weet hoe . . . Stuur sommer vir my die link ook. Lekker aand.

    • kristel says:

      Jammer dat ek nou eers antwoord. Losbol se moses het ek geskryf na n oorsese ‘trippie’ en iets van die andersheid daarvan probeer weergee. Bly jy het dit geniet.

  25. Dina Botha says:

    Kristel, Ek het ongelukkig nog nie Aspoesterskoene gelees nie, maar wel van jou ander werk en ek hou verskriklik baie van jou skryfstyl.

    • Susan Pretorius says:

      Madelie hoekom is daar so min boeke van jou op die rak? Hier by ons in Pietersburg het ek nog net 2 gesien. Wat is jou boeke sodat ek dit kan aanvra?

  26. Marile Cloete says:

    KANNIEDOOD-LIEFDE was een groot plesier. En ek dink die agterbladteks is besonder goed geskryf – ek wonder of dit jou eie werk was? Dis nie altyd die geval dat die agterbladteks die gees van die storie so lekker saamvat sonder om die hele storie uit te blaker nie. Indien nie jy nie – komplimente aan daardie persoon.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s