Cheryl Rogers

cheryl-rogers

Cheryl Rogers woon iewers aan die Weskus saam met haar man en kinders. Skryf is vir haar die lekkerste werk in die wêreld en sy is dankbaar dat sy dit die meeste dae kan doen. Sy geniet dit om romanses te skryf, maar skryf ook soms stories en gediggies vir haar kinders. Sy is mal oor die Weskus se ooptes en die heerlike, onvoorspelbare weer. Haar gunstelingkos is lasagne, en sy sou graag vir Garfield wou oornooi vir ete.

Vorige titels deur Cheryl Rogers:

  • Haar storieboekheld
  • Haar eie sprokie
  • Liefste Amelia
  • Die regte tyd
  • Bestem vir liefde