Boekedag saam met lesers by Setaria Biblioteek

Ons was aangenaam verras met die hoeveelheid lesers wat gekom het om ons te ontmoet. Of dalk het hulle net gekom vir die heerlike middagete wat die dames voorgesit het?Kyk net hoe mooi was die tafels versier! Ons het alte lekker gekuier met sowat veertig lesers. Hier sit ons buite die bib onder die doringbome.

Ons sê baie dankie aan Des, die bibliotekaresse, wat hard gewerk het om die dag ‘n sukses te maak. Ons het heerlik gekuier in die vars Bosveldlug en die lesers was baie beïndruk met die boekpryse (getekende kopieë van ons boeke) wat gelukkige wenners kon kry.

Baie dankie Setaria! Die Romanzaskrywers sal julle onthou.Klik op foto’s om te vergroot.

5 thoughts on “Boekedag saam met lesers by Setaria Biblioteek

  1. Rika Du Plessis says:

    Marile, jy weet nie, maar ek praat so min as moontlik, en dis wat ek gedoen het… so min as moontlik. Toe word vir my gevra vanwaar dan die talent… my antwoord: MY MA! Gelukkig ken die spul my so, en het net gelag! Eintlik is dit die waarheid, my ma het kortverhale geskryf in toeka se jare!

  2. Madelie Human says:

    Hulle het ons net gevra om te vertel hoe ons begin skryf het. Hulle het ons goed ondersteun en heelwat boeke gekoop wat die plaaslike boekwinkeltjie vir ons bestel het. Toe ons daar weg is, was hulle nog besig om ywerig mee te ding oor wie eerste beurt gaan kry om van die Romanzas wat ons vir die bib geskenk het, uit te neem!

  3. Marile Cloete says:

    Liewe land, daar is omtrent uitgehang! Maar ons wil meer weet – het julle elkeen ‘n woordjie gespreek? Of net informeel gekuier?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s