Marilé se nuutste treffer!

Waar sy hoort is my agste Romanza en is deel van die boek-familie wat al destyds met die geboorte van Klein klippie ver gooi ontstaan het. (In Man van min woorde, Man met ‘n missie en Man van sy woord, asook in Liedjie vir jou verskyn dieselfde karakters telkens weer.) Die Bezuidenhout-familie het my net nie weer toegelaat om van hulle te vergeet nie. In Waar sy hoort keer die oudste suster uit Australië terug, waar sy haar ontroue man agterlaat nadat sy die keuse gemaak het om haar nie langer te laat misbruik en minag nie. Sy is ‘n sterk vrou wat verantwoordelikheid vir haar en haar kind se geluk neem, maar sy is ook vol vrese en onsekerheid oor die besluit wat sy geneem het.
Sonder dat ek bewustelik so ‘n besluit geneem het, het dit die tema van al my skryfwerk geword – die uitbeelding van ‘n doodgewone vrou wat op ‘n dag verantwoordelikheid vir haar eie geluk neem, besluite neem en dan daarmee saamleef. Sy het nie ‘n man nodig om haar gelukkig te maak nie, maar wanneer sy as mens tot haar reg kom, word sy ook gereed om ‘n maat te vind en op haar beurt vir hom ‘n goeie maat te wees.
Omdat my eie oudste deesdae oorsee woon, bly die tema van emigrasie maar deesdae in my kop. Ek is maar alte bewus van die voordele van verblyf in veral die wonderlike eerstewêreldlande, maar my optimistiese hart bly maar hoop dat vele van ons kinders uiteindelik weer sal terugkeer en hier ‘n verskil kom maak. Ek het dus tot dusver nog elke denkbeeldige Suid-Afrikaner wat ek oorsee stuur, meedoënloos laat terugverlang!
Daar is natuurlik ook voordele, soos die geleentheid om te gaan kuier en wêrelddele te sien wat jy nooit andersins sou besoek nie. En natuurlik gee dit skrywers die kans om ‘n nuwe dimensie in hul stories in te bring. Dis vir my deel van die plesier van romanses skryf dat ek kon ondervind die liefde bly maar net dieselfde, of dit nou hier of in Australië of elders gebore word. Die mens se behoefte aan ‘n maat bly dieselfde, ongeag die agtergrond en omstandighede. En daarom bly liefdesverhale relevant.

3 thoughts on “Marilé se nuutste treffer!

  1. Bets Smith says:

    Ek stem saam die ‘migrasie’ van ons mense is deesdae relevant. Baie van my vriende se kinders het met ‘volksvreemde’ maar oulike vrouens getrou en permanent in die buiteland huis gaan opsit. Skryf gerus voort oor die tema!

  2. johanna79 says:

    ek hou van die idee van n familie se doen en late volg oor n reeks boeke… dit voel asof hulle regtig bestaan en dit laat jou ook uitsien na die volgende… marile, ek gaan kyk of ek nie hulle almal gelees kan kry nie… wel gedaan ook met jou 8ste…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s