Dina Botha gesels oor haar werk

Resep vir Liefde is my 19de boek. (Duet uitgesluit) Weens ‘n gebrek aan ‘n goeie idee (op daardie oomblik in my lewe) het ek besluit om dit wat ek wel het te gebruik. Iemand het my kort te vore gevra hoekom ek nie ‘n skuilnaam, soos baie ander skrywers, gebruik nie. My antwoord was dat ek nie die nodigheid daarvoor insien nie. Niemand gaan weet dat Sannie Swanepoel eintlik Dina Botha is nie. Later het ek tog so ‘n bietjie daaroor nagedink en besluit dat dit dalk ‘n storielyn kan wees en Voila! Resep vir liefde. Die storie raak so hier en daar aan ‘n paar issues wat ek oor my eie skryfwerk begin ontwikkel het. Mense wat dink my werk grens aan soft porn. Mense wat wonder of al my karakters se seksuele eskapades uit persoonlike ondervinding kom. Die tipe van ding. Ek het half en half begin skaam voel oor die verkeerde persepsies wat mense van my as mens begin kry het. Ek het begin dink dis dalk beter is om onder ‘n skuilnaam te skryf. Gelukkig kon ek my eie vrese besweer. My persoonlikheid is in elk geval van so ‘n aard dat ek my nie lank aan ander mense se opinies steur nie. En soos ‘n ou hopballetjie hop ek nou maar weer happily ever after noord!
Omtrent Resep vir Liefde: Chantal Eybers is ‘n skaam en teruggetrokke joernalis wat ‘n koerant se uiters vervelige kosrubriek hanteer. Om ‘n ekstra geldjie te verdien en haar suster deur universiteit te help skryf sy onder ‘n skuilnaam sogenaamde hygromanses. Sy baklei om haar identiteit ‘n geheim te hou en sodoende haar privaatheid te beskerm, maar kan ook nie keer dat die ander kant van haar persoonlikheid, wat sy deur omstandighede geleer het om te onderdruk, ontsnap nie. Geleidelik ontwaak haar seksuele en meer spontane persona. Met tyd leer sy haarself beter ken en hou sy ook meer van die mens wat sy probeer onderdruk. Ek is natuurlik mal oor my held, Chris Rheeder. Hy is sterk en karaktervas. Dominant, maar nooit oorheersend. Hy respekteer vroue en hulle keuses. Hy het ‘n uitstekende verhouding met sy ma, maar skroom nie om sy geliefde bo sy ma te kies nie.
Lekker lees!

2 thoughts on “Dina Botha gesels oor haar werk

  1. Elona says:

    Dina, ek koop nou al van 2007 af Romanza boeke en moet eerlik vir jou sê. Jy is my GUNSTELING!!! Hou asb aan met skryf!!! Al moet dit dan onder ‘n skuilnaam wees..

  2. Arien Lubbe says:

    WOW Dina, al 19. Baie geluk. Ek is persoonlik een van jou grootste aanhangers. Ek is absoluut versot op jou skryfwerk. Oe, veral daai lekker ou Kaapse verhale. Ek hoop jy skryf nog 190.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s