ATKV Woordveertjies 2009

Uiteindelik kry die romanse ook erkenning by geleenthede soos hierdie. Sedert 2008 bestaan daar nou ook ‘n kategorie vir Beste Romanse. In 2008 het Marijke Greeff die heel eerste een gekry vir Seerower vir Shakira en in 2009 het Madelie Human se Om Ben lief te hê daardie mooi trofee gekry.

Hier staan Madelie tussen van die ander fiksieskrywers wat daardie aand ook toekennings vir hul skryfwerk gekry het. V.l.n.r. verskyn Deon Meyer, Wilna Adriaanse, Madelie en P.G. du Plessis. Kliek op die foto om te vergroot.

5 thoughts on “ATKV Woordveertjies 2009

  1. Mari Roberts says:

    Glamorous en baie professioneel is twee woorde wat dadelik by my opkom. Geluk Madelie! Dit is die tweede jaar wat ‘n Romanza skrywer die prys wen. Ek hoop ons hou dit so.

    • Madelie Human says:

      ‘n Uitdaging vir jou, my vriendin! Jy en ‘n paar ander hoort beslis ook daar. Dis hierdie jaar een van julle se beurt. Ons kan nie toelaat dat een van ‘n ander uitgewer se romanseskrywers dit kry nie.

  2. Rika Du Plessis says:

    Is ‘n mooi prestasie, Madelie. Dit laat my terugdink aan die jare toe JP vd Walt nog die Ela Spence toekennings elke jaar vir die beste roman by hulle uitgegee het. Ek was bevoorreg om ‘n paar keer daarvoor benoem te word, maar was nie so gelukkig om eerste te kom nie.

Leave a reply to Mari Roberts Cancel reply