10 thoughts on “Hoe besluit jy watter boek om te koop?

  1. Arien Lubbe says:

    Ek probeer die ander steel? Nie regtig nie, soos Susan sê. Romanza maak dit moontlik om meer as een boek te kan koop.

    Ek soek gewoonlik my gunsteling skrywers. Dan lees elk se agterblad en koop die een wat vir my die lekkerste klink.

    Wanneer my gunsteling skrywers nie beskikbaar is nie, koop ek ‘n nuweling se boek met die lekkerste agterblad. Ek hou van nuwelinge se boeke. Hoe anders gaan jy nuwe gunstelingskrywers ontdek?

    • Madelie Human says:

      Om ‘n nuwe skrywer wat werklik goed is, te ontdek, is soos om ‘n nuwe soort tjoklits raak te loop. Om ‘n nuwe boek van ‘n gunsteling skrywer raak te loop, is soos om ‘n kilogram van die lekkerste tjoklits present te kry.

      Ek het onlangs ‘n nuwe Engelse Historical Romance skrywer ontdek. Ouens, probeer gerus vir Julia Quinn as julle haar in die hande kan kry.

      Haar stories is histories korrek, maar in ‘n heerlike, moderne idioom met hope humor geskryf.

  2. Rika Du Plessis says:

    Ek het altyd na die voorblad gekyk, maar nie meer nie omdat ek dikwels agtrergekom het dat die held en heldin daar nie eens na die karakters lyk wat in die boek voorkom nie. Ek kyk eerste vir my geliefkoosde skrywers, dan na die agterbladteks en die lokteks as daar een is. Ook die titel is nie werklik meer by my ‘n opsie nie, want sommige titels vertel nie werklik vir jou iets van die boek nie. As daar niks van my verkose skrywers se werk is wat ek nog nie gelees het nie, sal ek wel ‘n nuwe skrywer s’n koop as die dinge wat ek hier genoem het my geval.

  3. Susan Olivier says:

    Stem tot ‘n mate saam met jou. Anzel. As dit by Romanzas kom, koop ek veral die nuwe skrywers se boeke,want ek vind dit interessant om te sien hoe ons nuwe skrywers skryf, – maar ek doen dit omdat ek self ‘n skrywer is. As ek nie een was nie, en ek het net geld vir een boek, koop ek ongelukkig die gunstelingskrywer se boek. Daar is niks wat my so vies maak, as ek geld uitgee ( wat ek kon gebruik in my huis; ja, ek voel altyd skuldig oor die geld wat ek op boeke uitgee, terwyl daar dalk ander prioriteite vir my gesinsopset is) en nie waarde kry nie. Met ‘n gunsteling skrywer is ek sekerder dat ek waarde gaan kry.

    Dis seker ‘n onregverdige benadering- ons almal was nuwe skrywers…

    Toegegee, met die Romanzas is dit makliker om almal te ondersteun, agv van die koste van die boeke.

  4. Anzel Gerber says:

    Ek verstaan dat mens altyd jou gunsteling skrywers se boeke eerste koop. Tog dink ek dis belangrik om die nuwe skrywers ook te ondersteun. Ek dink Madelie het dit een keer gesê, as sy n nuwe skrywer se boek koop en dit stel haar teleur, sal sy nie weer n boek van daai skrywer koop nie. Ek stem in n mate met haar saam. Die romanza boekies is darem nie so moeilik nie, want hulle is nie so duur nie, so mens kan maklik nuwe skrywers se werk hier probeer. Waar dit by die duurder boeke koop, sal ek ook versigtig wees wie se boek ek koop.

  5. Susan Olivier says:

    Skrywer , skrywer , skrywer- altyd my eerste keuse. Ek koop altyd al hulle boeke. Ek koop nie maklik nuwe skrywers se boeke nie, behalwe as iemand haar aanbeveel, of ek die boek tweedehands kry.

    Koste- uit prinsiep betaal ek nie R200+ vir ‘n boek nie, wat ek weet later, wanneer die sg sagteband uitkom, my die helfte gaan kos. Die Romanzas is gelukkig nie in die prysklas nie.

    Tema- ek koop net liefdesverhale of speurverhale.

    Voorblad – nie werklik belangrik nie, maar sommige voorblaaie is so swak, dit kan my nogal van die boek af sit.

    Lokteks- moontlik, as daar twee goeie skrywers se boeke is, en ek moet kies tussen een.

    Titels- as my gunsteling skrywers se boeke nie daar is nie, en ek sien ‘n oulike titel, sal ek die boek oorweeg.

  6. Madelie Human says:

    Wanneer ek ‘n boek koop, is tegnies raak die laaste ding wat ek sal doen. Lees is by my ‘n hartsaak. Daarom lees ek ook meestal romanses en liefdesromans.

    Die titel en die skrywer trek eerste my aandag. ‘n Nuwe skrywer kry een kans en as sy my teleurstel, kan sy vergeet dat ek weer een van haar boeke sal koop. My gunstelingskrywers sal natuurlik loshande wen bo ‘n onbekende skrywer.

    Ek koekeloer ALTYD op die laaste bladsy. As die einde nie vir my opwindend klink nie, sit ek die boek maklik weer neer.

    Die voorblad het in die verlede vir my nogal saak gemaak, maar nou dat ek weet hoe buiteblaaie gebeur, steur ek my nie meer daaraan nie. Dis onbelangrik.

    Die eerste paar paragrawe sê ook vir my baie oor ‘n boek en as ek nie onmiddellik in die storie ingetrek word nie, koop ek nie maklik die boek nie.

  7. Cindy Robertson says:

    Heel eerste kyk ek vir nuwe boeke deur my geliefkoosde skrywers, as daar niks is nie, dan begin ek kyk na agterblaaie, en as daar iets is wat my trek (plek, situasie realisties moontlik, karakters) sal ek die boek koop. En oe, dis darem lekker as jy ‘n nuwe een van jou favourites kry, ek dra dit uit die winkel asofdaar eiers in die pakkie is en stel uit om daaraan te lees totdat ek dit my VOLLE aandag kan gee!

  8. Anzel Gerber says:

    Ek begin by die voorblad van die boek. As die boek se voorblad interresant is en my trek, dan sal ek dit optel. Die volgende stap is om die agterblad te lees. Ek dink hierdie is die grootste bepaler of ek dit gaan koop of nie. Dan natuurlik kyk ek na koste. Die skrywer natuurlik is ook n groot lokpunt. Ook my bui speel n rol. Kom ek gee n voorbeeld: Ek trek die einde van Maart Harrismith toe vir my werk, en ek het reeds besluit om sommer tien lekker dik boeke te koop. Ek moet myself oor paasnaweek besig hou, veral omdat ek op n vreemde plek gaan wees, sonder my familie wat in PE is, en al my vriende wat in Jhb is. Ek weet al sommer hoe ek gaan voel: Lus vir n boek, hot chocolate, n boks vol sjokolade en my bed… Ten minste het ek die blog, so dit behoort my te help.

    Kom ons raak bietjie tegnies… Wat laat jou besluit om n sekere boek bo n ander te kies?

    In bemarking noem hulle dit die AIDA principle. Dit staan vir:
    A – Attention -> Trek die boek aandag (voorblad, kleur)?
    I – Interest -> As ek die boek optel en die agterkant lees, is dit iets wat my sal interresseer?
    D – Desire -> Dit wat ek sien en lees agterop, maak dit die begeerte by my wakker om die boek te koop?
    A – Action -> Laat al die bogenoemde my die boek optel en in my mandjie sit om dit te koop?

    EK dink dit is wat ons as skrywers moet na kyk wanneer ons eie boeke op die rak kom. Hoe staan dit uit ten opsigte van die ander… As jy net geld het vir een boek, sal die AIDA principle definitief werk… 🙂

Leave a comment