23/01/2012 by Linelle Venter

Maak reg vir ‘n onneersitbare lees van Dina. Bederf jouself hierdie Februarie met Bly myne.
BLY MYNE – Dina Botha
Romanza, Februarie 2012
Drie jaar ná Jackie se egskeiding is sy terug. Nie om hul huwelik te hervat nie maar om Alec te wys dis ’n ander Jackie dié. Maar hoe gemaak met die aantrekkingskrag tussen hulle?
Posted in Boeke, Inligting, romanses | 1 Comment »
20/01/2012 by Linelle Venter
Nog ‘n heerlike boek van Rika! Betyds vir die mees romantiese maand van die jaar – dit is Februarie op die rakke.
BEPROEFDE GELUK – Rika du Plessis
Romanza, Februarie 2012
Sonita moet voorgee sy en haar eksverloofde is herenig omdat hy andersins gaan praat oor ’n geheim in haar lewe. Sy sou kon, as dit net nie vir sy aantreklike en sagsinnige neef was nie …
Posted in Boeke, Inligting, romanses | Leave a Comment »
17/01/2012 by Linelle Venter
Februarie is die maand van liefde. Hier is een van Valentynsmaand se Romansas. Bederf jouself met Linelle se nuwe boek!
Onbeplande liefde – Linelle Venter
Februarie 2012
Wie Anke wil hê, moet weet die drie tienerseuns wat sy “geërf” het toe haar suster en swaer oorlede is, is deel van die pakket. Hoe sal haar aantreklike nuwe buurman daaroor voel?
Posted in Inligting, romanses | 3 Comments »
14/01/2012 by Marile Cloete
The WordPress.com stats helper monkeys prepared a 2011 annual report for this blog.

Here’s an excerpt:
The concert hall at the Sydney Opera House holds 2,700 people. This blog was viewed about 17,000 times in 2011. If it were a concert at Sydney Opera House, it would take about 6 sold-out performances for that many people to see it.
Click here to see the complete report.
Posted in Romance, Romance novels, romanses, Skrywers | Leave a Comment »
14/01/2012 by Linelle Venter
Maak seker jy het Magdaleen se nuutse boek wat in Januarie beskikbaar is!!
Verby omdraai
Marike Nortjé het al gehoor van mans wat vroue met hul oë uittrek. Dis nie wat Benjamin Wennick doen nie. Hy skil haar af met sy oë. En wanneer hy daarmee klaar is, gaan hy waarskynlik haar vel oor die naaste doringbos oopspalk.
Dis egter nie net Benjamin wat antagonisties teenoor haar optree nie. Sy is self nie alte positief wat die teenoorgestelde geslag aanbetref nie. Sy voel nog steeds die spreekwoordelike brand van haar eks-verloofde se skoensool op haar spreekwoordelike sitvlak en sy is glad nie van plan om so gou dáárvan te vergeet nie. Nogtans, die donker man met die donker oë laat haar beslis nie koud nie en toe omstandighede haar en Benjamin saamgooi en sy vir hul albei se lewens vrees, weet sy dat haar eie hart ook maar nie te vertroue is nie.
Posted in Boeke, Inligting, romanses | Leave a Comment »
10/01/2012 by Linelle Venter
Vanaand vertel Chanette ons al haar geheime vertel oor die Davel vroue. RSG, 10 Januarie, 20:30-21:00. Vir meer kliek op die skakel:
http://chanettepaul.wordpress.com/2012/01/06/oor-die-daveltjies-en-gyse-op-rsg/
Posted in Inligting, Skrywers | 1 Comment »
10/01/2012 by Linelle Venter
Fleur speel in 1938 af toe wynoorskotte die wynboere sleg geknou het.
Romuli se opstal is vars en wit, die gewels blinkskoon in die laatmiddaglig. Die ruitjiesvensters glimmer en in die eikebome fluister ’n ligte bries.
Pieter-Jan help haar uit die kapkar en sy is net op pad met die trappies na die voordeur toe Annabella uitkom.
“Fleur! Hoe bly is ek nie jy het toe tog gekom nie.” Haar lippe is sag teen Fleur se wang. “Maar kom binne. Jy sal die meeste mense ken, maar ek wil jou graag voorstel aan Christiaan. Jy onthou hom seker nie meer nie?” Annabella haak by haar in en Read the rest of this entry »
Posted in Boeke, Proestukkies, romanses | 1 Comment »
07/01/2012 by Linelle Venter
Oopmond staar René hulle agterna. Die twee weglopers. Los haar wraggies alleen met hierdie man? En dit ná sy die situasie op groot skaal opgefoeter het. Die houers kon mos wag. Of sy kon ook help. Dalk loop hy nou. Of help hulle. Maar hy bly staan, vat sy bordjie en begin rustig aan die koek eet asof hy eregas by die paartie is.
Sy maak die vuil bekers bymekaar en sit dit op ‘n skinkbord. Enigiets om haar besig te hou, want sy is nie lus vir ‘n oppervlakkige geklets nie. Read the rest of this entry »
Posted in Proestukkies, romanses | Leave a Comment »
04/01/2012 by Linelle Venter
Fleur se tweede uitgawe is in Januarie beskikbaar!
Fleur – Chanette Paul
Sy’t die wynplaas – afgetakel en op sy knieë – en hy’t die kennis. En die enigste uitweg om die plaas te red is deur te trou. Al is dit liefdeloos.
Dis wat erfgename doen, glo Fleur. En ná vyf jaar op ’n wynplaas in Frankryk, is dit die enigste manier hoe Christiaan ’n wynplaas kan bekom. Al het hy iemand anders lief.
Dis bloot ’n sakevennootskap. ’n Kontrak. ’n Ooreenkoms op Fleur se voorwaardes.
Net, Christiaan het nie tred gehou met sy romantiese Davel-familie nie. So ver soos hulle gaan groet, wag die wittebroodkamers. Die een na die ander. En iets moet meegee. Blom. Hul lywe? Liefde? Maar daar’s Fleur se voorwaardes. En boonop Christiaan se eed.
Posted in Boeke, Inligting, romanses | Leave a Comment »
01/01/2012 by Linelle Venter
Uit die diepte van elke Romanza skrywer se hart wens ons al ons wonderlike lesers ‘n Nuwe Jaar vol liefde, geluk, voorspoed en vreugde!
Posted in Inligting, Lesers, Skrywers | 1 Comment »
29/12/2011 by Linelle Venter
Marietjie se nuwe boek is in Januarie op die rakke! Hier’s is ‘n lusmakertjie.
Met haar terugkeer na die sitkamer bly sy stom verbaas in die deuropening staan.
Nicolaas het hom skuins oor haar bank tuisgemaak en hy is … vas aan die slaap. Nie eens toe sy langs hom gaan sit, en sy kop gemakliker maak teen haar skouer, word hy wakker nie. Dit gee haar die geleentheid om sy gesig deeglik te beskou. Sy sien die lyne, getrek deur jare se ondervinding, wat oor sy voorkop loop, en die fyn plooitjies langs sy oë.
Read the rest of this entry »
Posted in Boeke, Proestukkies, romanses | 3 Comments »
26/12/2011 by Linelle Venter

Nog ‘n wonderlike boek vir die eerste maand van die Nuwe Jaar!
Aanloklike proposisie
Susan Olivier
René sal enigiets doen om hul familiebesigheid uit vreemde hande te hou. Sy sal selfs die nuwe eienaar se proposisie oorweeg: dat sy sy minnares word… Hy is immers onweerstaanbaar, hoe kwaad hy haar ook al maak.
Posted in Boeke, romanses | 2 Comments »
20/12/2011 by Linelle Venter
Begin die Nuwe Jaar met ‘n lekker-lees storie van Marietjie!
Papierpop – Marietjie Welgens
Tien jaar gelede was Nicolaas die liefde van Shauna se lewe. Toe het sy gevlug van sy oordele en die vernedering. Maar noudat hy terug is in haar lewe, sal sy haar op hom wreek.
Posted in Boeke, romanses | Leave a Comment »
18/12/2011 by Marile Cloete
Maryn was al ’n paar keer saam met haar ma by vendusies, maar dis die eerste keer dat sy self bie. Sy kom egter gou agter hoe dinge werk en palm vir haar die meeste van die goed wat sy geoormerk het in. Die geelhouttafel gaan moeiliker. Êrens is daar ’n man wat teen haar bie. Sy hoor sy stem, diep en resonerend, en sy sien die vinger wat opgaan in dieselfde ry as wat sy sit, maar sy kan nie verby die vrou met die groot hoed sien hoe hy lyk nie. Net die kroontjie van sy swart kop steek uit.
Sy bie weer en weer gaan sy hand op. Maryn byt haar onderlip vas. As sy nog genoeg wil oorhou vir die ledekant…
Sy verhoog die bod. Basta, sy het vir haar ’n perk Read the rest of this entry »
Tags: Lapa Uitgewers, liefdesverhale, Afrikaans, Chanette Paul, historiese romanses, historiese romans
Posted in Skrywers, Boeke | Leave a Comment »
14/12/2011 by Marile Cloete
Chanette Paul praat vanaand (Woensdag, 14 Desember) so net na nege met Annemarie van der Walt op Radio Laeveld se program Kaleidoskoop oor haar boeke en dinge.
Volgens die webblad http://www.radiolaeveld.co.za/ kan mens meeluister.
Opsies by: http://radiolaeveld.ndstream.net/
Tags: Afrikaans, Chanette Paul, spanningsromans, spanningsverhale, Radio Laeveld
Posted in Skrywers, Boeke | Leave a Comment »
12/12/2011 by Marile Cloete
Wat het die storielyn in jou jongste boek, Doodgewone wonderwerk, geïnspireer?
Dis eintlik moeilik om te sê waar stories vandaan kom, of watter dinge alles by mekaar moet kom voordat dit ’n storie kan word. Hierdie een se begin lê in Agulhas opgesluit, ’n kusdorpie waar die wind en die weer genadeloos kan wees. Met hierdie wonderlike rotskus as agtergrond, vra die storie ’n hardebaardheld; die heldin wat hom kan tem, sal redelik baie moed moet hê. En hieruit het Elizabeth se karakter ontwikkel – ’n bedorwe brokkie, ’n helleveeg met ’n houding, hopeloos te jonk vir ’n sinikus soos Simon. Dit was pret om Read the rest of this entry »
Tags: romanses, Lapa Uitgewers, liefdesverhale, Romanza, Afrikaans, Thea Holland
Posted in Boeke, romanses, Skrywers | 5 Comments »
09/12/2011 by Marile Cloete
Wat beplan jy vir die dag?”
“Met die kinders … seker nie veel nie. Hoekom wil jy weet?”
“Dan is ete vanaand seker ook buite die kwessie?”
Dié keer neem dit langer as die vorige twee kere om nee te sê. “Ek’s jammer, maar ek het niemand om na hulle om te sien nie.”
Johnny draai in haar arms om, sit sy armpies om haar nek en probeer soos ’n Read the rest of this entry »
Tags: romanses, Lapa Uitgewers, liefdesverhale, Romanza, Afrikaans, Dina Botha
Posted in Skrywers, Boeke, romanses | Leave a Comment »
06/12/2011 by Marile Cloete
Milan Verster weet net hoe om in die sakewêreld te funksioneer. Van moederskap en verhoudings weet sy bittermin af. Dan bevind sy haar reg in die middel van alles wat met vrouwees gepaard gaan. Haar vriendin vra haar om na haar jong kinders, waarvan een ‘n baba is, om te sien. Sonder enige waarskuwing of voorbereiding word sy gekonfronteer met Read the rest of this entry »
Tags: romanses, Lapa Uitgewers, liefdesverhale, Romanza, Afrikaans, Dina Botha
Posted in Skrywers, Boeke, romanses | Leave a Comment »
02/12/2011 by Marile Cloete
Tot Simon se verbasing klop Elizabeth gouer aan sy deur as wat hy verwag het, maar die raaisel van hoe sy ’n halfuur lange rit in minder as twintig minute kon aflê, word opgelos toe hy haar motor sien. Sy sogenaamde assistent ry met ’n Porsche. En hulle het skaars weggetrek, of hy stel vas dat Elizabeth nooit ’n rybewys moes gekry het nie. Sy wissel ratte soos ’n renjaer en haar voet ken net een posisie op die Read the rest of this entry »
Tags: romanses, Lapa Uitgewers, liefdesverhale, Romanza, Afrikaans, Thea Holland
Posted in Skrywers, Boeke | 5 Comments »
30/11/2011 by Marile Cloete
Maryn se tweede uitgawe sal binnekort op die rak wees:
Maryn wou glo sy is Neil von Wildenstein se droomvrou. Nou weet sy – haar pa se lemoenplaas is wat hy eintlik wil hê. Lemoenblomolie is volop op Bergendal, en dís wat Niel broodnodig het vir sy laventelprodukte.
Tags: Afrikaans, Chanette Paul, historiese romans, historiese romanses, Lapa Uitgewers, liefdesverhale
Posted in Boeke, Skrywers | 2 Comments »
26/11/2011 by Marile Cloete
Die nuwe vennoot verskyn binnekort by Lapa as deel van die Romanzareeks:
Milan verseg om haar aandeel in die maatskappy te verkoop aan Evan, wat sy glad nie ken nie. Sy verdink hom buitendien van knoeiery. Maar sy vind die arrogante vent onweerstaanbaar …
Tags: Afrikaans, Dina Botha, Lapa Uitgewers, liefdesverhale, romanses, Romanza
Posted in Boeke, Skrywers | Leave a Comment »
22/11/2011 by Marile Cloete
DOODGEWONE WONDERWERK deur Thea Holland sal in Desember op die rak wees:
Elizabeth se erfporsie is daarmee heen en sy moet vir die temperamentele Simon, ’n skrywer, huishou om te oorleef. Dit sukkel maar met die kosmakery. Dalk is ’n huishoudster nie wat hy nodig het nie …
Tags: Afrikaans, Lapa Uitgewers, liefdesverhale, romanses, Romanza, Thea Holland
Posted in Boeke, Skrywers | 5 Comments »
17/11/2011 by Linelle Venter
“Ek het jou nie aangestel nie.” Hy sê dit so vinnig en vurig dat Alex voel hoe haar oë rek van verbasing vir sy blatante ongeskiktheid. Regardt sien haar reaksie, maak sy oë toe en skud sy kop moedeloos voor hy met neutrale oë na haar kyk. “Maar dis nie wat ons nou bespreek nie. Sê eerder vir my hoe jy beplan om jou span hier te kry, die situasie te red en nie my begroting te verwoes nie. Iets laat my dink dat jy reeds ’n plan het.”
Alex verduidelik. Saam sit hulle vir die volgende twee uur en werk die besonderhede uit. Sy ignoreer sy verontwaardigde uitdrukking en sleep ’n stoel nader om langs hom agter sy lessenaar te sit. ’n Paar keer kan sy haarself nie help nie en flankeer selfs skaamteloos met hom, wat verdere kyke en moedelose sugte by Regardt ontketen. Read the rest of this entry »
Posted in Boeke, Proestukkies, romanses | Leave a Comment »
14/11/2011 by Linelle Venter
Dis vroegskemer toe sy die kusdorpie binnery. Soos altyd verskaf die tuine haar plesier, al is die vygies lankal toe-oog vir die nag. Langs die pad was nie meer veel blomme nie, net halfryp grassade, weemoedig in die wind.
Haar ma-hulle se houthuis staan hoog en suiwer op sy pale bokant die fynbos en wit duinesand. Werklik ’n juweel wat die twee hier staangemaak het. En ’n voorreg dat sy en die kinders dit na willekeur kan gebruik.
O hel, sy moes darem seker eers haar ouers gebel het. Maar sy weet hulle is noordwaarts op soek na die laaste lenteblomme, hulle sal nie hierdie naweek hier uitkom nie. Read the rest of this entry »
Posted in Boeke, Proestukkies | Leave a Comment »
11/11/2011 by Linelle Venter

As jy in die omgewing is, moet dit nie misloop nie!!
Posted in Boeke, Inligting | Leave a Comment »
08/11/2011 by Arien Lubbe

Wanneer ek ‘n Romanza optel, weet ek die held en heldin gaan bymekaar uitkom en ek verwag daardie spanning tussen die twee. Asook die opwinding van op bladsy hoeveel hulle gaan soen. Maar in hierdie storie, het ek myself soms so verloor in die gebeure dat ek vrede gehad het of die 2 ooit na mekaar sal kyk, wat nog te sê soen. Read the rest of this entry »
Posted in Uncategorized | 1 Comment »
03/11/2011 by Linelle Venter
Hy hou vinnig stil en spring uit die bakkie. Toe hy hom kom kry, hamer hy teen die voordeur. Sy pluk die deur so vinnig oop dat hy amper inval. Hy keer homself deur aan weerskante van die kosyn vas te hou. Sy’s kaalvoet en het ’n kort, wit rokkie aan met bandjies. Sy slaan eenvoudig sy asem weg.
“Moenie so raas nie, my woonstelmaats slaap al. Wat soek jy hier?” vra Elena in ’n harde fluisterstem.
“Wat soek die vent hier?” kners hy deur sy tande.
Elena kyk verslae na Alex. Haar emosies is in so ’n warboel. Sy wou die aand saam met Henk geniet, sy wou hê daar moet iewers Read the rest of this entry »
Posted in Boeke, Proestukkies, romanses | 1 Comment »
29/10/2011 by Linelle Venter
Linelle se nuutste boek, Moeilike man, is November op die rakke!!
MOEILIKE MAN – Linelle Venter
Romanza, November 2011
Op die bouterrein waar Alex as projekbestuurder instap, tref sy ’n besonder moeilike, besonder aantreklike man aan. Maar hy dink sy is bloot moedswillig en lastig. Haar verweer is om skaamteloos met hom te flankeer …
Posted in Boeke, Inligting, romanses | 1 Comment »
28/10/2011 by Marile Cloete

‘n Paar van die sprekers en gaste:
V.l.n.r: Karin Brynard (Plaasmoord), Alta Cloete, Marinda van Zyl (Wilhelmina Radebe kom tuis), Valiant Swart, Malene Breytenbach, Kristel Loots (Lemoenseisoen).
Tags: Afrikaans, Alta Cloete, Karin Brynard, Kristel Loots, Lapa Uitgewers
Posted in Boeke, Skrywers | Leave a Comment »
26/10/2011 by Rika Du Plessis
Kom so pas van ‘n tee en koek saam met vier baie aangename vroue – almal lesers van ons. Dit is gereël deur ‘n ou vriendin van my in Thabazimbi omdat haar vriendin uit Pretoria kom kuier het en my wou ontmoet. Toe nooi hulle sommer nog twee van hulle kennisse saam wat ook boekwurms is. Hulle kon nie uitgepraat raak oor al die skrywers wie hulle nou al dmv die inteRnet ontmoet het nie. Jy kan sien hulle is mense wat “ lees om dit te geniet”, en nie nét geniet om te lees nie.
Hulle het uitverkorenes onders ons klomp, maar het gevra ek moet dit nie hier noem nie – ek respekteer dit. Ek sou vir julle ‘n foto hier opgesit het, maar toe is Murphy Read the rest of this entry »
Posted in Uncategorized | 4 Comments »