Heila vertel meer oor Karoo-droom!

Karoo-droomDie Karoo is ‘n besonderse plek en lê net hier anderkant die berg uitgestrek. Ongelukkig lyk dit asof ons regering die plek in blokkies opgedeel het en sterk oorweeg om dit uit te deel aan mense wat vir ‘n paar jaar gas deur hidrobreking wil ontgin. Omdat die proses die natuur onherstelbaar kan beskadig, begin mense oral opstaan en op verskillende maniere daarteen betoog. Karoo-droom speel teen hierdie agtergrond af. Jana, ‘n rooikop wat emosioneel saam met die studente plakkate in die straat swaai, raak dolverlief op ‘n aantreklike professor wat glo mens moet koelkop en met kennis veg. Maar wie kan nou koelkop bly in die Karoo?

Proestukkie: Karoo-droom

Karoo-droom“Toe-toe,” roep Lizelle uit, “die verkeer begin optel. Hoe gouer ons begin hoe beter.”

Sy beduie Jana moet ook voor in die straat kom staan. “Dis oorlog!” roep sy uit en gooi haar vuis in die lug op.

“Dis oorlog!” roep almal saam uit en volg haar voorbeeld.

“Wie dink hierdie oliemaatskappye en die ander korrupte geldwolwe is hulle?” sweep Lizelle hulle op. “Dis ons land en ons kan nie stilsit en toekyk hoe alles uitmekaargebreek en Continue reading

Heila Theron vertel meer oor Tussenspel

Dirigent handeMy dogter het viool gespeel in die Nasionale jeugsimfonieorkes, Universiteitsorkes en ook in ‘n meer kontemporêre orkes. Toe wonder ek hoe ‘n guitige musikant te werk sal gaan om die aantreklikste nerd op universiteit se aandag te trek. Maar om die weddenskap met haar vriendin te wen, moet sy hom ook sover kry om haar uit te vra.

Lusmakertjie: Tussenspel

TussenspelToe Francisca aangetrek soos ‘n Goot en onder ‘n vals naam by ‘n aantreklike ou se ouers beland, moes sy probleme verwag het.

Toe hulle op die stoep kom, gee een van die neefs ‘n wolwefluit. Dit word weer eens doodstil en alle oë is op haar.

“Kyk haar tattoo, Ma.” Marieta trek haar aan die arm en draai haar om. “Kan ek nie vir my ook net so een hier bo my boudjies laat maak nie?” smeek sy. “Kyk net hoe mooi lyk dit. Ag, asseblief tog, Ma?”

“Oor my Continue reading

Nuut van Heila Theron

Tussenspel

TUSSENSPEL deur Heila Theron sal binnekort op die rak wees!

Francisca aanvaar die uitdaging om die aantreklikste nerd op die kampus se aandag te trek. Dalk gaan sy ’n bietjie ver, want sy wen, maar haar hart bly in die slag.