Rika du Plessis: Liefde wink

“Mag ek die laaste dans kry aangesien jou vriend elders besig is?” vra Anton en hou sy arm uit na haar toe. Sy staan op en kyk rond.

“Waar is Daleen dan?”

“Dans met ‘n modebaas wat mal oor haar as model is,” sê hy gewoonweg en lei haar na die dansvloer toe.

Dit is ‘n stadige liefdeslied wat gespeel word en gou ontdek sy dat Anton ‘n baie goeie danser is omdat sy sommer maklik met sy passies kan saamdans. Sy het nog nie baie in haar lewe gedans nie en sukkel ietwat met iemand wat nie kan behoorlik stuur nie. Sy voel net effens kortasem met hom so teenaan haar en vergeet selfs soms om asem te haal. Haar hart klop oorverdowend en sy is byna seker hy kan dit hier teenaan sy bors voel.

“Wat probeer jy doen, Charlene? Jy weet tog Niel en Annelie is verloof en gaan binnekort trou,” sê hy na ‘n rukkie hier bo haar kop.

“Wat bedoel jy? Natuurlik weet ek daarvan,” antwoord sy onthuts, want hy beskuldig haar duidelik van iets en dit klink onaangenaam.

“Wat soek jy dan saam met hom hier en dans jy so styf teen hom asof julle verliefdes is?” vra hy kortaf.

“Genugtig, Anton! Wat dink jy van my? Ek is hier op Annelie se versoek omdat sy siek is en Niel nie alleen hierheen wou kom nie. En ons het g’n so styf gedans soos jy beweer nie.”

“O… ek het nie geweet sy het jou gevra nie. Dit gee jou nog nie die reg om so uitlokkend met die man te dans nie.”

“Ek het gewoonweg met hom gedans. As mens styf dans, dan is dit so,” sê sy uitdagend en roekeloosheid laat haar haar liggaam styf teen syne vasdruk en haar arms gaan om sy nek met haar gesig onder sy ken teen sy nek aangenestel. Sy voel hoe hy momenteel verstyf voordat hy weer ontspan en haar dan net so styf vashou. Hulle beweeg skaars en wieg amper net op die maat van die musiek rond en Charlene word bewus van liggaamshunkeringe wat so vreemd vir haar is dat sy haar oë sluit en voel hoe die wêreld met haar wil tol. Sy is hopeloos verlief op hierdie man… sy hét hom lief en begeer hom met alles in haar. Sy wil nie dink nie… net die oomblik geniet al dink hy ook wat. Op hierdie moment gee sy nie om nie.

“Die musiek is klaar,” fluister hy by haar oor en Charlene keer tot die werklikheid terug met ‘n ligte snakkie. Sy gee effens pad van hom af omdat hy haar nog vashou, maar hy trek haar weer nader en soen haar vol op die mond. “Ek sê mos jy is ‘n klein heks!” vervolg hy steeds fluisterend en laat haar dan meteens gaan. “Dankie vir die… besondere lekker dansie. Dit was… e… uitermate leersaam.”

 

 

4 thoughts on “Rika du Plessis: Liefde wink

  1. Lena says:

    Die name almal so lekker bekend. Anton is my man se naam & Charlene my kleindogter s’n. Dink ek kan sommer baie lekker lees aan dié boek!

  2. Bets Smith says:

    Wow! Nou’s ek sommer weer lus vir dans, en ek het dit JARRE gelede laas gedoen. dit klink na ‘n heerlike storie, Rika.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s