Dina Botha: Ridder in ‘n limousine

Die intimiteit van die warm vertrek omvou hulle soos ’n sagte donskombers. Sy gaan sit op die bank en hy gee eers haar glas aan voor hy langs haar plaasneem. Sy proe-proe aan haar wyn en is heeltemal te bewus van sy nabyheid.

“Jy lyk ingedagte,” praat hy eerste.

“Ek wil jou iets vra, maar ek mag dalk nuuskierig klink.”

“Vra gerus,” sê hy, maar sy oë lyk skielik waaksaam.

“Hoekom het jy juis die beroep as chauffeur gekies?”

Hy kyk haar nadenkend aan en oorweeg sy woorde goed. “Maak ’n beroep werklik saak? Is dit nie die mens wat tel nie?”

“Natuurlik, maar jy is tog intelligent en kom goed met mense oor die weg. Ek is seker jy kan baie beter vaar.”

“Hoekom sou ek wou? Ek reis baie rond, sien plekke en ontmoet mense … invloedryke mense … en ek hoor dinge wat ek tot my eie voordeel gebruik.”

Sy weet goed sy oortree die perke nog voor sy praat. “Maar sal dit eendag goed genoeg wees vir … jou vrou?”

Hy leun vorentoe, tel die bottel van die koffietafeltjie af op en vul eers haar glas en dan syne.

“Wanneer ek die dag ’n meisie vra om my vrou te word sal dit wees omdat sy my aanvaar net soos ek is – met my vervelige beroep, my … onderbetaalde salaris en my … ongemaklike werkure.”

Sy kan aanvoel hy het hom vererg en sy probeer vinnig regmaak wat sy verbrou het. “Ek kritiseer nie, ek … vra maar net.”

“Dis seker jou goeie reg om te wonder, maar dink jy nie dis ’n uitstekende toets vir ware liefde nie? Aanvaar die man en nie die beroep nie. Wees lief vir die mens en nie vir sy geld nie. Bewonder hom vir wie hy is en nie vir wie hy voorgee om te wees nie. Wil jy nie presies dieselfde in ’n verhouding hê nie?”

Natuurlik. Het alle mense nie maar dieselfde basiese begeertes na liefde en aanvaarding nie? Hoekom het sy gedink Charlie sal anders oor die lewe voel?

“Jy is heeltemal reg en dis ’n uitstekende manier om ware liefde en die beheptheid met geld en aansien van mekaar te skei. Ek’s jammer as ek jou in die gesig gevat het.”

Sy dink terug aan haar eie foute. As sy maar net hierdie insig gehad het toe sy drie en twintig was. Nee, as sy maar net ’n paar maande gelede geweet het hoe om die kaf van die koring te skei. Maar as is verbrande hout en ’n mens kan absoluut niks daarmee doen nie.

3 thoughts on “Dina Botha: Ridder in ‘n limousine

  1. Annatjie says:

    Hallo Dina
    Ek is op soek na boeke van jou wat uit druk is – is daar enige manier wat ek die volgende boeke in die hande kan kry: Sy rooikop baas, Liefste Willemientjie, Bestemde minnaar.

    Baie dankie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s