Sophia Kapp

Sophia Kapp Januarie 2016 (Oorlewingsgids)Sophia Kapp skryf oor die liefde, oor alle aspekte daarvan: die opwinding en die seer; die maklik en die swaar; die lig en die donker. Haar heldinne is vroue wat verstaan dat verhoudings nooit maklik of eenvoudig is nie en dat die lewe soms meer uit ʼn vrou tap as wat sy het om te gee. Maar dis ook vroue wat onwrikbaar glo in die liefde, wat weet dat dit in hulle oorleef en gedy, ten spyte van al die swaarkry, en dat vervulling lê in wat hulle is en nie in wat hulle kry nie. Daar is altyd hoop, en daar is altyd lig.

Sophia se eerste liefdesroman – Die erflating – is in 2007 gepubliseer en is met die ATKV-Woordveertjie vir liefdesromans bekroon. Sy het dieselfde toekenning vir Huis van die wind en Driehoek ontvang.

Oorlewingsgids vir ʼn bedonnerde diva is Sophia se negende boek en Moeilikheid met ’n meermin haar eerste Romanza.

 

 

 

76 thoughts on “Sophia Kapp

  1. dalene says:

    Hi Sophia,
    Wanneer kan ons ‘n nuwe boek verwag?
    Ek het al jou boeke op my rak en kan nie wag vir die volgende ene nie!

  2. Melanie says:

    Hi,

    Ek sien in Beeld daar is ‘n nuwe boek oppad.Weet julle al wanneer dit beskikbaar gaan wees want ek kan nie wag nie, dit voel al soos ‘n ewigheid na Huis van die Wind 🙂

  3. LIZE says:

    BESTE SOPHIA,
    HOOP DIT GAAN BAIE GOED MET JOU! EK IS ‘N BAIE GROOT AANHARNGER VAN JOU BOEKE, EK IS OPSOEK NA 4 VAN JOU BOEKE MAAR DIT IS UIT DRUK EN LAPA SE DAT DIT NIE WEER INDRUK GAAN KOM NIE KAN JY MY SE HOE EN WAAR EK NOG VAN HULLE IN DIE HANDE GAAN KRY , DIE BOEK WAT EK SOEK IS DIE OOREENKOMS, DIE ERFLATING, ‘N NUWE LENTE, WAAR DIE HART IS. AS JY MY ASB KAN LAAT WEET SAL EK DIT WAARDEER

    • Marinda Loubser says:

      Ek soek nou al vir meer as ‘n jaar na die Erflating, maar kon dit nerens kry nie. Die ander kon ek darem opspoor tussen Kalahari, Loot, Lizmar en Books Galore. Marinda

  4. Lizanne Strydom says:

    Hello Sophia,

    Dankie vir puik, lekkerlees boeke! Ek het Die Tuiskoms en Huis van die Wind gelees en beide baie geniet. Ek wil in Februarie Huis van die Wind by my leserskring aanbied. Het jy dalk vir my relevante vrae wat ons oor die boek kan bespreek? Miskien iets soortgelyk soos aan einde van die boek – Die Tuiskoms?

  5. Joey van Bosch says:

    Hello Sophia
    Jammer het groot gek van myself gemaak, die boek wat ‘n goeie fliek sou maak is eintlik Huis van die Wind, Nico Panagio pas 100% in die rol. Die Ooreenkoms is my troosboek wat ek lees as die wêreld vir my te veel raak.

  6. Joey van Bosch says:

    Joey Says:

    Hello Sophia

    Ek is dol oor lees, nie net mal nie. Sedert hoërskool lees ek net Engels, omdat my pa dit gelees het en hy my hero was. Toe ontdek ek jou boeke. Ek kon nie glo dat ‘n Afrikaanse skrywer sulke gesofistikeerde stories kon uitdink nie.
    Nora Roberts was al die jare my gunsteling skrywer, maar sy moet oppas, want jy is vinnig besig om haar in te haal.
    Ek dink Die Ooreenkoms sal ‘n baie goeie fliek maak. Het al klaar die akteur vir die held, Adam, uitgesoek: Nico Panagio. Soek nog na die heldin, Petronel, se akteur.
    ASSEBLIEF, ons kan nie wag vir jou volgende boek nie Joey

  7. Realda says:

    Hallo Sophia, ek is mal oor jou boeke! Ek het ALMAL gelees behalwe die Erflating. WAAR kan ek dit kry????!!!!!! Baie Baie dankie vir jou wonderlike werk! Realda

  8. Marinda Loubser says:

    Hallo Sophia,

    ek soek nog steed na Die Erflating en Waar die hart is. Jy het verlede jaar geoem dat Lapa dit hierdie jaar dalk met ‘n nuwe omslag gaan uitgee?
    Dan is ek ook nuuskierig oor Tessa se storie – is dit al klaar en wat gaan die naam wees?
    Marinda

  9. Roelof says:

    Hello.. My ouma is baie mal oor jou boeke. Sy lees dit baie graag. Blykbaar is jy en Suna Verhoef goeie vriende en ons ken haar baie goed.

  10. Karin Coetser says:

    Hi Sophia,

    Ek het Huis van die Wind gelees toe ons op vakansie was. Jou boeke is vir my baie emosioneel, kan nie sommer vat en in een dag deurlees nie, daar is te veel om te verwerk. Dit is nie kritiek nie, glad nie, hulle raak my net elke keer baie diep. Kom die insig deur persoonlike ondervinding? Maar jy sien seker ook alle fasette van die lewe in jou beroep.
    Nou wag ek maar geduldig vir Tessa se storie.
    Groete

  11. Liani says:

    Dankie Marinda. Ek het ook gesien hulle het dit. Maar wil net so graag erflating lees. Ek het nou al almal gebel en almal help soek.
    Indien ek wel een kry sal ek dit verseker vir jou leen.

  12. Marinda Loubser says:

    Hallo Liani,

    ek het ‘waar die hart is” opgespoor by Leserskring. Jy hoef nie lid te wees om by hulle te kan koop nie. Gaan net op hulle web werf in. Ek het dit gedurende November daar gekoop en wag nog steeds vir hulle om dit te stuur, maar minstens is die boek daar beskikbaar. Die Erflating soek ek nog. Groete Marinda

  13. Liani says:

    Ek bel nou al die hele dag soos ‘n koplose hoender rond.
    Kry jou boeke nerens. Opsoek na ‘die erflating’ en ‘ waar die hart is’. Het lapa ook al gebel. Hulle kan nie vir my help nie en is ook nie van plan om dit boeke vinnig weer te vervaardig nie. Ai my moed sit in my skoene. Kan iemand die boeke dalk vir my leen om te lees?

  14. Sunette says:

    Hi Sophia, ek geniet jou boeke baie! Wil net vra… het jy al daaraan gedink om ‘n opvolg te skryf van Die Ooreenkoms, wat gaan oor Jeanne wat die baas is van Rosscor en waarin mens verder tussen – in hoor van die ander karakters ook? En dalk ‘n opvolg van Helene? Ag, het net sommer gewonder.
    Sunette

  15. Esté says:

    Hi Sophia, André my nou sopas na jou laat gooooogle-soek met ‘n spoed. 🙂 Baie nice intro hier op jou webwerf … aangename kennis. Ek wens ek kon sê ek laaik jou boeke, maar het nog nie ene gelees nie – ek sal ‘n plan moet maak. Loopbaan gewys ken jy dalk my vriendin Sulien .. moet ‘n kollega van jou wees.

    Ag ek wou sommer net ‘n groet op jou blog plaas. Mag jy ‘n wonderlike, geseende week geniet.

    Esté

  16. Mari Roberts says:

    Ek het einde ten laaste Die ooreenkoms gelees en het ek dit nou geniet! Jinne, dit is die lekkerste, opwindendste en boeiendste storie wat ek van jou gelees het! Kan regtig nie wag voordat ek die volgende een kry nie. Sien uit na Die verhuising!

  17. ans says:

    Hi Sophia, soos vele ander kan ek nie wag vir ‘n nuwe boek om te verskyn nie. Die Ooreenkoms is my favorite favorite favorite! Jou boeke raak aan my siel en as ek een gekoop het, weet my manne dat hulle maar self moet sien kom klaar, ek het vrede!
    Groete,
    Ans

  18. Marinda Loubser says:

    Baie dankie vir die terugvoer Sophia. Ek sien baie uit en sal dophou volgende jaar vir die Malan susters en ook Tessa se storie.

    Groete
    Marinda

    • Marinda Loubser says:

      Hallo Sophia,

      ek is steeds op soek na die Erflating. Die ander boeke het ek al almal gelees. Kon jy bevestig by jou uitgewer of hulle dit weer gaan publiseer met ‘n nuwe voorblad?

  19. Sophia says:

    Hallo Marinda!
    Ek is nie seker wat LAPA besluit het oor Die erflating nie, maar die laaste wat ek gehoor het, is dat die drie susters se stories volgende jaar met ‘n nuwe omslag uitgegee gaan word. Sal by my uitgewer bevestig en laat weet.
    Die mense van Ooreenkoms is al bietjie ver weg uit my kop uit, maar ek is op die oomblik besig met Tessa van Die verhuising se storie. Is regtig mal oor haar en het besluit ek moet vir haar ‘n ordentlike man kry!
    Groetnis

    S

  20. Marinda Loubser says:

    Hallo Sophia,

    ek het Die Ooreenkoms baie geniet! Gaan daar dalk ‘n opvolg wees met Antoinette se storie? Dit sal lekker wees om weer met die karakters te ontmoet.

    Marinda

  21. Marinda Loubser says:

    Hallo Sophia,

    Lapa uitgewers het laat weet dat Die Erflating uit druk is en nie weer gedruk sal word nie. Hoekom? Hoe kry ek nou die boek in die hande?
    Groete Marinda

  22. Marinda Loubser says:

    Hallo Sophia, ek sukkel om die boeke Die Erflating en Waar die hart is te kry. Ek het al by meeste boekwinkels en Kalahari en Loot gesoek. Waar kan ek dit in die nade kry?
    Groete
    Marinda

  23. Sophia says:

    Hallo Christelle. Ek weet nie waar die verkope van die eerste drie boeke trek nie. Skakel met LAPA by http://www.lapa.co.za om te hoor. Iemand anders wat ook gesukkel het, het die boeke uiteindelik deur Bargain Books in die hande gekry.

    S

  24. Riana says:

    Hallo Sophia, dankie, dankie vir jou wonderlike skryfstyl! Jou boeke is van so ‘n aard dat ek dit eenvoudig net nie kan neersit nie. Ek het jou in Heidelberg by Laer Volkskool ontmoet en wat ‘n wonderlike ervaring! Jy is voorwaar talentvol. Ek kan nie wag vir jou volgende boek nie, ek kyk uit daarvoor!

    Groete
    Riana

  25. Sophia says:

    Dankie, Karin! Jy sal Lambert en Danelle weer ontmoet in die boek waaraan ek nou werk. Dis eintlik Tessa se storie, maar dit is al ‘n hele rukkie later en Lambert en Danelle is dan reeds ‘n paar jaar getroud. Wittebrood is dan verby en die realiteit vat so ‘n bietjie aan hulle ook. As alles volgens plan verloop, sal hy volgende jaar verskyn. Intussen verskyn Huis van die Wind DV in Oktober van hierdie jaar.
    Groete
    S

  26. Karin Coetser says:

    Hi Sophia,

    ek het sopas Die Verhuising klaar gelees. Was soms lekker in trane omdat dit wat Danelle ervaar het met haar Ma se probleme my baie geraak het. Sal graag later wou hoor wat verder met haar en Lambert gebeur het, hulle was nog so jonk, die lewe loop soms maar vreemde draaie met ‘n mens.
    Ek geniet jou boeke omdat die mense werklik is, mens voel hulle wroegings en vreugde.
    Kan nie wag vir die volgende een nie.
    Groete

  27. Lis-marie says:

    Ek is n groentjie as die kom by skryf

    Ek het al n paar boeke geskryf ,maar nog nooit uit gegee nie

    My familie en vriende sê ek het wat dit vat om dit ver te maak ,maar ek kan nie help om te wonder of hulle dit net sê om my beter te laat voel nie,want elke keer as ek n storie klaar geskryf het voel dit vir my dit is nie goed genoeg nie

    So ek wil graag weet wat dit vat om n goeie skryfster te word

    Lis -marie

    • Sophia says:

      Hallo Lis-Marie, sien nou eers jou boodskap. As jy regtig ernstig is, kom woon die lenteskool op Potch by (eerste week van September). Bel vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783 vir meer besonderhede. Groete

  28. Mariana Venter says:

    Sophia, jy sal nie glo hoeveel nie-lesende mense het jy aan die lees gekry nie, jou boek is n fees. Ek is werksaam by die Kuruman biblioteek en die lesers kan nie wag dat n volgende boek moet verskyn nie, Ons het al pannekoek gebak om geld in te samel om van jou boeke aan te koop. Wat is die moontlikheid dat jy ons biblioteek in die Noord-Kaap kan kom besoek en wat is jou tarief.
    Groete
    Mariana

    • Sophia says:

      Hallo Mariana

      Baie dankie vir die heerlike woorde. Jy maak sommer my dag – vanmiddag gaan ek weer met nuwe ywer aan my storie werk. Ek sal met groot liefde en entoesiasme julle bib besoek, as julle my kan haak met brandstofgeld en vir my plakplek organiseer. Sal heerlik wees om julle dorp te besoek – ek was laas daar toe ek nog op skool was, en toe was dit in die middel van die nag toe ons op pad was Nam toe om die Vis te stap. Dink dis tyd…

  29. Sienie says:

    Sophia, ek kan met alle eerlikheid se ek het elk en iedereen van jou boeke geniet. Elke storie en karakters is mos wat hulle is en so het ek elke boek beleef. Wat ‘n voorreg om ‘n mensie wat saam met my op skool was en in die berge mee gestap het, se boeke te lees. Ek is voorwaar trots op jou as ‘n oud Dirkie Uyser. Ek kan nie wag vir ‘n nuwe boek nie.

  30. Melanie says:

    Hi,
    Ek het Desember in Grootbrakrivier biblioteek (van alle plekke) die eerste keer een van jou boeke, Die Tuiskoms, gelees en ek was ‘n instant verslaafde!!! Ek het instussen al jou boeke gekoop en verslind. Ek sukkel nog net om Die Verhuising in die hande te kry, hy is uitverkoop in elke boekwinkel in die Vaaldriehoek en ek wil hom nie oor die internet bestel nie want ek is bang ek loop hom raak terwyl ek vir aflewering wag, dus soek ek moedig voort.
    Moenie te veel tyd op die blog spandeer nie want dit meng in met belangrike skryf tyd en ons wag in spanning 🙂

  31. Elizabeth says:

    Hi Sohia
    Ek het nou net Die Verhuising klaar gelees , ai die boek het aan my siel geraak. Mens is sommer hartseer vir Danelle , dankie tog vir die 3 anker persone in haar lewe . Jy skryf fantasties .

    • Sophia says:

      Dankie, Elizabeth. En ja, Danelle het maar ‘n moeilike pad om te stap. Dis hoekom dit so lekker was om vir haar ‘n “ordentlike” man uit te soek!

      S

      • Ansie says:

        Hallo Sophia . Ek is absoluut mal oor jou boeke en het almal al ‘n paar keer gelees. Jy is definitief my gunsteling skrywer. Wil graag weet wanneer daar weer ‘n nuwe boek van jou verskyn?

        • cliffordenen says:

          Goeie dag Ansie

          Sophia is hard aan die skryf aan haar volgende roman. Ek is self ‘n aanhanger en kan nie wag nie. Die boek word vir die eerste helfte van 2016 beplan. Groete

  32. Tania Theron says:

    Sophia, mens leer alles by mens se MA – My is 73 en het 3 dae gelede vir my een van jou boeke gegee – en ek is “gehoek – line and gesinker.” Nodeloos om te se dat elke Sophia Kapp boek in Edenvale, gaan die naweek opgekoop word! Ek lees vir jare net Engelse romans omdat (ek so gedink het) hulle meer in tret is maar ek was verkeerd!

    Jou boeke is eerlik, en in tret met die werklikheid en kom ons wees eerlik – die krutaal maak dit “real”…Ek is jammer dit gee ander aanstoot vir my is jou boeke ‘n nuwe openbaring, lees is my tonikum om weg te kom van die krississe by die werk, die stres en spanning van elke dag en nou met jou boeke het ek op ‘n spa afgekom – heerlik baie dankie Sophia en byvoorbaat sterkte met die volgende boek!!

  33. Amanda du Plessis says:

    Ek het so pas Die Erflating klaar gelees. Ek dreig al baie lank om van jou boeke te lees, het nou onlangs eers die ene aangeskaf. Moet sê ek gaan nou baie dringend die ander moet aanskaf. Ek het lanklaas `n Afrikaanse boek so geniet, ek lees in elk geval meestal net Afrikaans. Jy maak my sommer lus om ook te begin skryf, wens net ek het geweet hoe. Dankie dat jy jou talent met ons deel. Groete

  34. Sophia says:

    Hallo Anel
    Ek hoor wat jy sê en ek respekteer jou mening hieroor ten volle. Jy mag van boeke hou of nie daarvan hou nie en jy mag op grond daarvan aanbevelings maak of nie.
    Maar t.o.v. hierdie spesifieke kwessie moet jy twee goed onthou:
    1) Dialoog is deel van karakterisering. ‘n Skrywer wat eerlik is oor karakters, laat hulle toe om te wees wie en wat hulle is, al is dit nie aldag ewe “aanvaarbaar” nie. Ek het die studente geskryf soos wat ek hulle daagliks sien en ervaar. (Eintlik is hulle baie erger as wat ek hulle geskryf het – jy moet hoor hoe klink die manne wat langs my woon as hulle in die nanag dronkverdriet kry!) As jy terugdink aan die storie sal jy onthou dat nie al die karakters kru taal gebruik nie – daar is sekeres wat dit doen (Tessa, Wessel, by geleentheid Danelle) en sekeres wat dit nie doen nie (Christine, Lambert). In die manuskrip wat ek pas klaargemaak het, vloek niemand, omdat dit ander soort mense binne ‘n heel ander milieu is. Die kru taal is met ander woorde nie iets wat daar is omdat ek ‘n behoefte het om dit te skryf nie, maar omdat die karakters in my stories kartonmense gaan word as ek vir hulle wil voorskryf hoe om op te tree.
    2) Romantiese fiksie (soos enige ander fiksie) is vermaak, nie ‘n handboek oor sosiale etiket nie. As die storie en die mense daarin eerlik geskryf word, is dit onvermydelik dat daar iewers iemand gaan wees wat iets gaan doen wat lesers dwars in die krop kan steek. En om op die voorblad ‘n waarskuwing te sit? Ek weet darem nie – ek kan nie voorspel wie deur watter elemente van my stories geaffronteer gaan word nie. Jy is byvoorbeeld die eerste persoon wat kla oor die boek – die ander reaksies (en ek het al baie gehad) was almal net positief.
    Nou ja, daar is my stuiwer vir wat dit werd is. As jy dit kan regkry om my vir hierdie een te vergewe, sal die volgende een dalk weer aanklank vind.
    Groete
    S

  35. anel says:

    Beste Sophia,

    Daar is nog nie ‘n boek van jou wat ek, my ma en 3 susters nog nie gekoop en gelees het nie!! Ons het vreeslik uitgesien na “Die Verhuising” en het Lapa Uitgewers kort kort gebel om te hoor wanneer dit vrygestel sou word – ons kon letterlik nie wag nie!!! Groot was ons terleurstelling egter oor die kru taalgebruik. Hoekom so ‘n goeie storie bederf met vuil taal? Ons taal het soveel beskrywende woorde om ‘n boodskap oor te dra dat dit volgens my beskeie mening heeltemal onnodig was. Die vuil taal kan nie vereenselwig word met ‘n Christen nie en daarom sal ek nie die boek met vrymoedigheid kan aanbeveel nie. Voorstel – waarsku asb volgende keer op die voorblad dat taalgebruik aanstoot mag gee.

    Groete
    Anel

  36. Alwyna Holtzhausen says:

    Ai, hoe heerlik was dit tog nie om weer terug te wees in Potch nie! Ek kon ‘Die Verhuising’ nie neersit nie! Uitstekend. Ek was skoon jaloers op Danelle en het weer onder die akkerbome geloop…en onthou van die bloureen wat in die lente hoog in die bome gerank het…en die ‘geel’ jakarandabome wat altyd in die eksamen geblom het.
    Ek het nog nie een van jou boeke gemis nie. Is tog altyd op soek na ‘n Afrikaanse skrywer wat nie net ‘koek en tee boeke’ skryf nie maar iets om die lyf het wat ‘n mens saam met jou kan dra. Jy val in my kategorie van Helene de Kock, Marzanne le Roux en Eleanor Baker. Sien uit na die volgende. Groete, Alwyna

  37. Tracy-Lee says:

    Sophia ek is tans besig met die laaste boek in die Malan-susters-trilogie en het hierdie reeks uitsonderlik geniet. Die storie is so mooi inmekaar geweef, ek kan die boeke nie neersit nie. Ek wens net ek kon ‘n kykie in Charl se lewe kry – hoe hy voel en wat hy ervaar.
    Baie dankie ek kan nie wag om die ander boeke te lees nie.

    • Sophia says:

      Hallo Tracy-Lee
      Dankie vir die mooi kompliment. En wat Charl betref … hy is so ‘n privaat ou dat ek self bang was om in sy gemoed te gaan rondkrap! In die eerste drie boeke het ek net die heldinne laat fokaliseer. Dis die tradisionele manier om dit te doen, en ek was ‘n bietjie bang om reg aan die begin te eksperimenteer met ander fokaliseringsbeurte. Maar ek het later, in Die Ooreenkoms, wel die held laat fokaliseer, en dit het vir daardie storie goed gewerk. Noudat ek weet ek kan, is ek ‘n bietjie meer ondernemend!
      Groetnis
      S

  38. Magdaleen Walters says:

    Ek was so ‘n week en ‘n bietjie in Port Elizabeth, toe ek die oggend ‘n baie ontstellende oproep gekry het van iemand wat my baie na aan die hart lê. dit was ‘n kwessie van wag om te hoor wat die uitslag van sekere toetse is. (Ek en manlief het daardie oggend die pad terug Gauteng gevat, in ‘n vragmotor waarin ek genadiglik lees sonder om karsiek te word.) My gedagtes was só ontsteld dat ek gewens het ek kon hulle uithaal en weggooi. En toe trek ek Die Ooreenkoms uit my boekesak uit en ek praat met jou. Sophia, sê ek toe, Vandag sal jy moet uithaal en wýs, suster, om my uit die groendakkies te hou, want as ek moet sit en dink vir twee dae aaneen, is dit verby met my! En toe begin ek lees. En lees, en lees. Tot by die huis. Nou ja, ek’s toe darem nie groendakkies toe nie, want jou storie het my weggevat uit my gedagtes na iemand anders s’n. En ek het deurentyd geweet dáár gaan ek ‘n gelukkige einde beleef. Dankie, daarvoor.

    • Sophia says:

      Sjoe, ek het nou hoendervleis! Dankie vir die possie, ek waardeer. En ek is bly as ek kon help om ‘n krisis op sy plek te hou.

  39. Marie-Louise says:

    Agge nee, Sophia, man! Saterdagaand staan ek en my meisiekind in Exclusive Books (skelmpies, Pa dink ons is veilig tuis na die rugby en het geen idee dat ons na donker in die boekwinkels rondflenter nie!) en hier kom ek op Verhuising af. Dis amper die einde van die maand, die koskaste begin leeg lyk, maar hoe kon ek dit weerstaan? Moes opsluit maar die geldjies uithaal en betaal. Gelukkig ‘n lekker dik boek, dink ek toe by myself, ek sal darem ‘n hele paar dae se leesgenot hieruit kry… Moenie glo nie! Ek het Verhuising dieselfde aand nog in een sitting verslind! Ek’s mal oor jou boeke, skryf asseblief vinnig nog! Dit was vir my wonderlik hoe goed jy in Danelle se studente-vel kon inklim – sy was ‘n oortuigende karakter. Waarskynlik veral omdat jy haar toegelaat het om haar foute te begaan, dit maak haar meer menslik. Ek het Ooreenkoms net so geniet: jou karakters is nie eensydige kartonfigure nie, maar gekompliseerde mense met vele fasette. Daardie boek het my geinspireer, dankie!

    • Sophia says:

      Onthou, dis jou reg om jouself te bederf, nè? Dis jou beloning vir al daardie ure se kosmaak en skoonmaak en rondry agter balletklas en skoolkoor en rugbyoefening en tandartse en partytjies en maatjies aan. Lees gerus en geniet!

  40. Suzie Combrinck says:

    Dankie vir pragtige boeke, ek het by die laaste een begin en dit toe so geniet dat ek dadelik vir my die ander gaan koop het (ek wou nie nog skrywers bymekaar maak nie) maar ek sit vandag met nog ‘n skrywer en nie vir een oomblik spyt daaroor nie. Ek het by Esme van LAPA verneem of jy nie “Die ooreenkoms” wil vertaal nie, (vir die wat nie Afrikaans lees nie) want ek dink dit het beslis die potensiaal om net so ‘n treffer te word as ‘n paar van die Engelse tydlose verhale. Hoop ons kry in die toekoms nog heelwat uit jou pen. (Die voordeel van nie getroud wees nie, is dat jy kan lees of skryf wanneer die gier jou pak of as slaaploosheid jou ry.)
    Groete,
    Suzie Combrinck

  41. Elsa du Toit says:

    Hello Sophia,ek het Die Ooreenkoms by my vriendin geleen en dit in een sessie deurgelees. Al my vriendinne daarvan vertel. Lekker verby!! Ek sien jy hou ook van Lavyrle Spencer se boeke, iets in dieselfde trant is Susan Elisabeth Phillips( Ain’t she sweet?/ This heart of mine / Fancy Pants).

    Ek sal beslis jou naam by my gunstelingskrywerslysie voeg.

    Hoekom is Afrikaanse boeke so duur???

    • Sophia says:

      Dankie, Elsa. Is Afrikaanse boeke duurder as ander? Ek dink nie so nie – Nora Roberts en Marian Keyes se boeke is deurlopend duurder as enigiets wat plaaslik gepubliseer word. Maar ek stem saam met jou – boeke is duur. Miskien is die e-boeke ding wat nou begin posvat ‘n beter opsie. Ons sal moet kyk hoe dit werk!

      • Amanda du Plessis says:

        Ek het nou nog nie die e-boek ding gedoen nie, maar ek dink ek sal maar bly boeke koop. Die vashou en reuk van `n nuwe boek gaan ek beslis nie ervaar met e-boeke nie. (Dis maar net my beskeie mening.) 🙂

  42. Helena says:

    Hi Sophia, ek het ook al al jou boeke gelees. Mal Daaroor. Kannie wag vir die volgende een nie. Hoop dit verskyn gou.

  43. annette moolman says:

    Sjoe, ek is skoon opgewonde om te weet jy is by NWU!! My dogter is 3e jaar Onderwys grondslagfase. Ek het die OOREENKOMS gelees, maar kon dit nie neersit nie. Ongelooflik!!! My oe is al seer gekyk soos wat ek soek na nog boeke van jou, oral waar ek kom kyk ek, was al selfs in Mooirivier Mall, maar tevergeefs. Waar kan ek nog van jou boeke kry?

    Baie bly om te sien jy skryf nog ‘n nuwe boek! Hoop om gou van jou te hoor!

    • Sophia says:

      Hallo Annette

      Baie dankie! Ek weet daar was van die boeke te koop by Protea en Van Schaik, maar ek weet nie of daar nog van hulle is nie. Jy kan hulle ook by LAPA bestel by http://www.lapa.co.za. ‘n Ander, baie nuttige webwerf waar ek al my boeke bestel, is http://www.loot.co.za. Hulle is regtig flink, goedkoop en betroubaar.

      Groete

  44. Susan Brand says:

    Hi Sophia

    Ek geniet jou boeke vreeslik. Jy is een van daardie skrywers as ek jou boeke begin lees kan jy dit nie neersit nie, ek hou nie op voor die boek nie klaar is nie. Ek moet nog een van jou boeke lees dan het ek almal gelees. Sal graag op hoogte gehou wil word van jou volgende boeke.

    Jy mag maar skryf. Voorspoed met jou nuwe boeke

    Susan

  45. Sonja says:

    Hi Sophia
    Eks mal oor jou boeke!! Kan nie wag vir die volgende een nie. Die Ooreenkoms het ek nou 3 keer gelees, dit bly maar net ‘n mooi verhaal.

  46. Bets Smith says:

    Hi daar Sophia!

    Ek, (56) my ma (80) en my dogter (24) geniet almal jou boeke. As ek maar so kon skryf, tree ek môre uit die onderwys af en sit heeldag op my stoep en skryf! Maar nou-ja, dan sal ek ook van liefde en koue water moet leef.

    Voorspoed met jou nuwe roman.
    Bets

  47. Madelie Human says:

    Sophia, ek is een van jou grootste fans. Jy stel vir ons ‘n ongelooflike standaard om na te streef, veral die wannabe’s soos ekke.

    ‘Die Ooreenkoms’ is my gunsteling. Die vinnige pas van die verhaal waar die een toneel natuurlik oorvloei in die volgende was wat my die meeste beïndruk het. Hoe kry jy dit reg om sulke boeke te skryf en nog voltyds te werk en ma te wees ook?

    Terloops, ek wil ook volgende keer mooi en dom wees. LOL!

    • Sophia Kapp says:

      Dankie Madelie! Ek het eintlik begin skryf bloot omdat dit vir my lekker is en al die aandag het my net so effentjies onkant betrap. Maar jy sal weet hoe lekker dit is as iemand vir jou sê hulle het jou storie geniet. Dis daar waar ‘n ou se eintlike inspirasie lê.

      Ja, die tyd is mos maar altyd die kwessie. Maar jy moet onthou, ek hoef nie ‘n man gelukkig te hou nie, dis net ek en my kind. Ek kan saans my ou, vrot sweetpak aantrek en saam met my kat, my kind en my laptop in die bed klim en werk. Niemand gaan my daaroor kwalik neem nie en ek hoef nie skuldig te voel omdat ek vir ure lank met niemand praat nie.

      Ek het vroeg reeds besef ek sal elke dag aan my storie moet werk, selfs op die dae wat ek te moeg is om regtig goeie werk te lewer. Op sulke dae redigeer ek aan dele wat ek reeds geskryf het, al is dit net ‘n paragraaf. Dit beteken dat ek op die vrugbare tye net kan wegval en skryf omdat die verfyning en “tweaking” reeds afgehandel is. Terloops, een van my manlike kollegas vertel anderdag vir my hoe hard hy gewerk het aan ‘n ding. Vir drie maande, sê hy vir my met sulke ernstige oë, het hy elke dag van agt tot agt aan hierdie projek gewerk. Ek het simpatieke geluide gemaak en in my agterkop gedink: agt tot agt? Ek werk elke dag van half agt soggens tot elfuur snags en het nog nooit gedink dit maak my bejammerenswaardig nie. En boonop het ek nie ‘n vrou wat vir my kos maak en tee aandra nie, ek moet dit self doen! Mmm.

      Sterkte vir die liefdesroman waarmee jy besig is. Dis eintlik nie soveel anders as ‘n romanza nie, dis net ‘n meer verwikkelde storie met meer karakters. Jy kan meer maak van die omgewing, van almal se geskiedenisse, van emosionele bagasie, van onderstrominge. Die grootste geheim van ‘n goeie liefdesroman is dat jy ‘n lekker sterk bron van konflik tussen die twee hoofkarakters moet kry. As jy boonop persoonlikheidsverskille tussen die twee skep, het jy ‘n wenner!

      Lekker skryf!

      S

      • Sonnet Gouws says:

        Hi Sophia, ek probeer uitvind watter boeke (boek) eerste in jou Verhuising / Driehoek reeks is asb? Ek weet dit is eerste die Verhuising, en dan die Driehoek, maar is daar ‘n boek voor die Verhuising? En die Tuiskoms, is dit ‘n verhaal op sy eie , of ook deel van ‘n reeks asb?

  48. Naomi Eloff says:

    Ek is mal oor jou boeke! Jy inspireer my. Ek het jou lesing verlede jaar by die skryfskool op Potch baie geniet. O ja, en toe vergeet ek dat jy my kopie van Die Tuiskoms teken!

    • Sophia Kapp says:

      Dankie, Naomi. Toemaar, wat. Ek is seker ons sal mekaar iewers raakloop, dan teken ek vir jou. Die wêreld is nou ook nie so groot nie.

      S

      • Tanja says:

        goeie dag sophia’
        ek eht al jou boeke gekoop en gelees. is gaande oor jou skyf werk, wanneer kry ons jou nuwe boek?? kan nie wag nie!! hoekom skryf jy so min?

        die Here seen jou!

        • Sophia says:

          Dankie, Tanja! Die verhuising word DV in Oktober uitgegee. Die meeste van ons wat in Afrikaans skryf, skryf deeltyds omdat ons die pot op ander maniere aan die kook moet hou. Dit veroorsaak natuurlik dat ons by net een boek ‘n jaar uitkom. Hartseer, nè?

Leave a reply to Joey van Bosch Cancel reply