Marilé Cloete

Marilé Cloete is die skrywersnaam van Alta Cloete, ‘n boorling van die Roggeveld wat in die Boland wortel geskiet het. Daar deel sy haar lewe met haar eie drie helde, ‘n lieftallige Duitse herdershond en ‘n verskeidenheid voëls. Na verskillende lewensfases as bibliotekaresse, voltydse ma en skrywer van tydskrifverhale, preprimere juffrou en skoolbibliotekaresse gee die lee nes haar nou meer tyd vir skryfwerk as tevore. Sy is ‘n ongeneeslike romantikus wat hardkoppig in die liefde bly glo. Sy beskou lees as die enigste heilsame vorm van verslawing – dit maak nie vet of dronk nie, takel nie jou liggaam af nie, breek jou nie finansieel nie en gee jou ‘n eie binnelewe wat niemand van jou kan wegneem nie.
As jy vir Marile baie gelukkig wil maak (al weet sy dit nie eens nie!) moet jy LEES – en verkieslik AFRIKAANS lees. En dan moet jy jou deeltjie doen om gesprekke aan te wakker oor wat jy gelees het – op Litnet, op facebook by haar groep KOM ONS LEES WEER AFRIKAANS!, en natuurlik hier op ons blog.
En as jy haar BAIE gelukkig wil maak, moet jy jou deeltjie doen om ontspanningslektuur uit die kas te help klim – die dae toe dit ‘n skande was om in Afrikaans enigiets anders as letterkunde te lees, is genadiglik tog aan die verbygaan. Maar skrywers van veral liefdesverhale het die hulp van hul lesers nodig – ondersteun ons, asseblief! En ondersteun ons openlik!

Lank lewe die liefde!

DANS MET MY is die verhaal van Bella en Simon wat saam in ‘n romantiese ou volstruispaleis beland. Bella is op besoek aan haar studieleier. En Simon? Wie sal weet?

KLEIN KLIPPIE VER GOOI speel af in die skadu van die Afrikaanse Taalmonument. Rocco is ‘n veearts wat spesialiseer in voels. En Rochelle het ‘n fobie …

RITME VAN DIE HART speel in enige woelige laerskool af. En gooi ‘n draai op die dorp waar die sterre die helderste skyn.

Die volgende boeke vorm ‘n reeks en het ook ‘n verband met KLEIN KLIPPIE VER GOOI:

MAN VAN MIN WOORDE – dis Henri. Vir hom is sy honde en sy rekenaars genoeg.
Maar toe lui Francesca sy deurklokkie …

MAN MET ‘N MISSIE – Loekie is jonk en hy’s vinnig. En hierdie missie gaan tyd neem. En geduld – iets wat hy nog nooit gehad het nie. Maar vir Mignon kan ‘n man maar ‘n toegewing maak.


MAN VAN VAN SY WOORD – Twintig jaar gelede het Lourens gesê hy gaan terugkom. En hy het sy oomblik goed gekies.

LIEDJIE VIR JOU – ‘n Man met ‘n kitaar en ‘n vrou met ‘n stem … En die lieflike Noorweë …

WAAR SY HOORT – Australië was nie vir Anneke of vir Adriaan die oplossing nie.  Op die sitplek tussen hulle wip Anneke se klein Thomas in afwagting rond. By die huis wag Adriaan se klein Patti. En dan is daar Petunia …

31 thoughts on “Marilé Cloete

  1. Ronelle says:

    Alta
    Ek het nou eers RITME VAN DIE HART in ons bib gekry. Die storie het sommer van die begin af lekker gelees. Dankie vir jou raak beskrywing van die karakters.
    Sterkte met waarmee jy nou besig is!

  2. theaholland says:

    Ek het nou die dag jou heel eerste Romanza in die biblioteek raakgeloop (“Dans met my”) en baie lekker gelees. Jy het seker al skoon daarvan vergeet met al die boeke wat daarop gevolg het. My suster het dit ook gelees, en sy stuur haar kompliment met my saam!

  3. Ronelle says:

    Dankie Alta, vir LIEDJIE VIR JOU. Dit was vir my lekker om in ‘n wêrelddeel te gaan ‘kuier’ waar ek nog nie was nie. Dankie dat jy jou karakters so kies dat ek as leser my met veral die heldin kan vereenselwig. Ek hoop dat ons gou hier in die boendoes vir GEUR VAN GENADE in die bib te lese gaan kry!
    Lekker skryf!

    • Marile Cloete says:

      Ek is bly as jy dit geniet het, Ronelle! Geur le my baie na aan die hart – laat weet asb wat jy dink wanneer jy dit gelees het. Geur van vergifnis is intussen aanvaar vir publikasie in Maart 2011.

  4. Suzie Combrinck says:

    Dankie vir Geur van genade, ek het dit pas klaar gelees en dit was een van daardie WOW-boeke. Jy mag maar weer sulke boeke skryf. Snaaks genoeg, ek het ‘n vermoede gehad van Mariaan. Maar jy kon my met ‘n stokkie omtik om te lees dat Lana klein Herman so in haar arms en hart ingeneem het, maar dit moes nie so verrassend gewees het nie aangesien sy haar sienswyse en lewenswyse verander het en toe plek gemaak het vir meer as haar suster en swaer en Mariaan. Ek sien uit na nog sulke boeke.

    • Marile Cloete says:

      Ek is baie bly as jy dit geniet het, Suzie. Ek is besig met die finale afronding van Geur van vergifnis en hoop om binnekort te weet wanneer dit sal verskyn.

  5. Suzie Combrinck says:

    Dankie vir Liedjie vir jou. Wanneer jy seerkry, doen jy een van twee dinge: jy maak soos ‘n wilde dier; byt of krap of jy trek terug. Jy het dit goed reggekry om daardie terugtrek te beskryf asook die herlewing nadat die seerkry verwerk is. Dankie ook vir die beskrywing van ‘n land wat nie almal kan gaan sien nie en as jy dit kan doen, kan jy nie die twee seisoen albei in een “vakansie” sien of beleef nie. Ek sien uit na nog boeke van jou op my boekrak.

    • Marile Cloete says:

      Ek is bly jy het dit geniet, Suzie – ek is juis weer in die Noorde en hoop daar peul weer erens ‘n storie uit!

  6. anngert says:

    Geluk met GEUR VAN GENADE, Alta. Die titel klink diep en ernstig. Ek sal dit graag wil lees om ook te sien of jou skryfstyl hier anders is as in die Romanzas. Ek hoop ons bib. gaan dit kry. Ek het vandag DIE BOEK VAN ESTER daar gekry en sal jou laat weet wat ek daarvan dink sodra ek dit klaar gelees het.

    Geniet jou skryfwerk, jou lesers geniet die lees daarvan.

    • Marile Cloete says:

      Dit sal lekker wees om jou mening te hoor, Annetjie – en dit darem van ‘n bekende! Ons moet maar oefen op mekaar …
      GEUR is ‘n ernstige storie, maar daar is ook humor in. En baie hoop …

  7. Dina Botha says:

    Hi Ek hoor graag wat jy van Liefste Willemientjie dink. Dit was my eerste ( en ek dink – enigste) verhaal wat op ‘n plaas afspeel. Ek was nog redelik nuut in die bedryf en onseker oor hoe om ‘n hele klomp karakters in een storie te gebruik sonder om die fokus van die held en heldin weg te neem.

  8. Marile Cloete says:

    Dis lekker om te hoor – as ek vroue ‘n bietjie kan laat droom en baie kan laat lag, is alles die moeite werd!

  9. Andrea Strydom says:

    Alta, ek geniet jou boeke regtig baie. Dae nadat ek ‘n boek klaar gemaak het, is die karakters nogsteeds met my. Ek lag ook altyd lekker wanneer ek jou boeke lees. Moet nooit ophou skryf nie!!

  10. Karin Combrinck says:

    Alta, jy het ‘n baie lekker skryfstyl en skryf eerlik en geloofwaardig – iets wat vir my baie belangrik is. Mens voel jy lees van ware mense en nie bloot van “poppe” nie. Mooi so, doet so voort!

    • Marile Cloete says:

      Dankie, Karin, ek waardeer dit! Dis vir my baie belangrik dat my karakters geloofwaardige mense moet wees – die dae toe helde en heldinne volmaakte mooi mense sonder enige foute was, is gelukkig verby. Natuurlik moet hul aantreklik, ens wees, maar steeds feilbare mense met tekortkominge en al.

    • Marile Cloete says:

      KLEIN KLIPPIE was my boek wat die heel swakste verkoop het. Ek het nie ‘n idee hoekom nie, behalwe dat die titel miskien nie romanties genoeg is nie.

  11. Marile Cloete says:

    Die karakters begin vir my ook behoorlik soos familie voel as ek hul storie verder kan neem. Onthou, daar is nog ‘n MAN VAN SY WOORD ook, wat Bianca se verhaal vertel.
    Die een waarmee ek nou besig is, is nie ‘n direkte vervolg op die MAN-boeke nie, maar hou ook verband met van daardie mense.

  12. Arien Lubbe says:

    Ek het gehou van die konnektasie tussen ‘Man van min woorde’ en ‘Man met ‘n missie’. Dis asof ek myself net meer in die storie kon inleef omdat ek reeds die een kant van die verhaal ken.

    • Marile Cloete says:

      Annetjie, ek dink heelwat van daai waagmoed is wat ekself GEWENS het ek het gehad toe ek in die onderwys was!

  13. Madelie Human says:

    “Klein klippie ver gooi” was die eerste boek van Marile wat ek gelees het. Sommer van die eerste toneel af het sy my lesershart gesteel. Ek het gedink dat die keuse van die held en heldin se name, Rocco, wat rots beteken en Rochelle wat,ek dink, klein klippie beteken, was baie skerp en dan speel die storie boonop in die skadu van die Paarlrots af!

    • Marile Cloete says:

      Dankie, Madelie! Dit bring ons by die keuse van name van karakters – wat self ‘n kopseer kan wees. Iets wat ons gerus op die Skrywersblog kan bespreek.
      Dis vir my ‘n frustrasie dat ek werklik nog nie EEN van jou boeke hier in die verre Suide kon opspoor nie!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s