Marijke Greeff

 

Marijke Greeff (Agter maskers)

Marijke Greeff is in Middelburg, Kaap gebore, maar het in die Vrystaat skoolgegaan. Aan die ou Potchefstroomse Universiteit het sy biblioteekkunde geswot. Sy het as streeksbibliotekaris op De Aar begin werk, maar ná ‘n draai in Bothaville, Kimberley, Potchefstroom en Kroonstad, is sy terug in haar geliefde De Aar. Sy werk deesdae by Eskom en skryf deeltyds. Marijke is mal oor die winter, lees, skryf en die Karoo.

Ek is mal oor lees en veral romanses. Vir my is ‘n ideale ‘afdag’ om in die bed te bly met ‘n lekker boek en nie op te staan voordat ek die laaste bladsy gelees het nie. My gunsteling skrywers is Judith McNaught, Nora Roberts, JD Robb, Deon Meyer, Chanette Paul, Sophia Kapp en Mari Roberts.

Kom kuier saam met Marijke op haar Facebook-blad: https://www.facebook.com/marijkegreeff12/

Titels uit my pen is:

  • Onwillig verlief
  • Agter maskers
  • Soleil en die sakeman
  • Vry om lief te hê
  • Tweede lente
    Esmeralde
    Na hoër hoogtes
    Diagnose van die hart
    Bittersoet begeerte
    Formule liefde
    En die grootste hiervan
    Een keer in ‘n leeftyd
    Sewentig maal sewe
    Vinkel en koljander
    Seerower vir Shakira
    Markies vir Melesinda
    Sewe beloftes
    Zeza en die Prins
    ‘n Ongewone meisie
    Skoonlief en die dirigent

51 thoughts on “Marijke Greeff

  1. Marietjie Fritz says:

    More Marijke, ek is opsoek na twee van jou boeke wat jy vroeer jare geskryf het, Seerower vir Shakira en Markies vir Melesinda, ek het dit gelees saam my suster en was mal daaroor maar kry nerens die boeke in die winkels nie, is daar nie enige ander manier wat mens die twee in die hande kan kry nie? Groete Marietjie

    • Marijke Greeff says:

      Marietjie,
      Sover ek weet, is albei daardie boeke al uit druk. Albei is egter beskikbaar as e-boeke, maar as jy soos ek is en ‘n boek in jou hande wil hou, stel ek voor jy hou tweedehandse boekwinkels dop. Dis al waar ek kan dink dit nou nog kan uitpop.
      Groete.
      Marijke

    • liezl beukes says:

      Goeie more Marijke
      Wil graag hoor of jy enige boeke wat jy geskryf het , oorhet om oor te koop. Asb.
      Is al vir lank opsoek na jou skryfwerk. Moeilik om in die hande te kry.
      Asb asb moenie ophou skryf nie

      • Marijke Greeff says:

        Liezl,

        Ek dink daar is op die oomblik twee by Lapa Uitgewers beskikbaar:

        Agter Maskers
        Onwilllig verlief – Omnibus.

        Hoop jy kom reg.

        Groete.
        Marijke

  2. Marijke Greeff says:

    Baie dankie, Linda. Jy maak my week! Ek is baie bly jy het die boek geniet. Dit is een van my persoonlike gunstelinge.

  3. Linda Joubert says:

    Ek het sopas Sewe Beloftes klaar gelees en was mal daaroor!!! Dis die beste Romanza boek wat ek nog gelees het! Baie goeie skryfstyl.

  4. Marijke Greeff says:

    Sjoe, Annika, ek wens ek kon jou help. Ek het self net ‘n enkele kopie van Vinkel en Koljander. Ek glo nie die boek is meer in druk nie. Al wat ek kan voorstel, is dat jy tweedehandse boekwinkels dophou. Hoop jy kom reg.

  5. Annika says:

    Hallo Marijke. Ek geniet jou boeke vreeslik baie. Ek wil hoor of jy my dalk kan help – ek kry die boek nêrens te koop nie. My worshondjie het my boek “Vinkel en Koljander” in die pote/bek gekry, en nou is daar niks van my boek oor nie!!! Ek soek bitter graag ‘n ander kopie van die boek – ek is bereid om enige iets te betaal. Kan jy help?

  6. mariska says:

    Hello ek is vreeslik mal oor jou boeke..ek skryf ook graag stories en wil graag in daardie rigting gaan as ek klaar is met matriek,maar ek is nie seker watter kursus om te volg nie.Enige raad asseblief?

    • Marijke Greeff says:

      Mariska,

      Baie dankie. Ek is baie bly jy geniet my boeke. Ek is nie seker watter kursus jy moet volg nie. Ek weet die PUK (Noordwes Universiteit in Potchefstroom) bied ‘n kreatiewe skryfkuns kursus aan, maar weet glad nie wat dit behels nie. Ek dink jy kan hulle kontak vir navrae, hulle sal jou waarskynlik beter raad kan gee.

      Groete.
      Marijke

  7. Melloney says:

    Hello Marijke

    Grits, ek weet nie waar om te begin nie. Ek hoop nie u Neem aanstoot of dink ek is baie voorbarig nie. Ek is baie mal oor u boeke, hoe u die storie vertel. Ek het gedink dat ek AL u boeke gelees het, maar toe kom ek op die website, en kom ageter dat ek NOG NIE ALLES GELEES HET NIE. Ek soek orals nog van die boeke wat u al geskryf het,maar kon nie almal van hulle kry nie. Ek waag baie, maar wil graag van hierdie boeke kry?
    – Esmeralde
    Na hoër hoogtes
    En die grootste hiervan
    Sewentig maal sewe
    Ek wil n versameling daarvan maak. Omdat dit so goed is, hou ek daarvan om dit oor en oor te lees.
    Ek hoop Om van u te hoor

    Groete
    Melloney

    • Marijke Greeff says:

      Melloney,

      Ek dink die boeke waarna jy vra is uit druk. Esmeralde en Na hoër hoogtes het by Lapa verskyn en die ander twee by Tafelberg. Al wat ek kan voorstel is dat jy tweedehandse boekwinkels dophou vir die titels. Hoop jy kom reg. Baie dankie vir jou belangstelling. Dit is wonderlik vir ‘n skrywer om te hoor dat ‘n leser haar boeke geniet.
      Groete.
      Marijke

  8. Marijke Greeff says:

    Monique, jy laat my hart sommer smelt as jy sulke goed sê. Daar is niks lekkerder vir ‘n skrywer as ‘n leser hulle boeke geniet nie. My nuutste is nou op die rakke. Die titel is Soleil en die Sakeman. Probeer dit gerus. Lekker lees.

  9. monique says:

    Hello tannie!!* ek is monique en ek is 17 jaar oud…..ek het sowat 3 dae geleede n boek by my ouma gekry “bittersoet begeerte” en ek moet se…. My hart het gesmelt aand die boek…. Ek het die boek binne n dag gelees en ek kan nie ophou nie!!!!!!!!!!!! Ek het n tydskrif gekoop en daar was n klein boekie by….”Sewe beloftes” en my hart het gesmelt!!!!!!tannie is soooooooooooooo goed in wat tannie doen ek wil net meer en meer en meer lees… Ek moet eerlik wees ek is nie veel van n leser nie… Maar die 2 boeke het my n boek wurm gemaak! Ek wil graag by tannie hoor wat nog n “amazing” boek van tannie is…. // wat my hart sal smelt// tannie is my Hero!! Lekker daggie verder tannie asseblief laat weet tog gou! My hart kan nie meer wag nie!

  10. Marijke Greeff says:

    Wow Mariette! New York! Dit is seker ‘n belewenis. Ek is ‘n groot aanhanger van JD Robb se boeke en dit speel mos almal in New York af, wat my belangstelling so geprikkel het, dat dit een van die plekke is wat ek graag sal besoek, indien dit ooit moontlik sou wees. Ek is bly om te sê dat my nuutste boek DV in Augustus by Lapa verskyn en dat ek hard aan die werk is aan ‘n nuwe manuskrip. Groete hier uit sonnig Suid Afrika.

  11. Mariska says:

    Hi Marijke, ek is ‘n baie groot aanhanger van jou boeke, en het nog elke boek van jou so geniet dat ek dit nie kon neersit nie. Ek sukkel egter baie om van jou boeke in die hande te kry, soos Seerower vir Shakira, en Zeza en die prins, sal dit baie graag wil koop, as jy dalk weet waar ek dit nog kan bestel. Baie dankie dat jy jou wonderlike talent met ons deel 🙂

    • Marijke Greeff says:

      Dankie, Mariska, ek waardeer dit. Ek weet Seerower vir Shakira is tans net as e-boek beskikbaar ek weet nie of Zeza en die Prins nog beskikbaar is by Lapa nie, maar weet dit is ook nou ‘n e-boek. Probeer Lapa Uitgewers en hou maar tweedehandse boekwinkels ook dop.
      Groete.
      Marijke

  12. Mariette says:

    Hi Marijke, ek geniet jou boeke baie. Is daar enige moontlikheid dat meer van jou boeke as e-boeke kan verskyn? Selfs jou 2de handse boeke is moeilik verkrygbaar wat my laat vermoed dat jy baie gewild moet wees. Is daar enige ander plek waarvan jy weet waar ‘n mens van jou boeke kan kry, behalwe Kalahari en LAPA? Dankie by voorbaat.

    • Marijke Greeff says:

      Hi Mariette,
      Sjoe, ek weet nie watter titels almal al as e-boeke beskikbaar is nie en ek weet ook nie watter titels nog in die handel beskikbaar is nie. Lapa, Kalahari, Tafelberg en ek het al by Exclusive Books en CNA ook van die titels gesien. Ek het verlede jaar by die kersmark in ons dorp (De Aar) van my tweedehandse titels gesien. Ek het dit amper almal self gekoop!
      Baie dankie dat jy laat weet het dat jy my boeke geniet. Ek beleef ‘n moeilike tyd met my skryfwerk en hoop om vanjaar weer aan die gang te kom.
      Groete.
      Marijke

      • Mariette says:

        Baie dankie, Marijke! Ek hoop jy word opnuut geïnspireer in die nuwe jaar, want jy verskaf vir my wat hier in New York woon ure se leesgenot!

  13. Monika Bootha says:

    Hi Marijke,
    Ek moet se dat ek ‘n groot fan is en ‘n versamellaar van jou boeke! Ek kan nie wag vir die volgende boeke wat jy gaan skryf of hopelik besig is om te skryf. My eerste boek van jou was “Vry om lief te he”. Vir my is dit steeds die beste boek en ek soek my dood na een wat ek saam jou ander boeke soos trofee’s in my rak kan sit. Alles van die beste en hopelik vloei die skryf kanale vir jou weer!

    • marijkegreeff says:

      Baie dankie! Vry om lief te he was my heel eerste boek en le my steeds na aan die hart. Ek het weer begin skryf en is besig met ‘n storie. Dankie vir julle motivering en aanmoediging. Dit doen baie vir my moraal.
      Groete.
      Marijke

  14. Rina Bason says:

    Goeie Dag Marijke,

    Ek is versot op jou boeke. Ek lees ses romans ‘n week minimum. Ek weet nie hoe jy die doen nie, maar jou gehalte van jou boeke is ligjare bo die ander skrywers wie se werk ek lees. Ek het eerste ‘n Seerower vir Shakira gelees en toe heel toevallig vir myself Markies vir Melesinda gekoop, dit was baie lekker om uit te vind dat die boeke deel uitmaak van mekaar. Jou werk is baie inspireerend! Lekker dag Rina

    • marijkegreeff says:

      Baie dankie. Dit is wonderlik vir ‘n skrywer om te hoor. Het ‘n moeilike tyd met my skryfwerk beleef, maar het nou weer begin en hopelik is daar binnekort weer een oop die rak.
      Nogmaals dankie vir jou inspirerende woorde. Dit is werklik ‘n motivering.
      Groete.
      Marijke

  15. Monica Smit says:

    Marijke – ek het onlangs eers jou boeke begin lees en geniet elkeen. Waar kan ek “Seerower vir Shakira” kry. Ek het al die boekwinkel probeer en is tans net op ebooks beskikbaar. Sal sy weer herdruk word? Ek wil baie graag hierdie boek vir my koop.
    Groete
    Monica

  16. Magdaleen Walters says:

    Lekker vir my om van jou te hoor! Jitte, jong, De Aar is ver in die wêreld. Maar die ou lewe loop mos maar partykeer snaakse draaie met ‘n mens. Hoop julle is sommer baie gelukkig daar hoor! Sal my oë oophou vir iets nuuts van jou.

  17. Magdaleen Walters says:

    Marijke, ek het vreeslik uitgesien om jou te sien met ons Indaba en was erg teleurgesteld toe jy nie daar was nie. Hoop dit gaan nog goed? Wat is dit naam van jou heel nuutste boek? Het lanklaas iets van jou onder oë gehad.

    • Marijke says:

      Hi Magdaleen

      Ek wou graag Indaba toe gaan, maar was in De Aar. Ons trek die einde van die jaar terug soontoe. My man het reeds Junie daar begin. Ek het baie lanklaas iets geskryf. Het ‘n sabbatsjaar geneem. Is van plan om volgende jaar weer die rekenaar af te stof en aan te sit.

      Groete.

      Marijke

  18. Suzie Combrinck says:

    Sewe beloftes laat mens wonder of jy werklik besef watter beloftes jy afle wanneer jy trou of wanneer jy ‘n kind doop of selfs wanneer jy aangeneem word, dan praat ek nie van al die ander beloftes wat jy lukraak afle nie. Dit het my baie laat dink toe ek die boek gelees het en sal jy glo, weer herlees het.
    Groete,
    Suzie

  19. Anita Peacock says:

    More Marijke
    Eerstens wil ek net sê ek is mal oor jou Kaapse verhale, maar sukkel om een van jou boeke te kry wat uit druk is en hoop jy sal my asseblief kan help deur te sê waar ek die boek kan kry : Markies vir Melesinda

    Groete
    Anita

    • Marijke says:

      Hi Anita

      Baie dankie. Markies vir Melesinda is uit druk. Weet nie of Lapa dalk later ‘n herdruk beplan nie, maar op die oomblik sal ek voorstel dat jy maar tweedehandse boekwinkels dophou vir die spesifieke titel. Hoop jy kom reg.

      Groete.

      Marijke

  20. Suzie Combrinck says:

    Dankie vir ‘n pragtige versameling, en ek moet erken dat ek al jou boeke in my versameling het, ook die wat jy onder ‘n skuilnaam geskryf het. Ek geniet elke boek van jou maak nie saak in watter genre jy skryf nie. Die drie boeke van jou wat uitstaan is: Bittersoet begeerte, Tweede lente en Vry om lief te he. Dankie nogmaals en ek hou die Leserskring katalogus en LAPA se Romanzanuus dop vir nog van jou boeke.
    Suzie

    • Marijke says:

      Hi Suzie

      Baie dankie. Vir ‘n skrywer beteken dit verskriklik baie as ‘n leser haar boeke geniet. My persoonlike gunstelinge is Bittersoet Begeerte, Formuleliefde en Sewe Beloftes. Weet nie hoekom nie, voel net of ek ‘n vreeslike emosionele konnotasie met daardie spesifieke boeke het.

      Groete.
      Marijke

  21. doris draper says:

    Hi Marijke, wat is die situasie met ou Kaapse verhale? Ek het so manuskrip wat ek wil inhandig maar jou aanmerking dat Cecilia eers moet sien hoe dit vaar laat my twee keer dink? Doris

    • Marijke says:

      Doris

      Cecilia het gesê sy gaan nie meer Kaapse verhale publiseer nie. Dit verkoop nie so goed soos wat sy gehoop het nie. As jy nog inligting wil hê, stel ek voor jy praat met haar self.

      Groete.

      Marijke

  22. Jacqulize Louw says:

    Marijke, jy hoor seker elke keer die selfde storie oor hoe awesome jou boeke is, maar regtig waar, jou boek is net die beste ooit! Ek was nooit mal oor lees nie, en eendag besluit ek, ek gaan by die biblioteek aansluit en my suster se vir my om Seerower vir Shakira te lees. Skepties kyk ek na die boek en begin tog lees, en genade tog…. EK KON DIE BOEK NIE NEERSIT NIE!!!! Nou as ek by die bib kom, loop ek reguit na jou rakkie toe en soek ‘n boek!!!! Ek love jou manier van skryf en jy weet presies hoe om jou lesers te capture.. Ek kan nie wag vir die volgendes nie…

    • Marijke says:

      Jacqulize

      Baie dankie. Vir ‘n skrywer is dit ongelooflik om so iets te hoor, maak nie saak of jy dit een keer of ‘n honderd keer hoor nie! Ek is bly jy het Shakira geniet. Dit is een van my persoonlike gunstelinge.

      Hou aan lees, dit is vir ons wonderlik om te hoor.

      Groete.

      Marijke

      • Isabel says:

        Hallo Marijke,
        Sjoe! Jy is ‘n towenaar met woorde. Jy het so ‘n absolute gawe & talent! Wanneer ek my hande op een van jou boeke lê, weet ek sommer dat ek die volgende dag weer soos ‘n zombie by die werk gaan wees, want ek kan dit net nie neersit tot ek die heel laaste sinnetjie gelees het nie. Baie dankie dat jy jou talent met ons deel. Ek wil tog graag vra – ek probeer om “Een keer in ‘n leeftyd” vir my eie versameling aan te skaf – wat ‘n absolute amazing boek! Weet jy dalk waar ek nog ‘n kopie sal kan opspoor?

        Baie dankie ek kan nie wag vir die volgende titel nie
        Vriendelike Groete
        Isabel

        • Marijke says:

          Hi Isabel

          Baie dankie. Ongelukkig dink ek Een keer in ‘n leeftyd is uit druk. Ek stel voor dat jy die tweedehandse boekwinkels dophou vir die titel.

          Groete.

          Marijke

  23. Marijke says:

    Baie dankie, Mari, Madelie, Natasha en Arien.
    Julle sal self weet wat dit vir ‘n skrywer beteken as iemand haar boeke geniet. Ek het baie lanklaas geskryf. Verlede Desember het daar een by Tafelberg verskyn, maar dit was die begin van ‘n droogte. Het Lapa gevra om my voorlopig hierdie jaar eers van die publikasielys af te haal. Is ‘n malhuis by die werk en het ‘n bietjie persoonlike issues waardeur ek eers moet werk. Gaan ook DV Maart vir ‘n rukkie by my sus in Nederland kuier.
    Madelie, ek beplan om nog twee te skryf in dieselfde trant as Zeza, die een oor Zeza se broer as die held en die ander oor Tristan se sussie as die heldin. Dit sal egter eers moet wag vir die toekoms, Cecilia het ook gesê sy wil eers kyk hoe doen die Kaapse verhale voordat ek die groen lig gaan kry.
    Dankie vir julle ondersteuning.
    Groete.

    Marijke

    • Arlét Taljaard says:

      Marijke, jy is een van my gunstelik skrywers, en het al jou boeke al gelees. Kanie wag vir jou volgende boeke nie en ek sal defnitief die twee lees wat jy beplan vir opvolg na Zeza, het baie van ha storie gehou. Dankie vir sulke intressante stories. Sonder skrywers soos jy sal dae maar saai wees.
      Groete.

  24. Madelie Human says:

    Marijke, Ek is seker een van jou grootste fans. ‘Zeza en die Prins’ is my gunsteling. Jou styl lees tog te lekker en ek kan gewoonlik nie jou boeke neersit nie. Ons wag vir ‘n nuwe een!

  25. Natasha van Heerden says:

    Hi Marijke… Ek lees baie en jy is een van die beste afrikaanse skrywers, jou boeke kan ‘n mens nooit neer sit nie en jy wens die aand was net bietjie langer dat jy kan kla lees. Dankie vir die wonderlik boeke wat jy skryf!!!

  26. Arien Lubbe says:

    Hallo Marijke. Ek wil net se dat ek jou boeke baie geniet en altyd een koop wanneer ek dit sien. Jou boeke het my nog nooit teleurgestel nie.

Leave a reply to Arlét Taljaard Cancel reply