Marietjie Welgens

Ek vind oral ooreenkomste met ons skrywers: Soos Rykie Roux stem ek saam dat dit angswekkend is om jou pedigree te moet uitryg.
Nes Chanette stem ek saam dat Gansbaai, my grootword vakansiedorp waar my ma gebore en getoë is, die wonderlikste plek is. Kleintyd is ons elke jaar van die ou Transvaal af daarheen en het ons, en die plaaslike neefs en niggies, net aangegaan waar ons die vorige jaar opgehou het … geswem in die gety-poel, kaalvoet geloop in die dorp se strate en uitgekamp (nog in tente) by Uilenskraalmond.
Soos Rika du Plessis het ek ook ‘n man aan die dood afgegee (en voor dit ook twee kinders: Elana op die ouderdom van 20 jaar en Johan wat net 23 jare oud geword het.) En ek onthou hoe ek op Riebeeck Kasteel eenkeer ‘n papwiel gekry het en hoe ‘n pragtige jong man die wiel reggemaak het, en my swaer boer nog steeds op Wolseley … en so kan ek aan gaan.
Maar om terug te kom na die biografie: Ek het grootgeword op Roodepoort – die Laerskool Joshua Naude en die Hoërskool Roodepoort. Na skool het ek by die S A Polisie begin werk totdat ek getroud is. Ook maar soos die ander skrywers het ek altoos met ‘n storie in my kop geloop, wat nou, uiteindelik na al die jare plek op papier gevind het.
Die reg en wete dat ek ‘n leser mag wegvoer … weg van al die pyn en teleurstellings van die werklikheid, na ‘n plek waar die liefde alles oorwin, beteken vir my meer as net baie. En my doelwit is om ‘n leser, na sy die boek gelees, te laat terugsit en sug: “Ag, dit was nou nice …”

Papierpop (Romanza)
Januarie 2012

Tien jaar gelede was Nicolaas die liefde van Shauna se lewe. Toe het sy gevlug van sy oordele en die vernedering. Maar noudat hy terug is in haar lewe, sal sy haar op hom wreek.

 

In jou droom (Romanza)
Januarie 2010

Lank vlug sy al van haar verlede weg en Mika moet gedurig haar spore doodvee, opnuut begin. Op die plaas in KwaZulu-Natal werk sy as fisioterapeut, maar Simon Sutherland glo sy is ’n fortuinsoeker met bedekte motiewe.

 

In haar hart (Romanza)
2009/08
Niki se vreedsame bestaan op haar stiefpa se plaas word omvêrgegooi toe sy seun onverwags opdaag. En die uitgestrekte Karoo vlaktes word vir haar te klein toe sy besef sy mag hom nie liefhê nie …
(Opvolg op Franciska se Sabbatsjaar)

 

Franciska se Sabbatsjaar 2007

Franciska het op ‘n vaal Karoodorp gaan afsondering soek sodat sy ongestoord kan skryf – en die liefde gevind. ’n Liefde wat soos die blomvygies van die veld in volle kleur oopgebars het, maar ’n liefde wat van die eerste dag af gedoem was…

 

Om-de-Berg
2007
Kari begin ’n nuwe lewe op Om-de-Berg. Dokter Martin, haar werkgewer, is nors, gevoelloos en koud. Dirk, ’n vriendelike boer, word gou ’n dierbare vriend. Dit is egter Martin wat smeulende emosies in haar wakker maak …

 

Bruid vir Kalundi
2007
Janine trou met Ben, maar weet dat hy nie lief is vir haar nie. Sy pa verplig hom om ’n bruid Kalundi toe te bring as hy die plaas wil erf. Gaan liefde later kom?

 

 

Bestemming onbekend (Romanza)
2007
Tamar van der Hoven se motor word gekaap en sy word deel van Markus Basson se vlugtog. Hul vervolgers skiet om te moor. Hy’s ’n man met ’n missie, hy’t iets gesteel, maar is hy ’n skurk?

 

 

Blonde tuinier in ‘n Koidam
2006/05
Alex Malan kom gou agter dat Mia haar opsetlik soos ’n pleb gedra, al is sy ’n rykmans-dogter. Van die oomblik dat hy haar papnat in sy koidam kry, besluit hy hy sal haar saggies, versigtig oorwin.

 

 

Net veertien dae
2005
Jana de Lange moet ’n artikel oor die vragmotor-bedryf skryf en beland teen haar sin saam met Douw Joubert in sy vragmotor. Hulle verduur mekaar net-net, want ’n passasier landwyd pas Douw beslis ook nie.

31 thoughts on “Marietjie Welgens

  1. theaholland says:

    Dis hier op die Romanzalesersblog-blad, onder 2011 In Oënskou. Klik om die hele verslag te sien, en dan wag jy ‘n laaaang tyd, en dan sien jy hoeveel mense jou gesoek het.

    • Marietjie Welgens says:

      Hi Andre

      Het jy darem al een gelees? Ag, ek terg net. Ek weet beslis van Blonde Tuinier. Jy moet lekker bly daar in die verre Abu Dhabi.
      Baie liefde vir julle twee.

  2. Annatjie Warricker says:

    Kan jy asb vir my laat weet waar kan ek van jou ouer boeke in die hand kry – ek soek die volgendes
    net veertien dae
    blonde tuinier in ‘n koidam
    om de berg
    bruid vir kalundi
    Seerower vir Shakira

    Dankie
    Annatjie

    • Marietjie Welgens says:

      Hallo Annatjie.
      Weet jy, ek was op soek na een van my ouer boeke (Bestemming Onbekend) en het een op Kalahari.net gekry. Ek dink mens moet maar dophou vir tweedehandses as jy wil koop. Anders, verstaan ek, is dit by biblioteke te lees. Ek verstaan dat LAPA almal mettertyd as e-boeke beskikbaar gaan stel. Dit sal puik wees.
      Net Veertien Dae is makliker verkrygbaar: By sommige Excitement Stores is daar stapels.
      Baie dankie vir jou navraag, en ek is só bly dat jy my boeke geniet.
      NS Seerower vir Shakira is nie myne nie. Sorry.

  3. Corine says:

    Hi tannie,
    Ja dit gaan goed dankie. Ek het is geseen met een kind, dogtertjie, Megan. Sy is nou amper 9 en haar ma se trots. Ek het tannie genooi op fb. Dan kan tannie na die foto’s kyk en sien hoe lyk sy. Ek sal dophou vir die nuwe boek. Kan nie wag nie.
    Dit gaan goed met my ouers en ek sal vir hulle groete stuur.
    Lekker skryf, goeie medisyne.

  4. Corine says:

    Hi Tannie Marietjie. Ek het nie geweet ek sal tannie sulke mooi boeke sien skryf nie. Dit is stunning. Tannie lyk wonderlik en nie dag ouer. Tannie lyk so gelukkig. Die persoon wat dit die meeste verdien na al die hartseer is verseker Tannie. Ek sal nog al die boeke lees. Ek kan nie glo die is amper 14jr na Johan se dood nie maar ek dink nog baie aan Tannie.
    Baie liefde Corine

    • Marietjie Welgens says:

      Hallo Corine
      Dit is ’n groot verrasing om van jou te hoor. Gaan dit goed?
      Die skrywery het maar begin na Oom Johan se dood – ’n manier om baie dinge in my lewe te verwerk. Maar ek geniet dit verskriklik en as my boeke genot aan die lesers verskaf is ek baie bly. Ek is tans besig met my tiende manuskrip. Januarie verskyn “Papierpop” en ek sien baie uit daarna.
      Bly om van jou te hoor, en groete aan jou ouers.

  5. Marietjie Welgens says:

    A ja a, Natuurlik was ek daar, en as ek my ouderdom nou behoorlik moet weggee … ek was daar toe dit nog die Roodepoortse Afrikaans Mediumskool geheet het (RAM) Kan tot nou toe nog die skoolkreet onthou!
    Dit was nou lekker om van jou te hoor. Groete aan almal.

  6. Marietjie Welgens says:

    Hallo Annetjie,
    Weet jy, ek was al op al daardie dorpe -maar die navorsing en staaltjies kom uit ’n baie goeie naslaanwerk. Ek is mal oor rondry en dan broei daar sommerso stories in my kop uit. Ek moes baie kophou tydens die skryf van die boek, want dit moes enduit ’n liefdesverhaal bly en nie ontaard in ’n reisverhaal nie.
    Ek is baie bly jy het dit geniet. Nogmaals dankie vir jou mooi woorde.

  7. anngert Annetjie says:

    Marietjie, en toe kry ek Net veertien dae in ‘n tweedehandse boekwinkel en koop dit daar en dan. Het ek nou heerlik gelees! Die navorsing isuitstekend en baie goed ingewerk in die storielyn. Ek hou van navorsing in ‘n boek, want dan leer mens darem terwyl jy geniet. Voel nou sommer lus om die land plat te reis. Het jy self al die dorpe besoek, of net nageslaan?

  8. Wilma Vuilleumier says:

    Hallo Grootsus !!
    Jou boeke is baie interressant, en het baie herinneringe.. Ek het al jou boeke gelees, en dink jou vertel “styl” is soos ons hier in Kanada sal noem “awesome !!” Ek wag nou net in spanning vir Bestemming Onbekend en is daar nuwes wat ek nie van weet nie? Moenie jou potlood ‘n ruskans gee nie !! Hou aan stories skryf, ek geniet dit baie.
    “take care” – mis jou baie !!,
    Jou kleinsus in Kanada
    Wilma

    • Marietjie Welgens says:

      Hi Wilma!
      Wat ‘n wonderlike verrassing. Baie dankie vir jou mooi woorde. Die feit dat mense hulle boeke geniet gee enige skrywer weer hope moed.
      Ek het lanklaas gepubliseer as gevolg van werkdrukte. Maar binnekort gaan ek meer kan skryf. (Hou hierdie spasie dop!)
      Ek verlang ook baie.
      Mooi bly en baie liefde.
      Marietjie

  9. Marietjie Welgens says:

    Hallo Tilla

    Ek is bly julle is mal oor die boeke. Dit is wonderlik om sulke lekker terugvoer van die lesers te kry.
    Ek sukkel tans om Bestemming Onbekend in die hande te kry (ook vir my sussie in Kanada). Hy is uit druk. Ek het verlede week darem In haar Hart en In jou Droom kon koop. Ek sal vir Janine daardie twee kry. Groete aan almal.

  10. Tilla says:

    Hi Tannie

    Mal oor die boeke. Maar lyk my ek mis twee. Bestemming onbekend en In haar Hart. Dan sê Janine sy dink daar is nou weer een. Ek moet dit tog kry. Almal is uitstekend, maak hulle bymekaar vir Elana!. Mooi bly

  11. anngert says:

    Marietjie, ek het IN HAAR HART baie geniet. Jy verstaan die kuns om mens weg te voer en jou hart warm te laat klop vir die held,

    • Marietjie Welgens says:

      Baie dankie vir die mooi kompliment. In my eie hart is daar seker maar die versugting om daar in die middel van die Karroo te gaan wegkruip – ek glo daar is nog aantreklike manne wat die verbeelding kan prikkel – en te skryf dat die biesies bewe.
      Mooi bly.
      Marietjie

  12. WILMA WESSELS says:

    Marietjie

    Dit was wonderlik om Net veertien dae te lees en Liana het dit vir my as geskenk gegee vir my verjaarsdag net jammer ons kan nie by ons bib meer van jou boeke kry nie. Ek sal graag almal wil lees.

    Jy skryf stunnig stories.

    Liefde
    Wilma (Liana se skoonsuster)

    • Marietjie Welgens says:

      Hi Wilma
      Wonderlik om van jou te hoor. En ek is baie bly jy kon so tussen die kindertjies deur ‘n bietjie ontspan en wegvlug. Ek verstaan die biblioteke begin om meer van ons boeke aan te hou (volgens ‘n vriendin van my) so, hopelik kan jy binnekort meer te lees kry.
      Baie dankie vir die mooi woorde.
      Marietjie.

  13. Madelie Human says:

    Marietjie, Leonie Thompson stuur hierdie:

    Dankie vir veertien dae- het lekker in die trok saam gery- alles beleef en geniet, sal graag die trok drywer ontmoet, wat dit is net in boeke waar daar sukkel goeie mans is

    • Marietjie Welgens says:

      HI LIANA
      Om een of ander rede wil my reply nie direk onder jou briefie oop maak nie … Maar ek wil net baie dankie sê vir die mooi woorde. Dit is die tipe aansporing wat mens nodig het om net meer en beter te probeer skryf. Hoop jy geniet die nuwe een wat reeds op jou wag.
      Mooi bly.
      Marietjie

      AAN LEONIE
      Hoekom dink jy skryf ek oor sulke goeie mans? Dit is omdat ek in my verbeelding saam toer, en ek kan met hom maak net wat ek wil! Dit is die verborge voordele in die geskrywery.
      Baie dankie vir die lekker kommentaar. Dit maak al die harde werk die moeite werd.

  14. Liana says:

    Hi Marietjie,

    Stunning stories!! Jy maak ons elke keer meer uitsien na die volgende boek. Mag daar nog baie meer heerlike ontspanning kom.
    Veertien Dae was veral tops!!

    Lekker dag
    Liefde
    Liana

  15. Marietjie Welgens says:

    Jammer ek antwoord nou eers. Ek was ‘n paar dae nie naby ‘n rekenaar nie want my ander helfte moes ‘n klein operasie ondergaan … en ons almal weet mos hoe ‘n man kan ly.
    Baie dankie vir julle goeie wense. Dit is waarna ‘n skrywer streef – om die lesers gelukkig te maak. Hoop julle geniet my nuutste ook: In jou Droom wat vandeesmaand verskyn.
    Groetnis

  16. bets says:

    ek dink jou boeke is uitstekend ek sal graag ook van jou ander boeke wil lees die een wat ek gelees het was baie goed die boek se naam was net veertien dae

Leave a reply to Madelie Human Cancel reply