Mari Roberts

martie 3Ná haar sorgvrye kinderjare op Upington het Mari Roberts ontdek dat plekke soos Knysna, waar dit meer reën as in die Kalahari, maar nie noodwendig koeler is nie, nie bloot ’n mite is wat net op TV bestaan nie. Ná haar studie aan die Hugenote Kollege het sy die swart kant van die lewe gesien en besluit om ter wille van selfbehoud liewer liefdesverhale te begin skryf. Sy is getroud en woon in die skilderagtige Knysna-omgewing. Behalwe haar man, haar drie kinders en honde wat aandag verg, ruim sy broodnodige tyd in vir skaak, blokkiesraaisels en haar passie vir skryf en lees.

Titels uit haar pen:

  1. Winterliefde
  2. Jy is my engel
  3. Pasella geluk
  4. Liefdesboodskap
  5. Liefdesdroom
  6. Uitgeboul deur die liefde
  7. Sterrereën
  8. Bella se tweede kans
  9. Fasade van die hart
  10. Pasellaliefde
  11. Sprokiesprinses
  12. Dans in die reën

 

46 thoughts on “Mari Roberts

  1. Nadia says:

    Fasade van die hart was my heel eerste boek wat ek gelees het en van daar af is ek mal oor die Romanza boeke, natuurlik is my gunsteling skrywer ‘Mari Roberts’, sodra ek begin kan ek glad nie ophou nie!! Waar kan ek al die boeke kry? Kort nog net ń handjie vol..
    Dankie vir die beste boeke ooit !!

  2. Mari Roberts says:

    Ai Amelia!
    Dankie vir die lekker terugvoer. My hart sing en nou is ek sommer lus om weer te skryf. Hopelik sal die volgende een eersdaags vir keuring kan gaan. Dinge is bietjie dol en ek moes al einde Februarie ingegee het, maar kon dit nie regkry nie.

  3. ameliastrydom says:

    Hi Mari, ek het gisteraand Liefdesdroom opgetel, en kon dit nie neersit nie. Dankie vir ‘n heerlike leeservaring. Jou storie is modern en boeiend, en jy skryf met ‘n heerlike humorsin. Nikos is die soort held wat elke vrou se kniekoppe lam maak, ek sal hom nie gou vergeet nie. Gaan beslis probeer om jou vorige boeke in die hande te kry, en hoop die volgende pennevrug is nie ver in die toekoms nie!

  4. Mari Roberts says:

    Charmaine!
    O hoe beny ek jou. Van waar in Namibie kom jy? Dit is die mooiste, mooiste plek. Die meeste van my boeke, behalwe die nuutste, LIefdesdroom, is uit druk uit. Ek het al in Tweede Handse boekwinkels boeke gesien. Of jy kan Lapa kontak en hoor of hulle jou kan help. ‘n Ander opsie is e-books of Kalahari.com. Anders weet ek nie. My eerste boeke, Dans in die Reën en Sprokiesprinses, sal jy defnitief nie meer in print kry nie. Het jy al julle biblioteek probeer?
    Laat weet my. Ek gaan intussen met Lapa se mense praat en hoor hoekom julle nie boeke kan kry nie.
    Groete’
    Mari

  5. Charmaine says:

    Hi daar,
    Ek het die naweek vir die eerste keer van jou boeke gelees, en letterlik gister my julle dag aan jou 2 boeke wat ek gehad het verslind.
    Hoe maak ek, as ek al jou boeke wil aankoop, ek bly in Namibia en al die boekies sê vir aankope slegs Suid Afrika.

  6. Mari Roberts says:

    Hi Corlia
    Ek is bly jy het Sterrereën geniet. Ek het nogal gesukkel om inligting oor verskillende bloedgroepe en hoe dit die nageslag affekteer te kry. Die dokter was nie vreeslik behulpsaam nie en toe ek uiteindelik die bloedbank skakel, moes ek omtrent ‘n CV indien voordat die ou my van inligting voorsien het. Ek hoop jy geniet ook Liefdesdroom wat in Maart verskyn.

  7. Corlia Grove says:

    Hallo Mari
    Die boek sterrereen was wonderlik dat hy nou so moes uitvind dat dit sy kind is. Ek hou ook baie van die ander boeke ek kan nie wag vir n volgende boek nie.

  8. Mari-lize says:

    Hallo Mari,

    Ek het omtrent twee jaar terug Romanza boeke begin lees en is mal oor al jou boeke! Ek is op soek na Dans in die reën en Sprokiesprinses – kry dit ongelukkig glad nie – ek kon al die ander boeke opspoor en geniet! Ek sien uit na jou volgende boeke! Mari-lize

    • Mari Roberts says:

      Mari-lize baie dankie dat jy laat weet het. Jammer ek antwoord nou eers, maar dinge is ‘n bietjie rof by my. Skryf vir Lap en hoor of hulle nie Dans in die reën een of ander tyd gaan herdruk nie. Ek weet die biblioteke het die boeke, jy kan gerus hoor of hulle nie die twee het nie. Dit was my eerste twee boeke, dus sal jy dit vir seker nie meer in ‘n winkel, behalwe ‘n 2de handese boekwinkel, kry nie. Hoop jy is suksesvol!

  9. Sonja says:

    Hi Mari, Pasellaliefde was vir my die mooiste storie. Die boek het ‘n staanplek op my boekrak gekry en ek lees dit so elke dan en wan.

  10. Mari Roberts says:

    Hallo Aliche!
    Baie dankie vir jou briefie! Ek raak sommer weer opgewonde om te skryf as ek hoor julle geniet ‘n boek. Wie is Miemie? Vertel my meer waar jy bly en in watter skool is jy. As ek reg is, moet jy volgende jaar Hoërskool toe gaan? Ek hoop om gou weer van jou iets te hoor.

  11. Miemie York says:

    Hallo tannie. ek wil nie vir tannie op die naam noem nie, want ek is nog net 13. Ek is miemie se kleikind Aliche. Ek lees hordes romanzas en tannie sin is een van my gunsteling. Ek was mal oor iutgeboul deur die liefde. Dit was vir my n Fantastiese boek. Baie dankie vir die ure se lees genot. Ek sal nou graag die ander boeke ook wil lees. Met liefde en bewondering Aliche

    • miemie york says:

      Hallo tannie, dis weer ek Aliche. Om te antwoord op tannie se vra: Miemie is my ouma en ek skryf op haar inskrywing of wat ook al n mens dit noem. Ja ek gaan nou hoërskool toe. Ek bly in Bloem. Ek gaan San du Plessis toe en sien baie uit daarna. Al weet ek nie wat om te verwag nie. Ek is baie bly tannie het ook vir my terug geskryf. Liefde Aliche

      • Mari Roberts says:

        Aliche, geniet die Hoërskool. Dit is die lekkerste tyd van jou lewe, mits jy dit lekker maak. My oudste dogter het ook hierdie jaar Outeniqua toe gegaan en dit is vir haar ‘n geweldige aanpassing. Die werk is skielik bitterlik baie, maar sy geniet die skool meer as die Laerskool. Neem deel aan alles as jy kan. Eendag kyk jy terug en dan onthou jy net die lekker, wat eintlik te kort gaan wees.

  12. Mari Roberts says:

    No hard feelings, Suzi. Dit is altyd lekker om van iemand te hoor wat ‘n boek geniet het. Ja, op hierdie stadium van my lewe, en as ek dit kan regkry om weer ‘n boek te skryf, gaan ek eksklusief vir Lapa skryf. My kinders is nog te verknog aan my (ek sê dit baie tong in die kies) en my lewe word beplan rondom hulle aktiwiteite. Die afgelope twee jaar het ons ‘n vreeslike droogte in die Suid-Kaap beleef en dit het my ook tot minder kreatiwiteit geslaan. Hopelik gaan dit nou beter. Ek deel ‘n epos adres met my ou groot liefde en hy knor soms ernstig as daar meer pos vir my kom as vir hom, dus beperk ek my epos skrywery tot die blog. Maar ek hoor graag van jou.

  13. Suzie Combrinck says:

    Ek moet ongelukkig erken dat wanneer ek ‘n brief ontvang en ek dit nie dadelik antwoord en pos nie, dat dit agterwee bly en in die vergetelheid verdwyn, jammer daaroor en dit is waarom ek ewig dankbaar is vir soiets soos internet, nou kan ‘n brief ontvang word, gelees word en dadelik beantwoord word, nie dat ek nie daarvan hou om briewe te ontvang en te lees nie. Met e-pos sal jy nie weer so lank moet wag vir die Poskantoor om die brief af te lewer nie. Gaan jy aanhou om net vir LAPA te skryf of gaan jy ook gebruik maak van NB? Ek hoor graag weer van jou en jy mag maar na my privaat e-pos adres vir my skryf en sal jou dan graag weer antwoord.

  14. Mari Roberts says:

    Suzie, baie dankie. Ek dink ek het al ‘n briefie van jou af gekry. Dit het amper nege maande geneem voordat my bereik het. Ek het terug geskryf maar nooit weer iets van jou gehoor nie. Dit is fantasties om van iemand te hoor wat Afrikaanse liefdesverhale so geniet. Wat die skrywery betref, loop ek die afgelope jaar met ‘n horde stories rond, maar die tyd is skielik ‘n faktor en wanneer ek wel voor die rekenaar inskuif sukkel dit om te konsentreer. Maar hopelik sal daar darem iets klaar kom voordat 2010 op sy rug lê. Met baie genade en gebed, moet ek bysê.

    • Mari Roberts says:

      Magdaleen, hoe lekker om weer van jou te hoor. Ek geniet dit nogal om kinders in ‘n storie in te skryf. Hulle kan so eerlik en sorgeloos wees. Waar volwassenes al maskers begin dra, is dit so verfrissend om met kinders te werk. My drie hou my op my tone en kan baie kras raak met ‘n mens se ego, maar ek geniet dit en raak eintlik benoud as ek dink hoe vinnig hulle groot word.
      Maar jy is nou op ‘n ander vlak. Ouma-wees is net so kosbaar en jy moet dit ontgin en gebruik.

  15. Magdaleen Walters says:

    Mari, ek het Sterrereën die afgelope naweek klaar gelees en dit geniet. Wat my baie opgeval het in die storie, is die manier waarop jy klein Simeon uitbeeld. Mens kan sommer sien jy’s ‘n kenner van ‘n kind se manier van doen en praat. Ek het eintlik die outjie so voor my gesien soos jy hom beskryf het. Nie almal kry dit reg om kinders op oortuigende wyse in hul stories in te bring nie en jy moet daardie vermoë koester. Weet jy, as mens se kinders eers groot en uit die huis is en jy amper nooit meer kinders om jou het nie, is dit of mens daardie insig so ‘n bietjie afsterf. Gelukkig is daar iets soos ouma-skap in die ou wêreld. Ek is nog nie daar waar ek weer hollende kinders om my het nie, maar ek wag daarvoor.

  16. Suzie Combrinck says:

    Pasellaliefde was die eerste boek van jou wat ek gelees het en sedertdien is ek al die pad op die uitkyk vir nog van jou boeke, baie dankie vir ‘n stel pragtige boeke (ek is een van die gelukkiges wat al jou boeke besit) hoop nie jou rekenaar is ooit weer stil nie.

  17. Mari Roberts says:

    Ag dankie Magdaleen. Dit is altyd lekker om van ‘n kollega ‘n positiewe terugvoer te kry! Laat weet gerus. Ek sien uit daarna. Ek wens net van die ander lesers wil meer van die blog gebruik maak en hulle menings lug!

  18. Magdaleen Walters says:

    Mari, het ek jou ooit vertel hoe lekker ek aan jou Uitgeboul deur die Liefde gelees het? Dankie, hoor! Het vir my by Exclusive Books in Collonade nog ‘n skryfsel van jou gekoop, sal laat weet wanneer ek klaar is met hom.

  19. Mari Roberts says:

    Dit is ‘n goeie vraag. Ek is wel besig met een, maar dit sukkel nou al meer as ‘n jaar. Hopelik sal dit lig sien, dan kan julle dit een van die maande lees!

  20. Elsa-Marie says:

    Mari

    Ek was nou die dag vreeeeeslik gestress en het iets gesoek om te lees wat my dringend sou laat ontspan.
    Fasade van die hart was die antwoord. My gesondheid is toe weer gestabiliseer 🙂
    Kan nie wag vir jou volgende boek. Wanneer kan ons dit verwag? 🙂

    Lekker skryf
    E

  21. Mari Roberts says:

    Ek hou van koek en koffie-dates! Praat net en ons kuier. Ek is verskriklik bly as jy daarvan hou. Lekker lees.

  22. Anne-Marie van Zyl says:

    Hi Mart – ek het toe een van jou boeke by CNA op Knysna gekoop. Uitgeboul deur die liefde. Ek is so beindruk vriendin. Jy het sowaar talent! Ek lees nog, sal jou laat weet. ‘Dalk ‘n koffie-date om dit boek te bespreek? Mooi bly en kker skryf!

  23. Anne-Marie van Zyl says:

    Hi Mari
    Is jou boeke in boekwinkels te koop? Waar op Knysna kan ek dit kry? Wil so graag iets lees wat jy geskryf het, omdat ek jou persoonlik ken!

    • Mari Roberts says:

      Die beste sal wees as jy Lapa se website besoek. lapa.com. Die boeke is by CNA in George Mall, maar ek het nog nie daarvan in Knysna gesien nie. Net baie ou Romanzas

  24. Arien Lubbe says:

    Mari
    Bravo vir ‘Uitgeboul deur liefde’. Dit was ‘n heerlike boek en ek kon nie neersit nie! Dit was verseker ‘n hoogtepunt in my naweek. Ek wag in spanning vir nog…

    • LenaB says:

      Hi Mari

      Ek het Uitgeboul deur liefde gelees & dit baie, baie geniet. Ouma & vriende het so ‘n vinnige blik op die eerste 3 bladsye gehad. Het jou hele reeds van 7 boekies aan Ouma belowe vir Kersfees. Maar dit lyk of ek nie my belofte sal kan nakom nie. Het Vrydagaand by Grafitti boekwinkel in Kollonade sentrum in Pretoria 6 van jou boekies gekoop (almal Uitgeboul deur liefde) maar sukkel regtig om die ander 6 in die hande die kry. Kan jy help? ‘Seblief.

      • Mari Roberts says:

        Hallo Lena
        Jammer man, as Lapa nie die boeke het nie, is dit uitverkoop en uit druk uit. Jy sal maar in tweede handse boekwinkels moet gaan delf. Dalk is jy gelukkig en vind iets. Dit is ‘n eer om te weet van iemand wat so naarstigtelik soek na boeke!

  25. Magdel Niehaus says:

    Hi Mari
    Ek het al jou boeke gelees en almal baie geniet. Het self 3 in my boekrak. Gaan die naweek jou nuutste begin lees.

  26. mariroberts says:

    Marile, Sprokiesprinses was my heel eerste liefdeverhaal wat sowat twintig keer afgekeur is en toe twee gepubliseer is. Tot ek jou kommentaar gelees het, was dit die een boek wat ek liewer snippermandjie toe wou stuur.
    Dit doen my hart baie goed om die positiewe kommentaar te lees. Wens ek kan hoor wat die lesers dink.

  27. Madelie Human says:

    Mari het ‘n heerlike sin vir humor wat deurskemer in al haar boeke. Haar gemaklike styl lees lekker en ek kan gewoonlik nie wag dat nog ‘n boek van haar verskyn nie. Hou so aan, Mari!

  28. rykieroux says:

    Aan die begin van Uitgeboul deur die Liefde huil die leser letterlik saam met die heldin Nicolette Durrheim as Lukas Jameson haar matriekafskeid opduiwel. Dis ‘n klassieke situasie (ek verbeel my Katinka Heyns het in die stokou fliek Pappalap dieselfde ding oorgekom) maar Mari beskryf dit ongelooflik treffend. Natuurlik loop sy weer vir Lukas raak. En die leser wens sy wil hom vergewe, want hy is so-o sexy, net soos wat die leser vrekbang is sy gaan hom vergewe, want hy het so-o lelik met haar gemaak. Ek het baie lekker gelees, Mari!

    • mariroberts says:

      Dit was tot dusver die lekkerste boek wat ek geskryf het. Die idee het gekom nadat ‘n meisie oor RSG gekla het dat sy nie ‘n matriekafskeid date kon kry nie. Niekie van den Bergh het toe die seuns van Outenikwas Hoër uitgedaag om haar te kontak en Voila, sy kry ‘n date, boonop ‘n pragtige seun in haar klas. Ek sou wat wou gee om te hoor hoe alles afgeloop het.

Leave a reply to Corlia Grove Cancel reply