Dina Botha

dina-botha

Dina Botha glo liefde is soos om ’n klippie in ’n poel water te gooi. Die rimpeleffek kan nie anders as om ander mense se lewens te raak nie. Daarom skryf sy al vir elf jaar liefdesverhale. Sy is in Pretoria gebore en woon in Centurion. Sy het vier kinders waarvan twee nog skoolgaande is. Op skool het sy Ena Murray, Elmar Steyn en ander bekende romanskrywers se boeke verslind met die hoop om self eendag ’n skrywer te word. Ná skool het sy egter haar droom om joernalis te word gebêre en ’n IT-kwalifikasie behaal. Twintig jaar later het haar passie vir skryf weer opgevlam en sy het dié keer die moed gehad om haar droom met mag en mening na te jaag.

In 2013 wen Dina die ATKV-Woordveertjiesprys vir Romanses met haar Romanza, Boks vol soentjies.

Deur Dina Botha:

Romanza:

  • Bêre my soen
  • Alles is perfek
  • Ou liefde roes nie
  • Liefde op ’n skinkbord
  • Vind mekaar

SuperRomanzas

  • Robyn se ongetemde man
  • Ontwakende passie
  • Ontembare bruid
  • Angelique en die boekanier
  • Suikersoetsonde
  • Stem in die wind

 

 

 

 

 

89 thoughts on “Dina Botha

  1. Letzie Wiese says:

    Ek het hierdie boeke ook van Dina Botha, maar sien dit nie op julle lys nie??
    Onwykende Alleenloper
    Tien-uit-tien man
    Doring in haar vlees
    UItgemaakte Saak

  2. Roeline Van Schalkwyk says:

    Haai, mevrou Botha. Ek is 23 jaar oud (moeg geleerde student) en het u boeke in Hoerskool begin lees. Ek is mal oor u se boeke veral die “Onweerstaanbare kok” en kry nie genoeg daarvan nie. U boeke maak my rustig, soms lag ek, soms huil ek of soms raak ek sommer net kwaad vir die karakter se onnoselheid. Ek hoop daar kom nog baie boeke van u uit!

  3. Dinah Swart says:

    Helo Mevrou Botha
    Ek is Dinah Swart n 16 jarige. Ek is mal oor U se boeke. Mevrou is die een wat my inspireer het om my liefde vir skryf en lees op papier vastevang. Ek is n bietjie onseker oor die inhoud van my boek alhoewel hy al amper klaar is. Ek sal graag persoonlik met u in aanraking kom, dalk kan mevrou my help met n paar ruglyne. Mevrou is imers my rolmodel. As dit enigsins moontlik is kan u dalk n nommer of Email adres gee asseblief. Indien dit nie moontlik is nie sal ek dit so aanvaar. Alle liefde en Respek : Dinah

    • Dina Botha says:

      Hallo Dinah.Eerstens, ek dag ek het jou al vroeer geantwoord, maar sien nou nie my reply nie. Baie dankie vir jou mooi kompliment. Ek gee graag raad. As jy toegang tot FB het kan jy vir my daar n persoonlike boodskappie los en ek sal jou antwoord. Groete

    • carin says:

      Hello
      wil net graag weet waar ons nog eboeke van jou kan koop. ek soek na bv die arrogante yank maar kan hom nie kry nie.

  4. Christa Wright says:

    Hi Dina, jy is een van my gunstelling skrywers. my volgende was my gunstelling:

    Pajamadril vir Kael
    Middernagminnaar
    Nommerpasmeisie
    Gesteelde soene
    Haar stoute skoene
    Impulsiewe besluit
    Man met integriteit
    Meer as ‘n speletjie
    Nommerpas Man
    Die Nuwe Vennoot

    Algemene vraag:

    Ek wil weet hokom word daar altyd geskryf van die ryk man wat alles het en die beste huise ens het. Hulle het altyd donker hare met groen of blou oe. altyd gespierd, hoekom word daar nooit van normale mense gekryf nie, groot geboude mense met rolletjies, rooikop mans????

  5. Dina Botha says:

    Hi. Eerstens baie dankie dat jy so ‘n getroue ondersteuner is. Ongelukkig kan ek jou nie daarmee help nie. Lapa beplan wel om van die ou boeke as e-boeke uit te gee, maar ek neem aan jy verkies n harde kopie. Waar jy dalk nog kan gaan loer is by die Hospice. Ek het onlangs n hele paar van my ou boeke daar gesien, maar nie daaraan gedink om dit terug te koop nie. Volgende keer sal ek ek dit doen en byderhand hou vir iemand wat wel die ou goed soek. Nommerpasman behoort oor n maand of so as eboek beskikbaar te wees en Sy rooikopbaas so oor twee maande of so.Hoop jy kom reg.

  6. Dalina says:

    As bewonderaar van jou boeke besit ek almal tot op hede, behalwe: Sy rooikopbaas 2007; Nommerpasman 2008 en Adam op bestelling 2009. Lapa sê die boeke is uit druk en ek kon dit ook nie opspoor in tweedehandse boekwinkels nie. Het jy dalk raad waar ek dit kan kry- ek wil graag die volle versameling van jou boeke hê.

    Voorspoed vir 2015!

  7. Doret Zietsman says:

    Hallo Dina,

    Ek het jou boek in die Intiem tydskrif gekry, Meer as ‘n speletjie. Ek is nie eintlik ‘n leser nie, maar genade toe ek die boek optel kan ek hom nie weer neersit nie. Ek is nou so begeesterd dat ek net wil lees maar net jou boeke en soos ek deur alle boodskappe gaan kan ek sien hoekom, Jy mag maar “you go girl”. Lekker dag.

  8. Dina Botha says:

    Hi, Mitzi. Baie dankie vir die kompliment. Ek is jammer om van jou boek te hoor. Kan jy dit nie by die verskaffer gaan omruil nie? Ek het gou in my boekrak gaan kyk, maar ongelukkig het ek nie n spaar eksemplaar wat ek vir jou kan stuur nie. Ek sou graag wou, net omdat jy so entoesiasties klink. .

  9. Bernice says:

    Hi Dina

    WOW. Moet ek se..ek het nog nooit gehou van n boek lees nie..en nou die dag koop ek Intiem en jou boek waa daar. in. Meer as n speletjie..vir die eerste keer in my lewe kon ek nie n boek neer sit nie..ek het my self gevang lag..selfs die pyn gevoel..ek het my self in elke chapter in geleef..in die aande as ek my oe toe gemaak het ..het ek dit gedroom …jou boek het my relax..en my so dat ek net meer wil lees…was so seer toe ek by die einde kom en ek weet dis klaar en wou meer lees….asb waar kan ek al j boeke kry is hulle almal romanze…dankie vir jou wonderlike boek…groette bernice

    • Dina Botha says:

      Hi Bernice. Baie dankie vir die groot kompliment. Ja, al my boeke is Romanza. Van hulle is nie meer op die rakke beskikbaar nie, maar amper almal is in e-boek vorm iewers beskikbaar. Ek sit gereeld proestukkies op my webblad neer as jy af en toe daar wil gaan loer. Groete en Lekker lees.

  10. Angelique says:

    Hi Dina! Ek wil net se ek is trots om myself een van jou aanhangers te noem. Ek is mal oor jou boeke, jy is regtig ‘n fantastiese skrywer. Die eerste boek wat ek van jou gelees het was, onweerstaanbare kok, en toe was ek al op 15 jarige ouderdom ‘n junkie vir boek lees. Ek is nou al 20 en kan nie myself kry om uit die boekwinkel te loop sonder ‘n Romanza onder die arm nie. my ma sê ek maak haar bankrot net deur boeke te koop. ek besit ‘n hele paar van jou boeke:
    Onweerstaanbare Kok (kort die boek het hom by die biblioteek gelees)
    1.Andrea se Troudag
    2.Sy Rooikopbaas (kort die boek het hom by die biblioteek gelees)
    3.Angelique en die Boekanier (kort die boek het hom by die biblioteek gelees)
    4.Ontembare Bruid
    5.Duiwel in ’n Snyerspak
    6.Man op Sig
    7.Ridder in ‘n Limousine
    8. Resep vir Liefde
    9.Griekse Vuur
    10.Vrypostige Aussie
    11.Net Een Soen
    Maar die res kort ek nog het jy enige raad waar ek hulle kan kry want die winkels verkoop dit nie. Moet nooit ophou skryf nie want jy maak die lewe vir ons een fantasie wat ons behou.
    Hoop om spoedig van jou te hoor. Groete
    Angelique

    • Dina Botha says:

      Hi Angelique. Baie dankie vir al die vleiende woorde. Om te plesier, is die enigste rede hoekom ek skryf. Om van my ou werk in die hande te kry stel ek voor jy probeer Kalahari en ander boekwinkeltjies op die internet. Hulle kan jou dalk help met harde kopiee. Meeste van my werk is egter as e-boeke beskikbaar. Jy moet lekker lees en laat gerus meer van jou hoor.

  11. Angelique says:

    Ek lees al jou boeke vandat ek 15 is jou 1ste Boek wat ek gelees het is Andrea se troudag en na daardie book is ek ge”hooked”. Ek sukkel om die boeke in die hande te kry wat ek nie het nie. Het jy enige raad waar ek dit in die hande kan kry. Ek wil net se ek is nou al 20 en ek kan nie ophou lees nie. Die boeke het my waardes hoog gemaak wanneer dit by ouens kom en dit is alles te danke aan jou. Dankie vir wat jy doen sodat nor

  12. Jolandi Muller says:

    Hi Dina, ek is mal oor jou boeke veral Ridder in `n Limousine!!! Wil jy nie asb `n opvolg verhaal oor Kristen Durandt en Phillip Altman skryf nie, die storielyn is fantasties en bindend en mens wil meer lees oor die twee. 🙂

  13. jolandi says:

    Hi Dina, ek is mal oor jou boeke, veral Ridder in `n Limousine!!! Jy wil nie dalk `n opvolg verhaal oor Kristen Durandt en Phillip Altman skryf nie. Die storielyn is aansteeklik en bindend en mens wil meer lees. Puik boek 🙂

    • Dina Botha says:

      Hi,Ek is baie bly jy het Ridder in n limo geniet. Ek vra om verskoning dat ek nou eers daarop reageer, maar ek sien nou eers die boodskap. Laat gerus weet wat jy van my ander werk gedink het. Lekker lees!.

  14. Zee says:

    Hi Dina, baie dankie, ek is nou deur almal, en my gunsteling was beslis Liefdeskrale, of nee, Mooiste man… ag nee, ek kan eintlik nie kies nie, dit was awesome om al jou boeke te lees! Ek kan nie wag vir die volgende e-boek nie!!

  15. Dina Botha says:

    Hi. Jammer ek het so lank gevat om te antwoord, maar moes eers n bietjie gaan rondkrap. Hier is n lysie van alles wat as e-boeke beskikbaar is. Ek is bly jy het geniet my werk. Laat gerus weet waarvan jy gehou het en nie. Ek het ook n group op FB. Ek plaas ook gereeld proestukkies op my page. Groete. Dina

    Vrypostige Aussie
    Net een soen
    Adam op bestelling
    Mooiste man
    Liefdeskrale
    Resep vir liefde
    Duiwel in ’n snyerspak
    In ruil vir ’n hart
    Sy rooikopbaas
    Griekse vuur
    Vir ewig en altyd
    Onweerstaanbare kok
    Ridder in ’n limousine
    Bly myne
    Eerste liefde (duet)
    Tameletjie Liefde
    Haar eie Miljoenêr
    Miljoenêr van Harte
    Miljoenêr in ’n Teekoppie
    Boks vol Soentjies
    Diagnose Verlief

  16. Zee says:

    Hi Dina. Ek het sopas my 10de e-boek “Boks vol soentjies” van jou in 4 weke gelees. Ek het vir jare baie min gelees maar nou met die tegnologie van ipads en e-boeke het die gier my beslis weer gepak. Ek gaan soek boeke om te lees maar as ek my weer kry is ek terug op soek na jou boeke. Waar kan ek ‘n lysie kry van al jou boeke? Baie dankie vir ure se genot!!

  17. Emerentia says:

    Het Tamaletjieliefde gelees, is totaal en al versot op die boek. Is daar nog stories met soortvan dieselfde storielyn?

    • Dina Botha says:

      Hi Emerentia. Ek’s bly jy het dit geniet. Elke storie het maar sy unieke storielyn en n skrywer probeer juis om nie twee keer dieselfde tipe goed te produseer nie. Maar as ek moet voorstel. n Man op sig en Adam op Bestelling val amper in die selfde groepie van romantiese komedie. Kyk gerus of jy dit iewers in die hande kan kry. Lekker lees en dankie vir jou kommentaar.

  18. Dina Botha says:

    Ek’s bly jy geniet my boeke. Ontwakende Passie is uit druk, maar wel as ‘n e-boek beskikbaar. Probeer kalahari.com, Lapa, Leserskring of Little White Bakkie. Ongelukkig is dit die beste wat ek vir jou kan doen. Op Facebook het ek n hele lys van ander e-boeke wat iewers beskikbaar is. Gaan kyk gerus. Lekker lees!

  19. ilze says:

    Ek geniet jou boeke baie! Veral die outydse Kaapse stories. Ek is op soek na “ontwakende passie” maar kan dit nerens kry nie. Kan jy my dalk help daarmee? Ek verstaan dis uit druk uit. Dalk ‘n boekwinkel voorstel of iets
    Groete
    Ilze

  20. Monica Smit says:

    Hallo Dina
    Sjoe! ‘n Man op sig was uitstekend!!! Ek het vanoggend weer die laaste hoofstuk gelees. Hierdie is beslis een van jou beste boek ooit vir my gewees.
    Groete
    Monica Smit

    • Dina Botha says:

      Hi Monica
      Jammer, ek sien nou eers jou comment. Ek’s bly jy het dit geniet. Die storie van ‘n Man op Sig was my heel eerste poging om te skryf. Uiteraard was dit nie baie suksesvol nie. Maar 16 boeke later het ek besluit om Magriet en Markus se storie oor te skryf. Toe doen ek dit reg en dit word gepubliseer. Dus le die storie my na aan die hart. Lekker lees!

  21. Dina Botha says:

    Baie dankie, Corlia. Ek skryf net om my lesers te plesier. Onweerstaanbare Kok was my tweede manuskrip en ook een van my gunsteling stories. Laat gerus weet wat jy van my ander werk dink, of post iets op my Face Book. Lekker lees!

  22. Corlia Grove says:

    Hallo Dina
    Ek dink al jou boeke is fantasties geskryf. Ek het die meeste gehou van onweerstaanbare kok ek kon dit nie vir n oomlik uitgelos nie.

  23. Mariette says:

    Dankie Charlene. Ek het reeds al Dina se boeke gelees op Kalahari.com en ek dink daar is so iets soos 10 van haar boeke as eboeke. Sy het baie meer as dit al geskryf wat my laat wens ek was naby ‘n biblioteek. Ek is baie bly dat meer van haar boeke as eboeke gaan gaan verskyn en baie dankie vir jou terugvoer!

  24. charlenehougaard says:

    Hallo Mariette
    LAPA is besig om van die reeds gepubliseerde Romanzas as e-boeke op kalahari.com beskikbaar te stel. Daar is reeds ‘n klompie op. Ons gaan voortaan soos wat die gedrukte boeke verskyn ook die e-boeke beskikbaar stel. Ons e-boeke is nog nie op ons eie webblad beskikbaar nie – ons is besig om die nodige tegnologie daarvoor te kry, maar kalahari.com het al ons publikasies wat al in e-boek formaat omgeskakel is. Groete, Charlene Hougaard, LAPA Uitgewers

  25. Dina Botha says:

    Hi Mariette. Ek sal by die uitgewer moet hoor. Ek is nie seker wat die kriteria is nie. Sodra ek weet laat ek weer van my hoor. Lekker lees. Groete. Dina

    • Mariette says:

      Dankie Dina. Vir ons wat in ander lande bly is dit onmoontlik om enige boeke per pos te bestel vanweë die hoë postariewe. Op die ‘ebooks’- manier raak boeke nooit regtig uit druk nie en kan ‘n mens dit enige tyd in die hande kry. Hou aan skryf, ons geniet jou boeke baie!

  26. Dina Botha says:

    Hi Ronelle
    Dis altyd lekker om terugvoer op ‘n ou se werk te kry. Ek is bly jy het dit geniet.
    Groete en dankie
    Dina

  27. Rezanne says:

    Halo Dina.
    Ek is op soek na ‘n kopiee van jou boek, Mooiste man. Ek het dit baie geniet en dit is net ‘n “MUST HAVE!” Weet jy dalk waar ek een kan kry? Baie dankie.

    • Dina Botha says:

      Hi Rezanne.
      Ek is bly jy het Mooiste Man geniet. Ongelukkig weet ek nie waar jy een kan kry nie. Verlede Desember het ek die boekwinkels platgeloop op soek na my eie boeke om vir iemand in Namibie te stuur. Kon bittermin titels opspoor. Miskien is ek so gelukkig dat Lapa dit iewers in die toekoms herdruk. Jammer en Lekker lees! Dina

  28. Monica Smit says:

    Dina – ek het elke boek van jou en het elkeen baie geniet. Ek kan eenvoudig nie jou boeke neersit as ek eers begin lees het nie. So my oe is baie oggende dik en rooi omdat ek tot laatnag lees wanneer almal in die huis slaap en niemand my kan pla nie! Ek is gedurig op lapa se web om seker te maak of daar nie ‘n nuwe boek verskyn het nie. Ek sien uit na Griekse vuur!

    Groete
    Monica

    • Dina Botha says:

      Hi Monica
      Dis altyd lekker om te hoor iemand geniet jou werk. Dis tog hoekom ons skryf, om ander te plesier. Jy is welkom om kommentaar op enige van my boeke te lewer. Lekker lees en laat my gerus weet wat jy van Griekse Vuur dink. Groete Dina.

  29. Annatjie Warricker says:

    HI Dina
    Ek is op soek na van jou ouer boeke – jy weet nie dalk waar ek kopiee daarvan in die hande kan kry nie

    • Dina Botha says:

      Hi Annatjie. Wat ek van Lapa verneem het is die meeste van my ou goed uitverkoop.Ek het Desember die boekwinkels platgeloop op soek na my eie boeke om vir iemand in Namibie te stuur. Ek kon net 3 titels opspoor. Eerste Liefde(Duet wat in Desember 2010 verskyn het) bevat my eerste twee verhale en Lapa het pas laat weet dat hulle Duiwel in ‘n Snyerspak herdruk. Ek stel voor dat jy by Kalahari en en online boekwinkels soek. Groete en Lekker lees. Dina

      • Annatjie Warricker says:

        HI Dina
        Ek het al die online winkels deurgesoek maar die wat ek soek is nie daar nie. Dalk sal die ander titels ook binnekort in omnibus vorm verskyn? Dankie vir die terugvoer.

  30. cecilianortje123 says:

    Dina
    Ek het die vakansie jou boek Duiwel in ‘n snyerspak gelees. Wat ‘n fantastiese stukkie werk! Jy het dit reggekry om seksuele spanning van bladsy 1 tot die einde te skep en te behou. Ek het omtrent met ingehoue asem gelees. Jou karakters is wonderlik -‘n cool heldin en sterk held. En alles in die boek was geloofwaardig en gemotiveerd. Wraggies vrou, jy kan skryf! Van nou af soek ek jou boeke uit in die winkel.

  31. Naomi Eloff says:

    Hi daar, Dina. Dis lekker om van jou te hoor! Nee, my boek is nog nie gepubliseer nie, ek het ‘n moeilike jaar agter die rug en het baie min tyd gehad om aan my manuskrip te werk. Eers het ek ‘n groot ooroperasie gehad waar die dokter ‘n vergroeisel in my middeloor moes verwyder het, daarna is my man met ‘n kroniese siekte gediagnoseer en laastens is my skoonpa oorlede!! Dit was nie ‘n goeie jaar vir ons nie maar ek glo en vertrou dat volgende jaar puik gaan wees.
    Ek hoop dit gaan goed daar by julle. Ons het so lekker gesels by die retreat, ek wil nog eendag vir jou kom kuier.

    Sterkte daar en lekker skryf!!!

  32. Ida Gräbe says:

    Dina, ek wil by die koor aansluit met komplimente oor ‘n Man op sig. Ek hoor jy kom by my tuisgaan en sal graag dan persoonlik verder oor die romanse gesels. Ek kan nie wag om jou te verwelkom en persoonlik te leer ken nie. Net jammer jy bly so kort.

  33. Dina Botha says:

    Anzel, Anngert, Mari
    Ek vra om verskoning omdat ek nou eers by julle uitkom, maar die gerief van ‘n landlyn internet is besig om te vervaag. Telkom lyne in ons area is gesteel en ek gebruik ‘n mobile onbetroubare gadget om op die internet te kom. Dankie vir julle komplimente en ek is baie bly julle het ‘n Man op Sig geniet. Ek hoop ek ontmoet julle almal binnekort by Koek en Boek.
    Groete
    Dina

  34. Dina Botha says:

    Hi Barbara.
    Dis gaaf of van jou te hoor en dankie. Ek’s bly jy geniet my boeke. Jy se jy kry nie van my ander boeke in die hande nie en ek neem aan jy het by LAPA probeer? Biblioteke hou ‘n hele paar van hulle aan. En ek dink as jy my naam Google sal jy van my goed by plekke soos Kalahari.net en ander elektroniese boekwinkels kry. Laat my gerus weet of jy reggekom het. Anders maak ons ‘n ander plan.
    Groete
    Dina

  35. Barbara says:

    Hello Dina, ek het al ‘n paar van jou boeke gelees maar het nog nie almal nie, en daar is ‘n paar waarna ek soek, maar ek kan hul nie in die hande kry nie. Kan jy dalk help met ‘n adres waar ek kan gaan soek asb?

    Ek was mal oor ‘n Man op sig, Duiwel in ‘n snyerspak en Mooiste man.

    Ek geniet jou boeke baie.

  36. Mari Roberts says:

    Ek moet myself by die ander voeg. Man op sig was heerlik om te lees. My leeswerk is ongelooflik agter, maar hierdie paasnaweek het ek ‘n punt gemaak en ‘n paar boeke gelees. Na Man op sig kon ek nie lekker op die ander konsentreer nie.
    Dankie vir ‘n heerlike leesgenot.

  37. anngert says:

    Dina, ek het so pas ‘Man op sig’ gelees en kon dit nie neersit nie. Jy het ‘n wonderlike talent. Die tema van ‘n huwelik ter wille van ‘n testament het jy heerlik vars benader, die huwelik word eers aan die einde voltrek, na hul mekaar liefgekry het. Ek hou ook van die kort hoofstukke wat die verhaal vinnig laat beweeg.

  38. Anzel Gerber says:

    Dina, ek moet sê, ek vrek oor jou boeke. Ek het jou nuutste boek, Man op Sig, vreeslik geniet. Ek weet nou al, as ek n boek koop wat deur jou geskryf is, sal ek nie teleurgestel word nie. As ek n bietjie kritiek kan gee op hierdie een, dis nie n groot een nie, hoor, sal ek net sê ek het op een stadium perspektief breuk opgetel, waar jy in Markus se kop ingeklim het. Ek probeer nou onthou waar… Ek sal bietjie kyk by die huis en jou die bladsy nommer gee. Verder, is dit uitstekend geskryf. Baie geluk! 🙂

  39. Arien Lubbe says:

    Hallo Dina.
    Ek het vandag ‘Man op Sig’ klaar gelees. Ek het dit vreeslik geniet, maar dit het my nie verbaas nie. Jou boeke het my nog nooit teleurgestel nie.

    • Mitzi kluge says:

      Hi Dina ek het gister jou boek ‘n Man op sig wat deel was van ‘n 3 in 1 boek, gekoop en gelees en dit was so lekker, maar van bland sy 161 – 176 was nie ingebind in die boek nie dit is geweldig frustrerend want ek kan nou nie die laaste gedeelte klaar lees nie en dit is so ‘n oulike boek.

  40. Dina Botha says:

    Hi Inlia
    Ek is bly jy het dit geniet. My nuutste boek is ‘n Man op Sig. Lees gerus die proeseltjie. Dankie dat jy kontak gemaak het en laat my gerus weet wat jy van my ander werk dink.
    Groete
    Dina

  41. Susan Olivier says:

    Ek is een van jou grootste “fans”. Jy skryf oulike boeke en jou titels is ongelooflik oorspronklik. Ek is bly jy het besluit om dit voltyds te doen, want goeie skrywers soos jy moet die boeke uitryg. Ek kan nie eers een uitsonder nie, al jou boeke is ‘n lekker leeservaring.

  42. Rika Du Plessis says:

    Dina, ek het jou Duiwel in ‘n snyerspak in die hande gekry en dit die naweek gelees. Ek het daarvan gehou, soveel dat my man my later skeef aangekyk het terwyl ek lees en hy rugby kyk, want hy is nie gewoond ek sit sommer en lees bedags nie!

    • Marile Cloete says:

      Ek het vir Willemientjie baie geniet. Jy het haar karakter goed geteken – die onbaatsugtige familiehoof aan die een kant, die sensuele vrou aan die ander kant. Die bykomende karakters was nodig om die plattelandse atmosfeer te skep en het nie gepla nie.

  43. Arien Lubbe says:

    My gunstelinge was:
    ONTWAKENDE PASSIE
    ONTEMBARE BRUID
    VIR EWIG EN ALTYD
    SY ROOIKOPBAAS
    ONWEERSTAANBARE KOK
    NOMMERPASMAN
    MOOISTE MAN
    LIEFDESKRALE
    LIEFSTE WILLEMIENTJIE
    DIE ARROGANTE YANK
    DUIWEL IN ‘N SNYERSPAK
    ANDREA SE TROUDAG
    ADAM OP BESTELLING

    Ek is veral erg oor Ontwakende Passie en Ontembare Bruid. Dis vir my lekker om weggevoer te word na ‘n era waar vrouens nog ‘opgedress’ het vir elke dag. Nie dat ek dit wil doen nie, dankie! Vir my is dit ‘n ‘feetjie’ gevoel.

  44. Madelie Human says:

    Ek het DIE ARROGANTE YANK vreeslik geniet. Smeulend en vinnig-vloeiend – die regte resep vir ‘n heerlike romanse. Jy moet seblief nooit weer terugkeer na jou ‘dayjob’ toe nie, Dina

    • Dina Botha says:

      Dankie Marile. Onweerstaanbare Kok was my tweede boek en om een of ander wonderlike rede het die verhaal ongelooflik maklik geskryf.

    • daphne murray says:

      dina ek is sestien jaar oud en het pas van jou boeke begin lees en ek moet se dat resep vir liefde en die nuwe vennoot het my platgeslaan en nou lees my hele vriendinne jou boeke ek is mal oor al jou boeke en my naam is daphne murray

      • Dina Botha says:

        Baie dankie Daphne. Ek is bly jy en jou vriendinne geniet my boeke. Ek het n group op FB waar ek soms ook proestukkies plaas. Daar sal jy ook n lysie van my ander boeke vind indien jy sou belangstel. Lekker lees! Groete Dina.

        • daphne murray says:

          hi dina dis weer ek daphne ek het van die ouderdom vyf af n passie gehad vir skryf maar het nooit so ver gekom om iets regs te skryf nie en aangesien ek al tien van jou boeke gelees het het ek besluit om te probeer jy het my regtig geinspireer ek is by hoofstuk twee dis n heigroman en ek wil graag weet waar en hoe jy jou inspirasie kry as jy vir my n paar tips kan gee sal ek dit regtig waardeur dankie

          • Dina Botha says:

            Hi. Om te skryf is nie heeltemal so maklik as wat dit lyk nie. Maar as ek raad kan gee: Kyk of jy ‘n skryfkursus kan bywoon. Daar leer jy gewoonlik al die moets en die moenies en dit spaar jou baie tyd as jy reeds weet wat die aanvaarbare norm is. En lees baie. Dis waar ek ook my passie vir skryf ontdek het. Leer uit ander mense se werk, want dis n beproefde resep. As dit werklik jou passie is moet jy dit nie sommer opgee nie. Probeer en probeer tot jy suksesvol is. Sterkte, Daphney.

          • daphne murray says:

            hi dina baie dankie vir jou goeie raad oor die kryf lesse ek het so pas n week gelede my eerste boek klaar geskryf ek wag nog vir die uitgewers

Leave a reply to Dina Botha Cancel reply