DIE BEGIN

Die Romanzalesersblog is ’n gemaklike kletskamer vir die skrywers en vir verslaafdes … uhm, ek bedoel, lesers van die Romanza-liefdesverhale deur LAPA Uitgewers. Ons beleef maandeliks die liefde en emosie van die Romanza-familie − vier keer.

Hierdie is elke LAPA-familielid se sitkamer. Hiér kan julle klets, lag of stry oor die karakters wat vir ons vriende, familie of vyande is. Die liefde en leed van die heldin tussen die Romanza-blaaie leef nog lank na enige van ons die boek toegemaak het. Ek self wonder soms of die skrywers nie dalk spy op my lewe nie – want in omtrent elke karakter sien ek ’n stukkie van my persoonlikheid of van die mense in my lewe.

En ek wonder: Sou ek so redelik soos moeder Tamara en pa Joshua wees? Of sou Deborah, as sy my kind was, haar drome vaarwel moes roep?

Hier kan jy graag vertel watter heldin jou soos ’n handskoen pas. Of soos wie sal jy graag wou wees? Is jy ’n Tessa of ’n Lanie? Wie is jou alterego? Of wat dink jy oor die nuwe nommertjies wat die Davel-reeks aangetrek het?

Want karakters is nie net vir ons karakters nie. Ons deel hul leed, liefde en lag. Ons beleef ’n tydperk van verandering en groei saam met hulle en in die proses groei ons ook. Hulle word mense, ons mense!

Kom gesels gerus saam. Volg die instruksies op die tuisblad om kommentaar te lewer.

Vir enige navrae of om slegs “Hallo” te sê, kontak Romanza-klub by:

message2-2-128

 

Romanza@lapa.co.za

black_facebook

 

https://www.facebook.com/Romanza.klub/

black_twitter

 

https://twitter.com/romanza_klub

 

lapa logo

 

https://www.lapa.co.za/Romanza

 

55 thoughts on “DIE BEGIN

  1. nenettedelange says:

    Hi daar, ek wil net weet, kan ek ook op my eie blog oor die boeke skryf wat ek gelees het? ‘n Tipe resensie. My boeke wat ek tans het, is maar oud, so ek dink julle het al daarvan vergeet maar ek wil dit graag met my “followers” deel (tans 2)

  2. Susan van Zyl says:

    Ek is mal oor die romanza boekies,party dae kan ek te lekker lag dan weer wil ek saam met hulle moor@baklei…..ai maar dit bly I lekker manier van ontspan!!!Hou so aanxxx

  3. Madelie Human says:

    Jy hoef nie te registreer nie, tensy jy ‘n Romanzaskrywer is. As jy net gereeld wil hoor wat aangaan, kan jy hier bo op die grys strook klik op ‘subscribe’, dan kry jy e-posse wanneer hier iets nuuts gebeur, wat ELKE dag is!!

  4. Rene vd Merwe says:

    Hi Madelie
    Hoe moet ek deel word om die blog gereeld onder oe te kry…. of moet ek die skakel self kom soek?

      • Mari says:

        Ek is SO baie besig by die werk… anders het ek elke dag kom kuier🙂
        Ek behoort binnekort die Boek en Koek foto’s by Graffiti te kry.
        Ek het nooit die invite gekry nie, wou jou nog vra daaroor.. word dit na my epos-adres gestuur?

        • Madelie Human says:

          Man, het per ongeluk jou naam verkeerd gespel op eerste invite, maar het toe bygekom. Dis nou reg, jy is geregistreer😛 Ons wag ook vir die foto’s wat Leonie ons belowe het.

  5. Lené de Waal says:

    Dankie Madelie. Jammer dit het so lank geneem, maar ek het geswoeg met die osse/muise. Dis `n wonderlike geleentheid en blyk broodnodig te gewees het.

      • Anzel says:

        Hi, Madelie

        Ek wil graag registreer by julle as n skrywer, met my foto en kort bio. Hoe gaan mens te werk? Ek het nog nie n boek gepubliseer nie, maar dit kom. Sommer binnekort. Ek het ten minste al n kortverhaal gepubliseer, as dit help?🙂

  6. Marile Cloete says:

    Ek hou van daai ossewa-beeld – ons waens het net ‘n muis ipv osse!

    Jy het nou ook jou eie bladsy onder Skrywers en Boeke. Vertel gerus die lesers meer omtrent jouself en jou werk daarop.

  7. Linelle Venter says:

    Dis goed om te sien hoe fluks almal deelneem aan hierdie en die skrywersblog – ten spyte van die uitdagings van tegnologie van soos ‘n swaard oor ons koppe hang. My sus se altyd dat as die boervroue met ossewaens oor die berge kon trek, kan ons enige iets doen. Dis ‘n fantastiese ondersteuningsisteem wat julle ontwerp het. Welgedaan!

  8. magdaleenwalters says:

    Hallo, almal!
    Madelie, ek kry skaars Word reg, wat nog van internet en blogs… (dankie tog vir ‘n dogter wat blykbaar met batterye gebore is en rekenaars se gedagtes kan lees!) Wil net sê ek dink hierdie idee van jou is briljant en hier is ek ook sommer nou.

    • Marile Cloete says:

      Baie welkom, Magdaleen – en well done!
      As jy nou op die hoofbladsy van die blog in die grys strook heel regs kyk, sal jy sien daar is nou vir jou ook ‘n eie bladsy geskep. Dus, wanneer jy weer daai dogter met die batterye in die hande kry, laat sy jou gou help om op daardie bladsy vir die lesers ‘n bietjie meer van jouself te vertel. Of dalk gaan jy sommer self regkom!

  9. susol1 says:

    My vakansie is verby- lekker lang drie weke van by die Wes- Kaap uitspan. Nou met ek net die werk op my tafel op datum begin kry… Sal my beste doen om ook hier betrokke te bly.

  10. Dirna Ackermann says:

    Oeps! Die donkie was so sku vir die tegnologie dat sy in haar haas om weg te kom, toe haar eie van verkeerd spel. Daar is veronderstel om ‘n K na die C te wees.

  11. Alda Geers says:

    Baie geluk hiermee, Madelie. Nou het ons uiteindelik iets wat die skrywerseensaamheid kan teenwerk. Ek voel geëerd om deel te wees van die lekker gesels.

  12. Dirna Acermann says:

    Hierdie was soos om ‘n donkie te maak drink. Gelukkig het die donkie uiteindelik besef sy is tog dors.

    • Marile Cloete says:

      Welkom, Dirna! Onder Skrywers en Boeke is nou vir jou ‘n eie bladsy, waar jy asb vir ons ‘n bietjie van jouself en jou boeke moet vertel. Groete.

    • Amanda Best er says:

      More
      Ek wil graag al jou boeke kry om te
      Lees kan ek dit in bondel koop sukkel om die boeke in die hande te kry

  13. Joléne de Koningh says:

    Joanita Fourie, geseënd is jy onder vroue! Moenie dink ons waardeer nie jou uiters belangrike werk nie. Sonder jou en die res van Lapa-span is ons stories net woorde op die skerm.

  14. Joanita Fourie says:

    Hallo! Ek is lid van die redaksionele span (vryskut) en proeflees die meeste van die Romanza-titels.

    • Marile Cloete says:

      Baie welkom by ons, Joanita! Daar is nou vir jou ‘n bladsy onder SKRYWERS EN BOEKE waarop jy asseblief vir ons meer van jouself en jou werk moet vertel.
      Ons is baie gretig om meer te leer van die prosesse waardeur ons “babas” gaan van die oomblik dat ons daardie Send-knoppie druk tot ons met die eerste eksemplaar in ons hand staan.
      Jy is ook welkom om te registreer om sodoende ook selfstandig te kan post.

    • Arien Lubbe says:

      Oeee – met jou moet ek nice wees. Grappie. Welkom Joanita. Ek hoop jy gaan nog baie saam met ons gesels.

  15. Ida Gräbe says:

    Ai toggie, ek sien my gravatar (?) wys uiteindelik op die skrywersblog. Hier kom ek nou ook agterna.

  16. Trudy Reinhardt says:

    Dis nie eposse, internet “navorsing” of hierdie heerlike blog wat my van skryf weghou nie, dis my verslawing aan spider solitaire! Is daar iewers ‘n rehab vir verslaafdes aan rekenaarspeletjies?

  17. Sarah du Pisanie says:

    Ek is ook hier. Madelie jy is ‘n goeie “Voorbok” en jou kudde kom versigtig agterna.
    Al wat ek teen die ‘blog’ het is dat ‘n mens nou sit en speel en gesels en nie by skryf uitkom nie.
    Ons geniet dit egter vreeslik baie.

    • kindvanafrika16 says:

      sjoe nou het ek per ongeluk op hierdie blog afgkekom en ek sien hier mense van wie se werke ek al so baie gelees het, dat ek skoon geeerd voel om tussen julle te kan beweeg!!!!!!

      in my diepste diepste bineste wil ek ook nog eendag iets publiseer, maar intussen is dit vir my wonderlik om van julle werke te verslint, Sarah du Pisanie, jy is een van hulle

      WOW

  18. Madelie Human says:

    Onthou nou, as jou comment hier verskyn, moet jy nog jou besonderhede op jou eie bladsy invul! Chanette, en toe is jou foto ook sommer reg. Welkom hier tussen ons.

  19. Annetjie van Tonder says:

    Madelie, ‘n wonderlike iets is hier aan die gebeur. Uniek. Skrywers van dieselfde genre op een blog saamgetrek en in kontak met ons lesers. Baie dankie, jy het soveel moeite gedoen om dit vir ons te verwesenlik. En dit sommer aan die begin van ‘n nuwe jaar. Lank lewe die liefde en dankie by voorbaat aan ons lesers.

      • Jolene de Koning says:

        Madelie, Kan jy glo? Jy het in 2010 vir my gesê ek moet ‘n kinder nadersleep om vir my ‘n foto op die blog te plaas. Ek het nou weer ‘n fun-foto, kan jy nie dalk groot asseblief weer vir my verduidelik hoe doen mens dit nie? Wees geduldig asseblief, ek is lui om met die tegnologie te stoei??

        Lien

  20. Naomi Eloff says:

    Hallo almal, ek is baie opgewonde oor hierdie blog. Dankie, Madelie vir jou toegewydheid. Dis vir my as aspirantskrywer ‘n seën om deel te kan wees van bekendes. Ek voel geëerd om met julle te kan gesels en weet dat ek hierdeur baie kan leer en ‘n sukses van my loopbaan sal maak.

  21. Marietjie Welgens says:

    Haai, ek is hier. Julle beproef nou regtig my tegniese vaardigheid. Vir ‘n ou vrou gaan dit maar moeilik om by te hou, maar practise makes perfect. Gelukkig is ek in die inligtingstegnologie bedryf. Dit help baie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s