Steeds Henk – Amanda Claassens

 

“Daar was dinge wat jy nie geweet het nie, Bobbie,” begin Henk verduidelik. “My ma was . . . het vriende gehad, mansvriende,” soek hy na woorde. Barbara kan sien dat hy moeilik oor hierdie dinge praat, want rooi vlekke slaan in sy nek uit.

“Daardie week van die matriekafskeid het my ma my ’n tas laat pak, en ons is weg Durban toe met die trein, na haar suster toe. My ma het beweer dat my pa haar gedreig het en dat dit gevaarlik was om daar te bly. Ek reken hy het uitgevind van haar manewales, of dalk het hy maar altyd geweet.”

“Maar dit is tog belaglik, hoe kon jy sommer net saamgaan?”

“Ek was ’n kind, Bobbie, al het ons gedink ons is danig groot.” ’n Effense lag kreukel vir ’n oomblik rondom sy oë, maar dan hervat hy, weer ernstig. “My pa was ’n kwaai man, haar bangmaakstorie het my maklik oortuig.”

Henk reik oor die tafel en neem beide haar hande in syne. “Ek het jou kom soek die oomblik toe ek self oor die weg kon kom, maar jou ma het geweier om vir my te sê waar jy is. Gesê dit is my skuld dat jy weg is. Sy het my soos ’n sleg ding verwilder, Bobbie. Ek het met jou pa ook probeer praat, maar hy was so . . . so half afwesig. Kon ook niks uit hom kry nie.”

“Dit kan ek verstaan. Tussen my ma se knaende gesanik oor alles en die winkel wat aan die sink was, het hy al hoe meer in sy dop gekruip. Ek het selde kom kuier, dit was net te onaangenaam. En toe is hy weg, sommer net so, sonder ’n siekbed of ’n vooraf teken, asof hy wou.”

Barbara sluk moeilik, emosies brand in haar keel. Nog ’n woord en sy is weer aan’t huil.

Oor die skrywer … Wie is Amanda Claassens?

amanda

Amanda Claassens het nie die gebruiklike klein­tydskrywersdroom gehad nie, en waag eers in 2011, op 55, haar hand aan skryfwerk. Sy publiseer verskeie tydskrifverhale nadat sy twee kreatiewe skryfkursusse voltooi het. Sy is getroud en het twee volwasse dogters en twee kleindogters. Sy werk as korttermynversekeringsmakelaar en ge­niet lees en hekelwerk.

Koop nou: https://www.lapa.co.za/Romanza/RomanzaLiefde

Advertisements

2 thoughts on “Steeds Henk – Amanda Claassens

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s