ONTWAKENDE PASSIE – Dina Botha

Ontwakende passie_voorblad

Celestine word yskoud en haar mond is amper te droog om te praat. Die oomblik wat sy so lank al vrees, het ’n werklikheid geword.

“So gou?”

“Ek is bevrees ja.”

Skielik weet Celestine nie of sy dit nog kan doen nie. Om nooit weer haar familie te sien nie, is ondenkbaar.

“Sal jy gereed wees?”

Sy strengel haar vingers ineen en wens haar hart wil nie so vinnig klop nie. Dit maak haar skoon uitasem. “Nee . . . ek dink nie ek kan dit doen nie, Argonne. Ek kan nie weggaan nie. Lavoisier . . . my mense . . . dis my lewe.”

Argonne word wit en sy oë amper swart. Sy ken hom teen hierdie tyd goed genoeg om te weet hy is woedend.

“Nie meer nie? Jy is nou my vrou, waar ek gaan, gaan jy. Dis hoe dit hoort.” Celestine wil wegkyk, maar Argonne se hande skulp om haar gesig, dwing haar om na hom te kyk. “Beteken jou woord dan niks?”

Sy kyk skuldig weg.

“En wat van Maryna? Dis hoekom ons ons in die eerste plek in hierdie situasie bevind.”

Maryna! Sy het skoon van haar vergeet. Rede wil haar oortuig dat haar opoffering verniet is, dat Maryna wel eendag geluk sal vind, al is dit by iemand anders. Dan is daar haar gewete wat haar aankla – as Maryna haar uit pure desperaatheid in ’n liefdelose huwelik met Antonie begeef, sal dit haar skuld wees.

Celestine wens sy het geweet wat om te doen. Die stilte rek. Argonne wag vir haar antwoord, maar sy kry nie ’n woord uit nie.

“Die tyd het aangebreek dat jy jou besluiteloosheid laat staan en besluit wat jy uit die lewe wil hê, Celestine. Wil jy op Lavoisier bly, of gaan jy Saffier môreoggend opsaal en ’n nuwe lewe saam met my begin?”

Dis lank stil. Toe Argonne eindelik praat, is sy stem so kil dat dit rillings teen haar ruggraat afstuur. “Nou goed, ek gaan jou nie dwing nie. As ek môre in die Kaap kom, sal ek alles in my vermoë doen om ons huwelik ongeldig te laat verklaar en jou jou vryheid teruggee.”

Dit ruk haar uit haar passiwiteit. “Maar dis tog onmoontlik! Ons was tog reeds . . . ek bedoel . . . die huwelik is tog in alle opsigte voltrek!”

“Natuurlik sal daar ’n skandaal wees, maar ek sal wel aan ’n plan dink om jou eer te herstel. Ek sal die minste wees, sê dat ek jou daartoe gedwing het. Jy was geheel en al onwillig en het geen sê in die saak gehad nie. Mettertyd sal alles oorwaai en sal mense van jou . . . onbesonnenheid vergeet.”

Celestine gee nie om of daar ’n skandaal is en of haar eer onherroeplik skade ly nie, haar gevoelens het intussen verander. Sy is nou meer as gewillig om sy vrou te wees. Trouens, sy kan haar nie ’n lewe sonder hom indink nie. Maar om te verwag dat sy Lavoisier en haar ouers en susters vir altyd sal verlaat, is ewe ondenkbaar.

Sy wil hom vra, nee, smeek om van die weglopery te vergeet en liewer by haar op Lavoisier te bly, maar sy kry nie ’n woord uit nie. Sy steek haar hand in ’n hulpelose gebaar na hom uit. “Ek . . . kan nie.”

Argonne se oë was nog nooit so kil nie. “Is dit jou antwoord?”

“Ja! Nee . . . Ek weet nie.” Celestine wring haar hande saam. “Dis onregverdig van jou om my voor so ’n keuse te stel. Jy het nog nooit eens gesê jy gee vir my om nie.”

“Die vraag is nie of ék vir jou omgee nie, Celestine, maar of jy genoeg vir mý voel om alles hier agter te laat. Of jy genoeg deursettingsvermoë het om by jou woord te bly – my te volg, ongeag waarheen ek gaan.”

RomanzaKlublede koop al vier vir die prys van twee! http://bit.ly/2vIkkxf

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s