My naam is Alta Cloete. En ek is ’n verslaafde.

My naam is Alta Cloete. En ek is ’n verslaafde.

Die voorste tien verslawings is blykbaar alkohol, rook, dwelms, dobbel, kos, videospeletjies, die internet, seks, koop en werk.

Gelukkig het my verslawing bitter min negatiewe gevolge. Dit takel nie jou liggaam af nie (buiten dalk jou oë), dit maak nie vet nie en dit roei jou nie finansieel uit nie (maar dit het die potensiaal).

Ek praat van lees.

Toe ek die geleentheid kry om romanses vir die Romanza-reeks te skryf het ek dit met albei hande gegryp.  Ek begin om die Romanza-reeks te lees en ’n nuwe wêreld gaan vir my oop, want ek ontdek die krag van ontvlugtingsleesstof. Ek ontdek helaas ook die stigma wat daaraan kleef.

Van die romanses vorder ek na waar my hart eintlik lê: die liefdesroman. En die stigma bly. Ek ontdek egter dit is die lekkerste werk ter wêreld. Jy dink ’n moderne vrou uit met wie jy en die leser kan identifiseer en dan skep jy vir haar ’n mooi, goeie man wat haar onherstelbaar liefkry.

Ek is Alta Cloete. Ek is verslaaf aan die skryf van romantiese fiksie. En dit bring vir my ’n diep, diep vreugde. Stigma of te nie.

Uittreksel uit Alta Cloete se brief wat in Rapport van 6 Julie 2013 verskyn het! Alta skryf lekkerlees-liefdesverhale onder die skrywersnaam, Marilé Cloete. Haar eerste e-novelle, Man met ’n hart, het pas onder RomanzaLiefde single verskyn!

RomanzaLiefde single is LAPA Uitgewers se eerste romantiese e-boekreeks. Vanaf Augustus 2017 verskyn daar maandeliks twee eboekliefdesverhale deur LAPA Uitgewers se geliefkoosde romanseskrywers. RomanzaLiefde single is lekker kort liefdesverhale-reeks beskikbaar op http://www.lapa.co.za RomanzaApp, Amazon, Itsi, Kobo en Ingrim. Met elke novelle verskyn ’n bonus kortverhaal. Bederf jouself met ons lekker kort liefdesverhale-reeks – vinnige en bekostigbare ontvlugting!

Vier Vrouemaand met gesoute skrywers

man met _n hartMan met ’n hart − Marilé Cloete

Jacques het nog nooit ’n moeilike vrou soos Jackie ontmoet nie, maar wegbly kan hy nie. Jackie het ná haar eksverloofde haar gelos het mure om haar hart gebou en sy is nie van plan om dit nou te laat verkrummel nie. Maar Jacques laat hom nie stuit nie en sy besef hy is ’n groot gevaar vir haar hart.

 

_n Ridder vir Sanna

’n Ridder vir Sanna − Sophia Kapp

Met die eerste oogopslag, herken Sanna vir Dewalt as die een wat haar liefde waardig is. Maar albei dra swaar aan hul verlede. Sal hulle die struikelblokke in hul verlede kan oorkom en saam geluk vind?

webbanner 2

SLEGS R29,99!

RomanzaLiefde single is lekkerlees-liefdesverhale wat jy enige tyd, enige plek kan lees. Maak ’n koppie koffie, skop jou skoene uit en bederf jouself met stories wat elke keer gelukkig eindig. Koop nou:https://www.lapa.co.za/Romanza/RomanzaLiefde

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s