Varsgedruk! Julie se bederf

junie

Bernadine en die babawagter – Arien Lubbe

Bernadine stel iemand aan om na haar driejarige seuntjie te kyk. Miké se CV beïndruk haar die meeste so sy kry die pos. Maar dan blyk “Miké” eintlik Michael te wees – ’n onbeskryflik aantreklike en manlike ingenieur!

Alles is perfek – Dina Botha

Die weduwee en sterrekundige, doktor Emma Holbrook, se toekomsplanne sluit nie ’n babadogtertjie in nie. Sy wil vir NASA werk en gaan haar kind laat aanneem. Maar die aantreklike dokter Simon Krynauw, wat haar dogtertjie wil aanneem maak haar hart baie deurmekaar.

Die dokter se rare fobie – Trudy Reinhardt

Roseanne se ses-maande-verblyf op die pragtige St Francisbaai word deur haar tydelike kollega, Sean Byrne, ontsier. Sy diagnoseer hom met ’n rare vrees vir velkontak. Maar die vraag is, het Sean werklik ’n vrees vir kontak of hou sy fobie eerder verband met blondines, waarvan Roseanne een is?

Die paartjiekoper – Ida Bester

Annelle is ’n paartjieknoper, maar sy wil nie liefde vir haarself vind nie. Toe sy egter in Christiaan Verwey se oë kyk, is sy nie meer so seker sy wil Kupido se pyl ontwyk nie.

Vlindervlerke − Anna Penzhorn

Madagaskar is Ilana se volgende bestemming, waar sy foto’s van modelle gaan neem. Al wat sy nog moet afhandel, is ’n ontmoeting met die vlieënier van ’n privaat vliegtuig wat haar en een van die modelle soontoe sal neem. Dit is in hierdie stadium wat sy ’n onaangename verrassing in haar en haar verloofde se woonstel kry en die verlowing summier beëindig voor sy die vliegtuig haal.

Blank white book w/path

Maar die noodlot werk nie saam nie en Madagaskar is nie waar die ligte vliegtuig met Ilana, ’n model en die vlieënier neerstryk nie. Dit het verreikende gevolge …

Terug in Suid-Afrika het Ilana meer as net haar verbreekte verlowing om te hanteer. Ou beloftes, haar voog se verswakte gesondheid en ’n sameloop van omstandighede bring haar onder die besef dat sy nie anders kan as om die verlowing te heroorweeg nie. Dié verwikkeling pas glad nie in by die gevoel wat sy en die vlieënier vir mekaar begin ontwikkel het nie maar dit lyk nie asof sy ’n keuse het nie.

En so kom haar troudag al hoe nader terwyl haar hart huil oor ’n man wat haar hele lewe verander het. Ilana gaan blykbaar die onwillige verloofde bly wat byna van buite toekyk hoe haar toekomsdrome ineenstort.

 

Heiliger − Dibi Breytenbach       

Blank white book w/path

In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe ’n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle ’n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur ’n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word.

Nóg Amalia, ’n staatsaanklaer op Witteberg, nóg Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word – deels vir sy eie veiligheid, deels omdat ’n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir ’n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van ’n sel en dié se bewoners kennis maak.

Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur ’n dwaalkoeël getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik s’n. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy ’n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk ’n Kubaanse dokter oor hom in ’n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy ’n fout gemaak …

Alle boeke nou beskikbaar by LAPA Uitgewers: https://www.lapa.co.za/

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s