Die plaasvervanger − Magda Schmidt

Die plaasvervanger_high res

Linda word die Maandagoggend wakker met die besef dat daar nog net vyf dae op Meyersrust vir haar oor is. Saterdagoggend vroeg wil sy in die pad val sodat sy nog die middag by die winkel kan uitkom om kruideniersware te koop. Sy het haar yskas en koskas leeg agtergelaat. En Maandag begin sy weer werk.

Haar oorwegende gevoel is een van verligting. Sy glo nie sy het al voorheen binne die bestek van twee weke soveel wisselende emosies beleef nie. Boonop het Ryno se laaste opmerking in die motor haar laat wonder of hy iets aangevoel het van haar aangetrokkenheid tot hom, en of hy op sy beurt dalk ook iets vir haar voel. Dis waar dat hulle sedert die Maandag van haar aankoms in verskeie buitengewone situasies en gesprekke ingedwing is vanweë die probleme tussen hom en Marina, anders as wat normaalweg tussen ’n swaer en skoonsuster die geval sou gewees het. Die feit dat hy so openlik teenoor haar erken het dat Marina nie die vrou is met wie hy gedink het hy getrou het nie, het ’n besondere band tussen haar en Ryno geskep. Dit sou heeltemal anders gewees het as Ryno en Marina steeds gelukkig was. Want dan sou sy haarself nooit dagdrome oor hom veroorloof het nie, al het Ryno haar so diep beïndruk met die krag van sy persoonlikheid en haar ook fisies aangetrek. Dis die wete dat hy ongelukkig en onvervuld in sy huwelik is wat die begeerte by haar wek om hom te troos, haar laat verlang om die leemte met haar liefde en omgee te vul. En tog weet sy dat dit nie moontlik is nie, juis omdat Ryno se eerbaarheid dit sal verhoed dat daar ooit iets tussen hulle gebeur.

Haar vaste voorneme is daarom om soveel tyd as moontlik saam met Susan in haar suite deur te bring en seker te maak dat sy en Ryno nie weer alleen is nie. Sy sal ook liewer vanoggend ’n bietjie laat vir ontbyt opdaag en eers buite die eetkamer wag totdat sy Susan daar hoor praat. Toe sy dit egter regkry om ná Susan in te loop en haar en Ryno in een asem te groet, lyk dit amper onnodig, want haar swaer se gesig is stil en afsydig, en daar is geen teken van sy gebruiklike tergende glimlag nie. Hy kyk na haar asof sy ’n vreemdeling is, amper soos wat hy gedoen het nadat hy haar van ’n vryery met sy jong buurman beskuldig het.

Wat is dit ook met Ryno, wonder sy, meteens sommer vies. Hy is die een oomblik die gawe gasheer en ondersteunende ouboet, dan weer ’n aantreklike man wat subtiel laat blyk dat hy haar as vrou raaksien en waardeer, en dan – soos nou – ’n koel en afsydige vreemdeling. Dis immers nie haar skuld dat sake moeilik is tussen hom en haar suster nie. Hy van alle mense weet tog dat Marina haar nie sal laat voorsê nie!

Die plaasvervanger is nou beskikbaar by LAPA Uitgewers: http://bit.ly/2tWV5E5

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s