ATKV-Skryfskool: Liefde onder die loep

LENTESKOOL MET SKRYFKOMPETISIE VIR SKRYWERS VAN ROMANTIESE FIKSIE

atkv

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA Uitgewers, bied van Donderdag 14 tot Saterdag 16 September 2017 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.

Bekende en bekroonde skrywers van romantiese fiksie, verteenwoordigers van LAPA Uitgewers en personeel van die ATKV-Skryfskool tree as gespreksleiers op. Liefdesverhaalsoorte soos die romanse en liefdesroman kom onder die loep.

Hierdie twee-en-’n-halfdag-geleentheid is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf. Dit word aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit en die inskrywingsgeld beloop R2 750 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, oggend- en middagpouse-verversings en ’n funksie op Vrydagaand 15 September. ’n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar. Kontak Kobie van Aswegen by Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za of per telefoon by 018 299 1783 vir meer besonderhede.

Die ATKV-Skryfskool bied in 2017 ook ’n kompetisie in die skryf van ’n romanse aan. Die wenner hiervan sal die Lenteskool GRATIS kan bywoon. Vir meer inligting hieroor, tree eweneens in verbinding met Kobie van Aswegen.

Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s