Brief van Nadia aan Lilly: – Rosita Oberholster (Dans met ’n maangodin)

My liefste Lilly

Daar is niks op hierdie aarde wat ’n mens werklik kan voorberei op die dood nie. Soos wat ek hier sit en skryf, is ek so verskriklik bang. Bang vir die onbekende. Maar ek word by die dag swakker en ek weet daar gaan ’n tyd kom wanneer ek gaan bid dat dit alles oor en verby moet wees.

Daar gaan nie ’n dag om dat ek nie vuriglik wens dat ons meer tyd saam kon gehad het nie. En dit het my laat dink. Oor hoe kosbaar tyd en lewe is. Daarom skryf ek vandag vir jou.

Die lewe is verskriklik kort, Lilly. Moet dit nie in ’n waas van werk en verpligtinge verby jou laat gaan nie. Doen moeite om ’n sonsondergang te sien. Geniet die maanlig. Wandel in die peerboomlaan. En wanneer die bloeiselblare soos konfetti om jou neersif, dink aan my. Weet ek is daar. By jou. Ek sien jou, en ek is gelukkig.

Wanneer die somer kom, swem kaal in jou dam. Glo my, daar is min goed so bevrydend soos dit. Eet oesters en drink sjampanje wanneer die geleentheid hom voordoen. Lééf jou lewe, my vriendin.

En dan laaste, maar nie die minste nie. Wanneer liefde aan jou deur kom klop, maak oop. Wees ontvanklik daarvoor. Matt het jou lief, Lill’. Ek sê dit, want ek weet dit. Jy is sy Selene. Sy maangodin.

Dankie vir jou vriendskap. Jou kameraadskap. Jou onselfsugtige liefde. Elke kosbare oomblik wat ons kon deel. Jy was my lig in die donker. My reddingsboei in stormwaters. Ek sal jou ewig dankbaar wees.

Tot ons weer ontmoet.

Nadia

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s