Vinkel & Koljander-vroue leer keen vir Donna, Kato en Ruby

v en k webblad30

Donna de Villiers

Solitaire (Hoëres)

Ouderdom: 35

Stokperdjies: Surf

Beroep: Juwelier

 

Gunstelingfliek: Scent of a woman

Vyf dinge waarsonder jy nie kan leef nie? My branderplank, my gereedskapskis, die see, edelstene en ’n goeie humorsin.

Jy het nie ingeskryf vir Vinkel & Koljander-vroue nie. Hoe het jy op Minnaarshof beland?. Ek was op die plaas om ’n replika van ’n antieke juweelstuk te maak. My hoofprioriteit was om weer my loopbaan op dreef te kry en terug te kry wat ’n man by my gesteel het.

Wat het jy tydens die kompetisie geleer? Toe Minnaarshof se mense hulle huis en hulle harte vir my oopgemaak het, het ek weer vertroue in myself en my medemens gekry. Dit het my in staat gestel om blywende vriendskappe met die mense te smee met wie my pad op Minnaarshof gekruis het.

Lewensmotto: Gun jouself en ander ’n tweede kans.

 

Kato Klinge

Woestynroos Cover Final High Res

Ouderdom: 37

Stokperdjies: Gim, tuinmaak

Beroep: Ingenieur

Gunstelingfliek: Schindler’s List

Vyf dinge waarsonder jy nie kan leef nie? Slimfoon, wildsbiltong, finansiële onafhanklikheid, familie en Mr. Muscle.

Waarom het jy ingeskryf vir die kompetisie? Ek het pas teruggekeer uit Doebai waar ek drie jaar vir ’n konstruksiemaatskappy gewerk het. Ek was finansieel onafhanklik, in my beroep het ek sukses bereik. Die natuurlike volgende stap sou ’n eggenoot en ’n gesin wees. Die dinamiese Toit Minnaar was die ideale pasmaat saam met wie ek my rol as vrou en ma sou kon uitleef.

Wat het jy tydens die kompetisie geleer? Dat ’n perfeksionis soos ek nie sal aard in ’n uitgebreide huishouding soos Minnaarshof s’n waar ek my lewensruimte met Toit se ma en ouma sou moes deel nie. Dit was die beginpunt van vriendskappe met mense wat my mettertyd laat besef het familie is nie net mense wat met bloed aan jou gebind is nie.

Lewensmotto: Moet nooit jou beginsels en ideale prysgee nie.

 

Ruby Swart

Droomland

Ouderdom: 38

Stokperdjies: Werk is my stokperdjie en ek reis dikwels vir my werk.

Beroep: Eksmodel, modeontwerper en sakevrou.

Gunstelingfliek: Pretty Woman

Vyf dinge waarsonder jy nie kan leef nie? Ontwerperskoene, water, mooi lap, my bidsnoer en ’n geldige paspoort.

Waarom het jy ingeskryf vir die kompetisie? Die promosiebestuurder van ’n plaaslike skoonheidshuis wat een van die borge van Vinkel & Koljander was, het my oorreed. Dit sou goeie blootstelling wees vir my Black Ruby-klerereeks wat pas die lig gesien het. Die borge het gemeen ek en die sjarmante Toit Minnaar sou ’n goeie paartjie maak. Daar was nie ’n spesiale man in my lewe nie en ek het besluit hoekom nie?

Wat het jy tydens die kompetisie geleer? Die rustige plaaslewe is nie vir my nie. Ek kry my inspirasie en kreatiewe energie uit die stad waar ek in die vinnige baan kan lewe. Ek beweeg in ’n groot sosiale kring, maar daar is net ’n paar mense met wie ek diepgaande verhoudinge het. Die mense wat ek op Minnaarshof leer ken het tel onder hulle.

Lewensmotto: Harde werk en deursettingsvermoë bewaarheid drome.

Die Vinkel & Koljander-vroue is tuis by LAPA Uitgewers: http://bit.ly/2donfmp

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s