LIEFDE VIR ’N VUURVRETER – Didi Potgieter

Pootuit sak Imke op ’n stoepstoel neer en drink die oneindige groen voor haar in. Sy lig nie eers haar kop toe Marcy teen die trappies opklim en ook op ’n stoel neerval nie.

“Ek was bang hulle ry nooit!”

“Toemaar, die bruidegom was haastig genoeg om met sy wittebrood te begin.”

“Vir ’n getroude vrou is jy darem maar naïef. Hulle het hulle wittebrood al gisteraand in jou huis begin.”

Imke glimlag. “As getroude vrou besef ek die waarde van privaatheid. Moet ek jou herinner dat my hele skoonfamilie ook die naweek hier tuisgaan?”

Marcy lag en skud haar kop. “Ek het nie gedink in jou toestand sal julle meer ’n behoefte aan privaatheid hê nie!”

Dit is Imke se beurt om te lag. Dit is beter om niks verder te sê nie. Marcy is nou wel haar beste vriendin, maar daar is geen manier om ’n ander mens te vertel dat vir altyd nie lank genoeg is as jy iemand liefhet nie. Elke oomblik tel.

“Baie dankie vir die hulp met die troue vandag,” verander sy die onderwerp.

Marcy glimlag. “Dit is my werk.”

“Nee, dit is nie. Jou werk is om troues by die Park Hotel te reël, nie by La Montagne nie.”

“Ek kan seker nie dat my beste vriendin in haar brose toestand so ’n groot troue alleen behar- –

tig nie, veral nie as haar man my salaris betaal nie.”

“As my man sy sin kon kry, het ek die volle nege maande in die bed gebly.”

“Jy kan dit weer sê.”

Imke se hart klop vinniger toe Robert in die deur kom staan. “Ek is swanger, Robert, nie siek nie.”

“Ons gaan nie weer hierdie gesprek hê nie, ou vuurvretertjie.”

Marcy lag. “Asseblief nie, want dan moet ek kant kies en albei is ewe gevaarlik. Ek dink ek gaan eerder vir Mark opsoek. Dit is veiliger.”

Toe Marcy weg is, gly Robert se hande oor haar maag.

“Robert!”

“Wat?”

“Ons sit met ’n huis vol mense.”

“Hulle moet maar verstaan.”

Sy lippe kom op hare neer en Imke het geen verweer meer nie. Dan skop een van die babas en Robert staan dadelik ’n tree terug.

Imke glimlag.

“Dit is nog niks. Jy moet voel as albei gelyk bedrywig raak.”

Teer vryf Robert oor die ronding van haar buik.

“Het ek al vir jou gesê hoe mooi jy vir my lyk?”

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s