Die duisend-keer-vraag – Didi Potgieter

Die vraag is al ʼn duisend keer gevra: Hoekom het jy begin skryf?

Die antwoord is eenvoudig, ek moes. Dit was ʼn finalejaarsopdrag vir Skryfkuns. Ons moes iets lewer wat gepubliseer kan word en ek het besef romanse is die enigste genre waarvoor ek deursettingsvermoë sal hê.

Met die druk van ma- en vrouwees en brood op die tafel sit, is tyd om te doen wat jou hart sê maar min…

Maar my karakters het aangehou aanklop – soms so lastig dat ek nie anders kon as om te gaan sit en hul storie te vertel nie. En glo my, hulle klop steeds elke dag – en op Sondae moet ek hard werk om hulle te ignoreer.

Ek is egter bly hulle het aanhou karring. My karakters het my immers op reise gevat na bestemmings wat ek nooit op my eie sou sien nie. Hulle het my help skep aan hotelle, huise en selfs besighede. Ek het die Amerikaanse Presidentshuis besoek, rokke ontwerp en selfs troues beplan.

romanza-liefde-omslag_januarie

Meer nog, hierdie geliefdes van my het my agter die skerms gevat van hartoorplantings en orgaanskenkings. Ek het geleer dat om vir die Springbokspan te speel nie altyd maanskyn en rose is nie en het die wrede werklikheid van renosterstropery en die deernis van die mense wat tot die geveg tree ervaar.

Elke karakter is soos ʼn vriendin saam met wie ek ure sit en kuier. Daar was nie een karakter  wat nie in my kop ʼn regte mens geword het nie. Soms baklei ons oor gebeure en dan moet ek maar weer delete en oorskryf…  Selfs van die feekse wil nie lekker in my boksie pas nie.

En tog, met elke gelukkige einde is die vreugde my eie, en dit is dalk my grootste rede vir skryf en nog skryf en weer skryf. Dit maak die laat aande en seer spiere die moeite werd en dit maak dat ek meer en meer in alles ʼn liefdesverhaal sien wat wag om geskryf te word.

My man sê altyd ek dink in stories.

Beslis!

Oor Didi …

didi_2016

Didi Potgieter woon op Potchefstroom in Noordwes. Vandat sy kan onthou skryf sy liefdesverhale in haar kop, maar het eers onlangs besluit om dit op papier te waag. Met twee kinders, ’n man en ’n loopbaan om aan aandag te gee is daar maar min tyd vir skryf, maar soos vir die meeste ander skrywers is skryf vir haar terapie.

Lees meer oor Didi op http://bit.ly/2rRIiUy

Advertisements

One thought on “Die duisend-keer-vraag – Didi Potgieter

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s