“Meer as een kinkel in ’n baie dik kabel” – Anna Penzhorn

Wie is Anna Penzhorn as sy van haar skrywerstoel af opstaan?

’n Verstrooide huisvrou, kompulsiewe leser en hondebederwer.

Hierdie jaar verskyn ’n liefdesroman, Helende liefde, en ’n SuperRomanza, Vlindervlerke, uit jou pen. Wat is jou grootste uitdaging wanneer jy ’n roman en SuperRomanza skryf?

Om gewigtige kwessies onder die loep te neem, maar nie te vergeet die lewe  het ook ’n ligter kant nie.

Jy skryf in drie genres. Vind jy dit makliker om in ’n sekere genre te skryf?

Skryf is nooit maklik nie. Elke genre het sy eie vereistes wat nie onderskat mag word nie.

Indien jy ’n nuwe storie begin, weet jy reeds in watter genre dit is of word dit later bepaal?

Wanneer ek ’n storielyn in my kop het, weet ek in watter genre dit die beste sal werk. Ek is natuurlik nie altyd uit die staanspoor reg nie.

Andrea Basson in Helende liefde is ’n karakter waarmee baie vroue kan identifiseer. Het jy van die begin af geweet wie sy is en hoe sy sal groei of het sy saam met die storie gegroei?

Helende liefde_Anna Penzhorn

Ek het van die begin af geweet hoe ’n sterk karakter Andrea Basson is. Maar ek het nie geweet hoe groot gaan haar val wees of hoeveel sy gaan groei nie.

Met Helende liefde raak jy ’n baie universiële tema aan. Wat was die inspirasie agter die storielyn?

Ek ken meer mense wat deur ’n egskeiding gegaan het as dié wat vir altyd en altyd gelukkig saam gewoon het.

Water boeke is op die oomblik op jou bedkassie?

Nora Roberts – Bed of roses en The MacGregors.

Sommige skrywers begin met karakters, ander met ’n storie. Watter deel van ’n storie ontkiem eerste in jou kop?

Die karakters en hulle reaksie op hul leefwêreld. Indien die twee intrige spel, maak dit ’n storie.

Hoeveel beplanning en navorsing doen jy voordat jy begin skryf?

My beplanning is skaars ’n folio. Ek sal navoring doen oor belangrike aspekte van die verhaal, maar ek raadpleeg meneer Google byna daagliks.

Wat was die beste raad wat jy oor skryf ontvang het en van wie?

“Hanteer sukses en mislukking op dieselfde manier” – Elizabeth Gilbert.

As jy nie ’n skrywer was nie, sou jy …. wees?

’n Regisseur.

Vlindervlerke is jou 45ste titel. Wat is volgende vir jou in die pyplyn?

Ek werk aan ’n liefdesroman met meer as een kinkel in ’n baie dik kabel.

Vlindervlerke_voorblad

Vlindervlerke verskyn in Julie 2017!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s