Susterskap, om te hustle en die liefde – Cliffordene Norton

 

ROSA blog header

’n Keuse wat ek die meeste van 2016 berou is om slegs een dag van die jaarliks ROSA-konferensie (Romance writers Organisation of South Africa) by te woon. Toe ek en my kollega, Marlies, die geleentheid gekry het om die ROSA-konferensie by te woon het ons besluit om elk ’n dag by te woon sodat ons een dag van die naweek kan vry hê.

Maak nie saak hoeveel jy jou werk geniet nie, naweke wil jy lê en slegwees. Dus een dag van ROSA.

Maar hemel was ek verkeerd. Toe ek die oggend by Melrose Place instep was dit inspirend, intimiderend en wonderlik.

 

Dit was bietjie soos om huis toe te kom, want die emosie – susterskap – is redelik bekend. Ek werk gereeld met liefdesverhaalskrywers en hierdie susterskap kom in elke woord en gebaar voor. Dalk is hierdie kollegas meer geheg aanmekaar omdat daar op dié genre neergesien word? Dalk is dit net makliker om liefde rond te strooi as jy elke dag met gelukkige eindes werk.

Op dag twee het Joanne MacGregor raad gegee oor bemarking, Joss Wood het gepraat oor storietipes, Romy Sommers oor navorsing en Rae Rivers het my geleer hoe om vrees in ’n handige stukkie gereedskap te verander.

Hierdie vroue mag dalk met liefde oor die liefde skryf, maar hulle is ook skerp sakevroue wat weet hoe om te hustle sodat hul boeke topverkopers is en bly.

Ek het woes notas gemaak, dus gee ek ’n paar vinnige wenke wat skrywers handig te pas sal kom.

Joanne MacGregor is ’n Johannesburgse skrywer van jeug- en volwasse fiksie. Joanne glo elke skrywer moet hustle en haar skryfwerk soos ’n besigheid hanteer. In haar woorde: “As jy ’n stereotipiese gemartelde skrywer is wat in ’n donker hoek sit en skryf, sal jy geen kopieë verkoop nie. Maar as jy boeke wil verkoop, moet jy hustle!”

  • Verander hoe jy oor jouself dink, jy is ’n Authorpreneur. Dit beteken jy moet kan skryf, begroot en bemark. Beskou jouself as ’n klein onderneming en werk!
  • Lewer altyd uitstekend werk.
  • Jy moet sigbaar wees. Dus moet jy ’n Facebook-blad of webwerf het. Die leser wil jou as skrywer leer ken en dit bou lojaliteit.
  • Moet nie net skreeu ‘koop my boek’ ‘koop my boek’ op sosiale media nie. Bou verhoudings met jou lesers – waardeer hulle.

Joss Wood is ’n Natalse skrywer wat liefdesverhale vir Harlequin se Kiss en Desire-reekse skryf. Sy het ’n lekker sin vir humor en dit kom deur in haar boeke.

Sy het gepraat oor die storietipes.

  • Die drie populêrste temas vir liefdesverhale is tans vriende wat verlief word, ware sielsgenote en tweede kans op liefde.
  • Bly weg van hulpelose heldinne en mislike mans.
  • Vind ’n oorspronklike kinkel in die storietipes.

Romy se Not a fairy tale is in 2016 genomineer vir ’n RWA (Romance Writers of America) Rita-toekenning!

Romy Sommer is ’n Gautengse skrywer wat graag gelukkige eindes vir Harper Impulse skep. Sy is ook die hoof van ROSA. Haar praatjie was oor navorsing en hoe om genoeg waarheid te gee sodat die sprokie geloofwaardig lees.

  • Doen al jou navorsing voor jy begin skryf.
  • Weet soveel as moontlik oor die plek, karakters en tydgees, maar moet nooit toelaat dat jou navorsing die storie oordonder nie.
  • Dink buite die gewone boks. Besoek Google Maps, eiendomsagente se webtuistes om huise te soek vir jou karakters, of kostuumwebtuistes om klere van ’n spesifieke tydgees te beskryf, kyk na video’s op YouTube, volg blogs, kyk na skilderye en vra kenners om met jou te praat.

Rae Rivers is ’n Kaapse skrywers vir Harper Impulse. Sy het ’n kragtige toespraak oor vrees gelewer. Sy gee die volgende wenke om jou vrees te oorkom.

  • Verander jou persepsie oor vrees. Vrees wil jou veilig hou en is dus jou vriend.
  • Identifiseer jou vrese.
  • Maak vriende met jou vrese: Gee dit ’n naam, maak dit ’n persoon met wie jy kan onderhandel. Rae se vreesvriend is, Gru van Despicable Me.
  • Hanteer jou vrees deur te beplan en ’n tweede plan te maak.
  • Stel altyd jou vrees gerus en neem beheer oor jou lewe.

1c963754c82ac74a700e083e76a00e00

 

Jy kan nou ook jou eie Afrikaanse liefdesverhaal inskryf vir die Imbali-kompetisie. Vir meer inligting besoek ROSA se webwerf: https://www.romancewriters.co.za/imbali-contest

Advertisements

2 thoughts on “Susterskap, om te hustle en die liefde – Cliffordene Norton

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s