Mei se boeke: ’n Maangodin, ontembare bruid en wat van Die Mense Langsaan?

Dans met ’n maangodin – Rosita Oberholster

Lilly is oortuig dat haar buurman Matt ook gevoelens vir haar het. Maar dan trek sy eksvrou oornag by hom in en boonop praat hy gereeld van die nimlike “Selene” wie sy nog nooit met die oog gesien het nie.

Lank en gelukkig – Magdaleen Walters

Om skielik jou huis met ’n vreemdeling te deel, is moeilik. Veral as dié vreemdeling jou eks-verloofde se broer en onmeetlik aantreklik is en jou boonop gekoester en beskermd laat voel. Dis die dilemma waarmee Larita sit.

Ridder van die branders – Rika du Plessis

Duart red Dineke van die diepsee se branders. ’n Ridder, dink sy. Maar vanaf sy eerste woorde vryf hy Dineke verkeerd op. Duart dink sy is bedorwe en sy dink hy is ongemanierd. Waarom vind hulle mekaar dan onweerstaanbaar?

My hart se keuse – Ria Richards

Na haar eksman se verraad glo Saskia nie haar hart kan weer herstel nie … totdat sy die sproetgesigseuntjie in haar speelgroep se aantreklike pa, Quintin, ontmoet. Hy maak teenstrydige emosies in haar wakker: een oomblik laat hy haar hart bokspring, die volgende wil sy hom vermoor.

Ontembare bruid – Dina Botha

Ontembare bruid

Vurige, eiesinnige Jacqueline de Péronne se eie wil en drome glip bietjies-bietjies
deur haar vingers. Sy word ’n pion, al sit sy haar ook hoe driftig teë
Konvensies aan die Kaap de Goede Hoop en haar ouers skryf aan haar voor.
Teësinnig trou sy met oorgewig slawehandelaar Miguel Cortés, haar geliefde neef
Christiaan in sy Spaanse gedaante.

Miguel is dadelik weer vort en sy wag angsbevange op sy terugkeer. Toe maak
Christoban Hernándes sy opwagting.

Hy beheer haar kom en gaan, trek haar in ’n web van intrige, verraad, passie en
begeerte in. Christoban maak haar woedend, oorrompel haar, maar sy bly Cortés se
vrou. En sy laat haar nie sommer tem nie.

 

Helende liefde − Anna Penzhorn        

Helende liefde_Anna Penzhorn

Andrea Basson se lewe verander onomkeerbaar toe sy met die ondenkbare gekonfronteer word. Ná dertien jaar van getroude lewe met Dewald, die liefde van haar lewe, ontdek sy hy is ’n rondloper. Sy maak kennis met die slinksheid van ’n Jesebel en gaan deur al die fases van ’n vrou wat owerspel eerstehands beleef – ontkenning, verwerping, woede, wraak en intense hartseer. Die pad na herstel is lank, uitdagend en vol slaggate. Maar die storm staan nie stil nie en sy kom ook nie dieselfde mens anderkant uit nie. In die proses ontdek sy ook heling lê daarin om na ander in nood uit te reik. Egskeiding verwoes, maar die liefde maak heel.

 

 

Die mense langsaan Elsa Hamersma     

Die mense langsaan

Christine wil van Frikkie, haar man, ontslae raak. Moord maak meer sin as egskeiding, veral nadat hy baie geld op die Lotto wen wat hy nie met haar deel nie. Dan trek daar ’n geskeide man met ’n volwasse dogter langs haar in. Wanneer Frikkie op onverklaarbare wyse by die trap in die huis afval, is die speurders en Christine suspisieus oor haar nuwe buurman. Christine, die ryk weduwee, trou gou weer en trek saam met haar nuwe man na ’n veiligheidslandgoed. Haar eertydse kollega, Zebith, is haar nuwe buurvrou. Mettertyd kom Christine agter dat die huis waarin sy en haar nuwe man bly ’n bloedige geskiedenis het.

Zebith ken die geskiedenis en was betrokke by die inwoners. Sy ly aan postraumatiese stres en wroeg omdat sy skuldig voel oor wat in die huis langs hare gebeur het. Saam met die skuldgevoel moet sy ook die pyn van haar gebroke hart hanteer.

Die twee buurvroue het albei die man saam met wie hulle gewoon het, verloor en albei het  skouers geskuur met gewelddadige dood.

Daar kan tog nie nog onvoorsiene tragedies vir hulle voorlê nie?

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s