Troukoors − Madelein Stoltz

troukoors_voorblad_high res

“Sien jou later, Louise.” Marno storm by die agterdeur uit en stryk met driftige treë aan. Wie is die kêrel? Brink of daardie bleeksiel van ’n onderwysertjie? Of is daar nog ’n aanspraakmaker? Hy druk met sy hande aan die kante van sy kop. Hy sal ’n plan moet maak. Hy kan haar nie verloor nie. Hy gaan haar net nie bel nie, want sy kan die foon altyd dooddruk. Dalk moet hy die bakkie was en gaan kuier. Dan dink hy aan haar blink nuwe karretjie. Brink se blink Mercedes. Sy ou afgeleefde bakkie.

“Waar gaan jy nou?” roep Louise agterna.

“Kar koop. Kan nie gaan vry met daardie ou bakkie nie!” skree Marno terug. Hy versnel sy pas net ingeval sy nog wil klets.

Miskien moet hy iemand huur om hom oor vroumense te leer. Kry ’n mens sulke boeke wat jou kan vertel wat in ’n vrou se kop aangaan?

Toe hy by die huis kom, kry Marno ’n blink gedagte. ’n Mens kan mos deesdae alles op die internet vind. Hy skakel sy rekenaar aan en kliek ’n rukkie later op die Google-ikoon. Hy tik in “understanding women” en sit verbaas agteroor toe hy ses honderd een en tagtig miljoen resultate vind. Blykbaar is hy nie die enigste drommel wat vroumense nie verstaan nie. Hy sweer as hy oor ’n week weer kyk, sal dit seker sewe honderd miljoen wees.

Hy vergeet skoon van die kar wat hy wou gaan koop het en haal ’n skoon vel papier en ’n pen uit sy lessenaar se laai.

Twee uur later het hy ’n paar webtuistes besoek en die vernaamste feite om te onthou neergeskryf.

’n Vrou wil verstaan word sonder om haar optrede te verduidelik.

’n Man moet weet waarvan ’n vrou hou.

’n Vrou wil liefgehê word.

Wees hoflik, baie belangrik, en maak die deur vir haar oop.

’n Man moet ’n vrou eerste nader.

’n Man moet selfvertroue hê en humoristies wees.

Wees baie versigtig wat jy vir ’n vrou sê, want sy sal dit nóóit vergeet nie.

Die laaste is baie waar, sug Marno en skakel sy rekenaar af. Hy sal maar die lysie vir Sanna wys en hoor wat sy dink. Net nie vir Louise nie. Dan meng sy van voor af weer in.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s