Ondersteuners bo! (onderstebo) – Felicia Snyman

FELICIA 9

Ek is die gelukkige slagoffer om ‘n onderwyser as ‘n ouer suster te hê. Nie net ‘n gewone onderwyser nie – een wat mal is oor haar werk, wie se hande vir niks verkeerd staan nie en wat elke kind as belangrik beskou. ‘n Juweel in die onderwysberoep. Dit beteken egter dat ek al meer sportbyeenkomste, graad 8-konserte en verhoogproduksies bygewoon het as wat ek hare op my kop het. Ek en sy het ook al ‘n hele paar kere saamgewoon en dit beteken dat ek haar douvoordag by busse moet aflaai en weer in die nagtelike ure moet oplaai. Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit is waardevolle tye saam, ek lag altyd heerlik en het self ‘n revue of twee afgerig op ‘n stadium, maar daar is sommige aktiwiteite wat niemand vrywilliglik moet bywoon nie.

Skole-rugbywedstryde is een van hierdie aktiwiteite. As mens nog op skool is, is jy sommer net te dom om te besef dat dit mal koud is om aan wintersport deel te neem. Jy hardloop met bloupers-hoendervleis-beentjies rond en dink dit is die oulikste ding wat jy al ooit gedoen het. As grootmens is dit ‘n heeltemal ander balspel.

Ek beland onlangs langs die veld van een van hierdie Harry Potter-privaatskole besig om ‘n O/15 rugbywedstryd te aanskou. Let wel, ek ken nie een van die spelers nie, ek is daar om my suster, die spanbestuurder, te ondersteun. (Ek hoor hoe julle almal dink ek is die beste suster op aarde) Daar is ‘n fynlyn tussen ongelooflik oulik en ongelooflik onnosel. Ek dink my gedrag grens aan die tweede opsie.

Hier sit ek en my ma op harde skoolsaalstoele agter die pale met ‘n ysige wind wat oor ons trek en kyk hoe 30 (31 as ons die skeidsregter by tel) ouens agter een bal aan hardloop asof hulle lewens daarvan afhang. Het ek al genoem dit reën! Ons lyk soos nat hoenders.

felicia 455

Ek en my ma moet ‘n sambreel deel en het nie so ver gedink om ordentlike toe-skoene aan te trek nie. Ons is koud, nat, honger en moeg. Wat ‘n dodelike kombinasie vir enige vrou om in te verkeer. En ‘n Snyman-vrou is beslis geen uitsondering op hierdie reël nie.

Langs ons is daar ma’s met warmjasse, sambrele, ekstra sakke en van daardie boudgrootte kussinkies. Pa’s met dik baadjies wat gretig saam met die span op- en afbeweeg, terwyl hulle opinies links en regs uitbasuin. Duidelik ou hande en reg vir hierdie onplesierige dag. Hulle is ondersteuners in hart en siel. Ek gaap die affêre aan. Respek, dames en here, respek.

Ek is nie seker om jouself die marteling van sportvelde te spaar of ek moet aanbeveel − dat jy nie moet toelaat dat jou kinders aan sport deel neem nie; of sport verban nie. Want ek het nie kinders nie en hulle neem dan vanselfsprekend nie aan sport deel nie, en hier staan ek nat langs ‘n veld in die koue … Ons blameer maar susterskap.. net vir hierdie een keer.

Ek ag onderwysers geweldig hoog. Om met kinders te werk, punt een, en om afrigting te doen, punt twee, is nie ‘n maklike taak nie. Hulle offer hulle persoonlike tyd op om in wind en weer na kinders om te sien en seker te maak hulle bereik hul volle potensiaal! Die ouers is van hierdie deelnemers – niks kan tussen hulle en ondersteuning vir hulle kinders staan nie. Hierdie mense is legendes. Doen gerus die moeite om volgende keer vir daardie mense te glimlag en te bedank vir dit wat hulle in kinders se lewens doen wat meeste van die tyd ander mense se kinders is.

Leila se leeuman deur Felicia Snyman nou beskikbaar: http://bit.ly/2nhfrE4

leila-se-leeuman_voorblad_high-res

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s