VERLIEF OP DIE BAAS – MADELEIN STOLTZ

verlief op die baas_high res

“Jy is laat,” blaf Darius toe Christi hom in sy kantoor gaan groet.

Christi onderdruk haar opstandige gedagtes met moeite. Sy is die een wat verleë is oor haar werk. “Ek is jammer, Meneer. My kar wou nie vanoggend aan die gang kom nie, toe was die verkeer ’n nagmerrie en het ek ’n later trein as gewoonlik gehaal.”

“Jy het nou ’n verhoging gekry, Juffrou. Koop vir jou ’n betroubare voertuig sodat dit nie weer gebeur nie. Wie is die ons?” Christi verbeel haar sy stem verskerp toe hy die laaste vraag vra.

“My woonstelmaat en ek.”

“En het jou woonstelmaat ’n naam?”

Nou hoekom wil die man dit weet? “Colette, Meneer,” antwoord sy vinnig.

Iets in die man voor haar se houding verslap.

“Gaan maak eers die tee. Bring vir jou ook. Ons moet gesels,” sê hy minder bruusk.

Haar voete kan haar nie vinnig genoeg by sy kantoor uitkry nie. In die kombuis moet sy eers ’n paar keer diep asemhaal. Nou gaan hy seker die gevolge waarop hy gisteraand gesinspeel het met haar bespreek. Sy dink egter darem nie meer hy gaan haar afdank nie. As hy wou, sou hy dit al gedoen het. Daaraan twyfel sy nie eens nie. Darius van Helsdingen is ’n reguit man. Pynlik reguit.

Sy maak vir haar ook tee soos hy versoek het. Hy staar afgetrokke na sy skootrekenaar se skerm toe sy die skinkbord neersit en beduie met sy hand dat sy moet sit. Toe laat hy haar ’n paar minute lank sweet terwyl hy met die muis voor hom karring. Christi se blik word vasgevang deur sy hand met die slanke vingers en die donker haartjies daarop. Sy naels lyk goed versorg en sy kan sy duur horlosie op sy arm sien blink. Sy wonder hoe dit sal voel as hy met daardie hand oor haar liggaam streel. Sy trek haar asem skerp in toe ’n gevaarlike sensasie êrens diep in haar binneste ontvlam.

“Gaan jy nie jou tee drink nie?”

Christi skrik toe hy so onverwags met haar praat. As die man moet uitvind wat sy nou gedink het, word sy vandag nog ’n stilsitter en moet sy stert tussen die knieë teruggaan Nelspruit toe.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s