Kobus en Tinus: ’n bachelor-status wat hulle wil behou – Elsa Winckler

Sanet Viljoen, die heldin in Tussen jazz en rock, het twee broers, Kobus en Tinus. Hulle is altwee prokureurs op Hermanus. Beide doen finansieël goed en het verskeie eiendomme in die gewilde kursdorp aangeskap voordat die pryse heeltemal belaglik geword het.

Albei is bachelors, ’n status wat hulle baie graag wil behou. Na drie dates met ’n vrou, is hulle gereed om aan te beweeg. In #liefvirjou, is Kobus eers net geammuseerd toe ’n mooi vroumens in hom vashardloop, maar hy besef vinnig hy wil baie meer as net drie dates met Cara hê.

Tinus neem ’n rukkie langer. Hy skrik so groot na een nag saam met Leila, hy sleep ’n ander vrou saam met hom na Leila se koffiewinkel sodat sy duidelik die boodskap kan kry hy is stel nie in ’n langtermyn verdhouding belang nie.

In sy beroep sien hy daagliks hoe sprokieshuwelikke op die rotse beland. Ja, sy ouers is baie gelukkig getroud, maar dit gebeur baie min. Hy voel aanvanklik iets vir ’n vrou, maar na een afspraak is al die euforie verby.

Behalwe na sy nag saam met Leila. Vir haar kry hy net nie uit sy gedagtes nie, en toe hy haar weer raakloop na sy broer met haar beste vriendin getroud is, begin hy wonder hoekom hy nie soos gewoonlik, reeds na die volgende vroumens op sy horison soek nie.

Die antwoord het hy nie verwag nie. Dis so eevoudg. Hy wil by haar bly. Vir altyd. Sy is huis vir hom. Soos die Michael Bublé liedjie sê – it’s finally safe to stay.

Bederf jouself en koop nou Elsa se boeke: http://bit.ly/2oQLqwr

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s