Madelie Human oor die eerste boek in haar nuwe reeks SuperRomanzas: Skakerings van Hoop

Hoekom hou jy daarvan om reekse te skryf?

Ek raak nogal verknog aan die karakters in my stories en reekse bied my die kans om hulle beter te leer ken en meer tyd saam met hulle deur te bring.

Hierdie reeks speel af teen die agtergrond van die wol- en hekelbedryf. Hoekom?

Jy hoef maar net ’n halfuurtjie op Facebook deur te bring om te besef dat die wol- en hekelbedryf kook op die oomblik. Ek is ’n kranige hekelaar en behoort aan verskeie hekelgroepe op Facebook. Baie van my hekelvriendinne is ook mense wat natuurlike vesels spin en kleur en wonderlike jaarns voortbring wat die Suid- Afrikaanse produksie van eksotiese hekel- en breigares van die beste in die wêreld maak. Vroue wat lief is vir hekel, is nie noodwendig verveelde huisvroutjies of ou tannies in ouetehuise nie, baie van hulle is besige, professionele mense wat dit as stokperdjie beoefen en is boonop ook ywerige lesers van liefdesverhale. Ek glo hierdie reeks sal in die smaak van ’n wye spektrum van Afrikaanse lesers val. Chanette Paul, my keurder en mentor, het my aangemoedig om te skryf oor dit waaroor ek passievol is. Hier is foto’s van twee hekelvriendinne wat ook my boeke lees:

Die hoofkarakter, Anina, is juis nie iemand wat lief is vir ‘ouvrougoed’ soos brei en hekel nie, nie waar nie?

Nee, sy is die gesofistikeerde trofeevrou van ’n bekende en welaf sjirurg en alles wat daarmee saam gaan, maar daardie huwelik is op die rotse. Sy erf egter haar ouma se ouvrougoed en wil dit summier verkoop sodat sy kan terugkeer na haar lewe in die stad, maar sy het nog baie om te leer.

Haar ouma is oorlede, wie leer haar dan hierdie goed?

Haar ouma se hartsvriendin en vennoot, Sylvia Paulse, neem algaande haar ouma se plek in haar lewe in. Sy leer Anina om wol te spin en te kleur sowel as om te hekel en brei. Sy raak ook nou betrokke by ’n groep eenvoudige, maar sterk vroue wat moet veg vir oorlewing op ’n plattelandse kusdorpie waar daar in swak ekonomiese tye geen werksgeleenthede is nie.

Die held, Mark Burger, is ’n professionele gholfspeler, dan nie?

Ja, maar hy het hope probleme van sy eie. Hy en Anina moet albei leer om die lewe uit ’n ander perspektief te sien as waaraan hulle tot nou toe gewoond was.

Mark is ryk. Help hy vir Anina om haar dilemma te oorkom?

Anina is ’n vrou van die een en twintigste eeu; sy wag nie vir ’n ridder in ’n wit Mercedes om tot haar redding te kom nie, sy help haarself, kom wat wil!

Wat kan ons te wagte wees in die res van die reeks?

In die tweede boek, Skakerings van liefde, worstel Anina se nuwe vriendin, Nadia, met probleme van haar eie. Sy is ’n talentvolle ontwerper van gehekelde en gebreide klere en bybehore wat ’n gesogte pos in Europa versmaai en haar lot by die vroue van Fynbos kom inwerp. Niemand kan verstaan hoekom sy so ’n dom ding aanvang nie. Nadia het egter ’n diep geheim wat niemand ooit sou raai nie. Die tweede boek in die reeks verskyn DV later vanjaar. Die derde boek, Skakerings van geluk, is nog in wording en sal hopelik vroeg in 2018 gereed wees vir publikasie.

Romanza-klublede kry 50% afslag op alles SuperRomanzas. Sluit nou aan: http://bit.ly/2bAiDdL

superromanza

Advertisements

One thought on “Madelie Human oor die eerste boek in haar nuwe reeks SuperRomanzas: Skakerings van Hoop

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s